Trots, Clanwilliam! Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. Lekker lees ...
|
|
Die Clanwilliam Hotel het sekerlik geen bekendstelling nodig nie. Almal ken die gebou in die hoofstraat waar vele reisigers oor die jare heen ‘n rusplek gevind het vir ‘n nag of drie.
Onder die bestuur van Charne Smit, wat in November 2014 daar begin werk het, is die hotel gedurende 2015 heeltemal gerestoureer. Hul het daardie jaar net betyds oopgemaak vir die blomseisoen.
Clanwilliam Hotel vorm deel van die Country Hotel-groep. By hierdie 10 hotelle langs die N7 en in die Noord-Kaap kry jy presies dieselfde diens en gasvryheid en hulle kamer dekor is oral dieselfde. Jy weet dus presies wat jy gaan kry.
Die hotel-groep onderhandel graag met toeroperateurs en doen globale bemarking wêreld wyd.
Met 42 kamers (wat 110 gaste in totaal kan akkommodeer), ‘n konferensie fasiliteit en ruim restaurant is die hotel die grootste akkommodasie fasiliteit in Clanwilliam en is dit ideaal vir groot groep besprekings. Te midde van die ruimte bied hul ook individuele aandag aan elke gas.
“Clanwilliam Hotel is voorwaar ’n regte plattelandse hotel, waar die personeel soos familie voel, en elke kliënt vir ons belangrik genoeg is om persoonlik aandag te ontvang.” vertel Charne.
Sy geniet die mense saam met wie sy werk vreeslik baie en dit is vir haar belangrik om saam te groei, maar ook elkeen se diversiteit te herken. “Ons is reeds hartseer oor Koekie wat ons aan die einde van die week verlaat, ek en sy werk die langste saam”
|
|
Charne Smit | Glenda Jacobs | Christina Koekie Swartz
|
|
|
Christina Koekie Swartz het in Desember 2014 as skoonmaker by die Hotel aangesluit. Charne onthou dat sy haar bedenkinge gehad het oor of Koekie die mas gaan opkom. Sy het persoonlik gedink hierdie vroutjie gaan nie die baie trappe kan klim nie en glad nie lank by die hotel werk nie. Koekie het haar totaal en al verkeerd bewys!
Volgens Charne het haar aanstaande man vir Koekie kom steel om haar Kaap toe te vat. Hulle gaan haar lag en deursettings vermoë baie mis. Koekie sê “Ek het nie ’n gunsteling dag nie, elke dag is vir my wonderlik en ‘n geleetheid om te kan werk - ek maak my werk vir myself interressant.”
Met die dat die Hotel al so oud is en boonop reg langs die Angelikaanse kerk se begrafplaas lê, vra ek vir Glenda Jacobs of dit enigsins spook? “Nee ek het self nog nooit ‘n spook gesien nie, maar van die gaste praat van ‘n ou oom met ‘n baie lang baard wat rustig op ‘n stoel in een van die kamers sit. In ‘n ander kamer staan die man in die deur en lyk of hy die gaste aanjaag om huis toe te gaan”. Hierdie spoke is glo baie vriendelik en die gaste was nog nooit bang nie. Glenda is een van die hotel se sukses stories. Sy het in Julie 2016 as skoonmaker in die kombuis begin, maar kort voor lank word sy kelner. Daar sien haar kollegas die potensiaal in haar en leer haar toe hoe die rekenaar en hul Besprekings-stelsel werk. Sy is vandag een van hul baie gewilde ontvangs personeel. Sy sê mens moet gelukkig wees in jou werk, enige uitdaging aanpak en met die nodige ondersteuning kan jy baie bereik.
|
|
Aletta Mouton | Colleen Beukes
|
|
|
Nog een van die personeel wat presies weet hoe hierdie hotel se ratte loop is Aletta Mouton, wat as huishoudster hier werk. Sy erken hulle almal het geweldig gestres gedurende die staat van inperking. Sy is dankbaar dat hul ook kon deel in die TERS-toelaag wat, onder andere, ook aan die toerisme bedryf uitbetaal is. Haar gunsteling dag van die jaar is haar huweliksdag, 30 Junie en sy en haar man is reeds 20 jaar getroud. Ek vra haar hoe sy die hotel sou beskryf indien iemand haar op straat sal voorkeer. “Baie netjies en skoon, met vriendelike personeel, maar die beste sal wees as jy self gaan kyk en jou eie opinie vorm”. Ons kuier ook met Colleen Beukes, een van die kokke. Sy het geen formele opleiding nie en is voorwaar ‘n bobaas huiskok. Sy geniet kookkos die meeste, maar om in die kombuis te kan kook en bak is vir haar alles een groot plesier. Sy het maar so oor die jare by verskillende mense geleer. “Mens moet bereid wees om elke dag nog iets nuuts te leer. Vegan kosmaak bly ‘n uitdaging!” vertel sy terwyl ons in die kombuis kuier. Haar gunsteling gereg op die spyskaart is die Lamskenkel. Sy is ook baie opgewonde oor hul nuwe daaglikse spesiale aanbiedinge @ R99. Sy moet nog besluit watter een is die lekkerste, maar sy geniet dit om elkeen voor te berei.
