|
Vir diegene wat die pragtige episode van Voetspore gemis het, loer gerus hieronder en kyk dit op Youtube. Wat 'n voorreg om hierdie span mense in ons dorp en omgewing te kon ontvang en nog meer, wat 'n wonderlike geleentheid om hierdie tipe blootstelling op nasionale TV te kon kry. Een persoon sê sy het glad trane in haar oë gekry toe sy hoor hulle verwys na die Cederberg as een van die top 5 toeriste aanloklikhede in Suid-Afrika. 'n Ander persoon het weer gesê: "Wat 'n groot voorreg en plesier om ons mense op TV te sien". Nog kommentaar:
“Ons bly darem maar in 'n pragtige omgewing."
"Hulle laat ons ons eie wêreld met ander oë sien, die mense gaan ons toe sak!" en "Jinne maar my emmer-skop-lysie het nou net langer geraak"
Dankie aan almal wat hierdie episode kleur en geur gegee het!
Dit is voorwaar ons dorp en ons berge, ons mense en ons stories.
#TrotsClanwilliamer
|
|
|
Die fokus die week is die Sederberge – eers Dwarsrivier met sy unieke wingerd. Daarna is dit ‘n staptog na die asemrowende Maltese Kruis. Die span besoek ook die hoofstad van die streek, Clanwilliam, en sluit die week af by Marcuskraal met ‘n 4x4 roete en ‘n huis konsert.
|
|
Lees ook gerus hulle dagboek inskrywings op hulle blog & vang hulle ander episodes op hulle TV kanaal:
Voetspore Dagboek
Voetspore Facebook
Voetspore TV kanaal
|
|
|
Die surings is mos altyd voor in die koor. Die veld en Ramskop Natuurtuin is besig om behoorlik te ontwaak na die onlangse buie reën wat in ons kontrei uitgesak het en ons het vanoggend 'n voëltjie hoor fluit dat dit oornag nog sowat 7mm in die dorp gereën het. Nog reën word vir volgende week voorspel. Die surings (oxalis) is altyd eerste om kop uit te steek en in Ramskop staan die jong plantjies soos hare op 'n hond se rug. Daar word steeds elke Woensdag gewerk in die tuin. Die meeste van die helpers is vrywilligers wat hulle tyd opoffer. Daleen Schoombee, onder-voorsitter van Clanwilliam Veldblomvereniging, staan aan die roer van sake en enigiemand wat wil kom help, is meer as welkom om enige tyd na 9uur net by die tuin op te daag en 'n handjie te kom bysit. Dankie aan almal wat al werkers beskikbaar gestel het, op enige manier gehelp het of wat iets te drinke en te ete gebring het - dit word raakgesien en waardeer!
|
|
|
In vandeesweek se jongste AHi nuusbrief vertel ons jou meer oor die ideale oplossing vir werksoekers, sowel as entrepreneurs, in Suid-Afrika.
Ons deel ook interessante mediadekking oor die AHi se splinternuwe platform met jou en wys jou waar jy meer daaroor kan lees.
Verder in die nuusbrief deel ons die jongste werkloosheidsyfer met jou, sowel as die jongste inperkingsregulasies wat president Cyril Ramaphosa in die afgelope week bekend gemaak het.
Ons is ook opgewonde om nuus uit ons sake-organisasies met jou te deel, sowel as ons vergadering met nuut gevormde The Greater Knysna Business Chamber.
Later in die nuusbrief deel ons volgende jaar se skoolkalender met jou en gee vir jou meer inligting oor ’n hulpfonds wat vir kleinsake-eienaars geskik is.
Lees dit, en meer, in ons jongste nuusbrief hier onder.
|
|
|
In a world-first for African food, the European Commission has approved the registration of the designation ‘Rooibos’/’Red Bush’ in its register of protected designations of origin and protected geographical indications where it joins Champagne, Irish Whiskey, Porto, Queso Manchego and other iconic products already registered.
Food products listed on the EU register of protected designations of origins generate almost R1.24 trillion in value. Bilateral agreements between EU and its international partners, including between EU and China, recognise the protected designations of origin. The recognition of the products’ origin empowers consumers to distinguish quality products and trust that they are enjoying authentic quality products linked to the region of origin, knowledge and know-how of its producers.
Rooibos / Red Bush is the first African food to receive the status of a protected designation of origin in the EU register. The registration was hailed by the South African Rooibos Council, the Western Cape government and the Delegation of the European Union to South Africa.
|
|
|
Rooibos registered by EU as a protected product of origin
The European Commission has announced its approval of the registration of the designation 'Rooibos' in its Register of Protected Designations of Origin and Protected Geographical Indications.
According to a statement released by the EU Delegation to South Africa, Rooibos / Red Bush is the first African food to receive the status of a protected designation of origin in the EU register.
You can listen to the full interview with Martin Bergh on CapeTalk Afternoon Drive with John Maytham:
Podcast: CapeTalk: LISTEN
|
|
Social Media Picture of the week
|
|
|
Clan Flora
Hypoxidaceae Empodium plicatum
Dit staan ook bekend as die Ploegtyd-sterretjie.
Die blom verskyn met die eerste winterreën, wanneer dit ploegtyd is. Dit blom enige tyd van April tot Junie.
|
|
Spoke, gin en tee ─ dít alles in Namakwaland
Van ’n ou tronk, koffie op ’n berg en ’n unieke ginproe-ervaring, tot verblyf by ’n ou klooster ─ dit is alles in Vanrhynsdorp en die omgewing te vinde! LekkeSlaap is onlangs na dié deel van Namakwaland genooi om ’n bietjie na die vriendelike mense se interessante stories te luister en alles wat mooi is in die omgewing te geniet. Ons wys vir jou wat jy alles hier kan doen, buiten vir blommekyk gedurende die veldblomseisoen.
|
|
|
|
Leon Viljoen
Langebaan Country Estate
|
|
Stay up to date with Cederberg Local Municipality
Website: News
Social Media: Facebook
|
|
|
Groot opwinding het geheers by Sederhof tehuis vir bejaardes gedurende Meimaand. Die oomblik toe hulle die groen lig kry om weer vanjaar ‘n Kermis te hou, het man en muis ingespring en begin om items op die basaar-lys te kry. Daar was ewe skielik in elke inwoner opgewondenheid oor die vooruitsig van ‘n groot geleentheid.
Donasies en produk skenkings is ingevorder en van die inwoners het ingespring met die maak van handwerk items. Sederhof het alreeds vroeg in Maart 2020 gesluit vir die nasionale inperking en het ook tydens die kermis streng gehandel volgens die COVID-19 regulasies, soos voorgeskryf deur die minister van maatskaplike ontwikkeling en ACVV-Hoofkantoor. Die bejaardes het hulle familie en die gereelde besoekers aan die tehuis gemis.
Op Saterdag, 29 Mei, was dit reeds vroeg oggend ‘n miernes van bedrywighede, met die aansteek van braaivleisvure en die pannekoek bakkers wat daardie unieke basaar geur laat versprei het. Die basaar-poeding en koekie tafels het gekreun op die stoep en van die groente moes op die grond staan om plek te maak vir al die vleis. Die handwerktafel het oorgeloop met slaapsokkies, voorskote, pragtige oorgetrekte hangers en ‘n verskeidenheid van gebreide speelgoed. Die mooiste veldblomme was ook te koop. So ‘n oorvloed van produkte is lanklaas gesien. Agter elke masker kon jy die glimlag van al die inwoners sien omdat dit hulle spesiale kermis dag was, waar hulle kinders en geliefdes kon kom deel in die opwinding van die jaarlikse fondsinsameling. Die veiling het vir ekstra vermaak gesorg, met JP Theron wat seker gemaak het almal spandeer genoeg geld op die pragtige produkte. Daar is gesmul aan jaffels, pannekoek en heerlike hamburgers en as jy nog plek gehad het kon jy nie verby die roosterkoeke loop nie.
Die bestuurskomitee, personeel en inwoners wil graag elke donateur bedank vir die mildelike bydrae. Vir elke koper op die dag – dankie dat jy gekies het om jou geld by Sederhof te kom spandeer. Ons is dankbaar om te kan sê dat ons R233 000 ingesamel het, wat ‘n groot verskil op ons begroting vir 2021 sal maak. Die fondse gaan onder andere aangewend word vir noodsaaklike instandhouding van geboue, die aankoop van teetrollies en ‘n industriële skottelgoeddroograk vir die hoofkombuis. Graag wil ons ook ons dank oordra aan elke persoon en besigheid wat die tehuis gedurende die pandemie met soveel skenkings van vrugte, groente, vleis en ander eetgoed geseën het.
Julle bydrae word ontsaglik waardeer.
|
|
|
Together with Burgundy Collective we bring you the ultimate expression of considered craftsmanship - leather and a vertical duo of spectacular Shiraz wine.
A very limited quantity of this collaboration is available to purchase online
Sales are now open. Dispatch of orders will commence on 7 June.
|
|
Belangrike datums:
Clanwilliam Museum Algemene Jaarvergadering | 17 Junie @ 10:30
|
|
|
Rooibos Food Workshop
6 - 18 JULY 2021
From R5 250 per person sharing for the weekend (2-night stay)
Full board & activities
Come and enjoy wonderful food & wine in the picturesque setting of Cederberg Ridge, as our talented chefs host two enjoyable interactive cooking workshops where you'll learn to create some of our favourite rooibos infused meals.
For any less culinary-inclined partners, we also offer a number of alternative activities to keep you entertained.
|
|
|
Please note that the Cederberg 1-Day 100Miler event will not be taking place in 2021. Hoping for a wonderful event in 2022!
The 2-Day Trek is going ahead and is planned to be BIG this year. Enter for this event (2 & 3 October 2021) by clicking on the following link: https://www.entryninja.com/events/76340-cederberg-2-day-trek .
|
|
|
Cederberg Traverse presented by Cederberg Wines
7-10 October 2021
𝙏𝙝𝙚𝙧𝙚 𝙬𝙖𝙨 𝙣𝙤𝙬𝙝𝙚𝙧𝙚 𝙩𝙤 𝙜𝙤 𝙗𝙪𝙩 𝙚𝙫𝙚𝙧𝙮𝙬𝙝𝙚𝙧𝙚.
Explore the beauty Cederberg has to offer.
Run 100miles, 100km, 60km or 40km - enter below.
www.cederbergtraverse.co.za
|
|
We would like to offer optimal marketing opportunities as part of your membership of the Clanwilliam tourism association and business chamber.
The weekly newsflash is sent out to an email database, shared on social media & Whatsapp groups.
We will advertise any special and/or event that your business or organization hosts free of charge.
Please note: You could also sponsor a newsflash @ R300, if you are interested.
bookings@clanwilliam.info | 067 088 6969
|
|
|
|
|
|