Loer gerus in by die restaurant, hulle is oop vir die publiek daagliks vanaf 08:00 – 22:00. Kyk ook gerus hier onder "Ondersteun Plaaslik" vir die daaglikse spesiale aanbiedinge. Daar is definitief iets vir almal se smaak.
Die restaurant kan tot en met 60 gaste gerieflik laat aansit, maar tans volg hul wel streng Covid-19 regulasies. Verder bied die hotel ook 2 konferensie lokale (60 & 25 mense per lokaal), met die nodige klank, projektors en spyseniering.
Gaan loer gerus in by Clanwilliam Hotel en word verras deur die vriendlike personeel, pragtige fasiliteite en plattelandse sjarme.
|
|
|
Spesiale aanbieding vir akkommodasie - Clanwlliam Hotel
R1750 vir 2 persone vir 2 nagte.
Bed en ontbyt ingesluit.
Bespreek vandag!
|
|
Clanwilliam Gholfklub het verlede Saterdag, 20 Februarie 2021, die Kansa gholfdag aangebied. Die formaat was enkelstableford, met mulligan.’n Mooi veld van 40 spelers het om 08:00 afgeslaan. Die gholfdag is afgesluit met ‘n heerlike koue ete en slaai wat voorberei is deur Surika Baard en haar span. Bestuur wil net hulle dank uitspreek teenoor Tossie Beukes van Kansa asook die borge wat almal ‘n bydrae gemaak het om die dag so suksesvol te kon maak.
|
|
|
Elizabethfontein Primêr: Trotse nuwe eienaars van Betjies 1!
Baie dankie aan ons borg. Ons glo dat dié toevoeging tot ons vloot ‘n bydrae gaan lewer tot ons visie - “Alles in belang van die kind.” Leerlinge kry die kans tot kwaliteit onderrig.
“𝙀𝙣𝙩𝙚𝙧 𝙩𝙤 𝙇𝙚𝙖𝙧𝙣. 𝙇𝙚𝙖𝙫𝙚 𝙩𝙤 𝙎𝙚𝙧𝙫𝙚!”
Volg Betjies op FACEBOOK
|
|
|
Augsburg Landbougimnasium
|
|
Stappers wat sandpaadjies aandurf hierdie tyd van die jaar mag dalk net daarmee beloon word om 'n koekemakrankablom te sien. Die koekemakranka staan wetenskaplik bekend as die Gethyllis-spesie en behoort tot die Amarillis-familie. Daar is 32 soorte. Die volksname is koekemakranka, koekmakranka, kramakranka of bramakranka - waarskynlik aan die Khoisantale ontleen. Die klein bolplant word 60 jaar oud, blom tussen November en Februarie en dra net een wasagtige wit, roomgeel of pienk blom. Dit word bestuif en kwyn binne vier dae. In die reënseisoen groei daar grysgroen, spiraalvormige blare uit die grond wat in die laat lente wegkwyn. In die laat herfs verskyn die vrug, wat soos 'n klein piesang lyk. Dit is eers wit of geel, maar raak deurskynend as dit ryp word. Skilpaaie, fisante en ystervarke eet dit graag. Dit is blykbaar destyds gebruik om brandewyn te geur, om maagkwale en pitswere mee te behandel en om die libido te verhoog. Dit is ook as potpourri ingespan.
#koekemakranka #amarillys #hiking #ilovehiking #flower #whiteflowers #flora
Volg Cederberg ClickClick op Facebook
|
|
|
|
AFRINUUS | Port Elizabeth, Uitenhage en ander het nou nuwe name
Nathi Mthethwa, Minister van Kuns en Kultuur, het Dinsdag 'n lys van nuwe name vir talle dorpe in die Oos-Kaap in die Staatskoerant gepubliseer.
Port Elizabeth, Berlin, Uitenhage en King Williams Town is van die plekke.
Mthethwa het laasjaar gesê dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika se swart meerderheidsbevolking steeds 'n kulturele minderheid is as dit kom by apartheid en koloniale simbole wat steeds die landskap oorheers.
Minister Mthethwa het bevestig dat die volgende wysigings amptelik goedgekeur is:
- Port Elizabeth sal verander word na Gqeberha
- Uitenhage sal na Kariega verander word
- Berlin sal na Ntabozuko verander word
- King Williams Town sal na Qonce verander word
Die Port Elizabeth Internasionale Lughawe sal verander na Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe.
Die lughawe in Oos-Londen sal na King Phalo-lughawe verander.
Jy kan die Staatskoerant hier onder op ons webtuiste besigtig met al die wysigings.
AfriNuus
|
|
Stay up to date with Cederberg Local Municipality
Website: News
Social Media: Facebook
|
|
|
Clanwilliam - Bystand kontak besonderhede: Week: 19 - 25/ 02 /2021
Clanwilliam: Marius Jooste - 082 889 8202
Elektries: Nolan Swartbooi – 082 907 9494
|
|
|
Kennisgewing in verband met uitstaande Munisipale diensterekeninge.
Vir verdere navrae en inligting in verband met die 50/50 toegewing kontak asseblief:
- CLANWILLIAM: – Janine Fredericks janinef@cederbergraad.co.za U kan haar ook in die Munisipale kantore in die ou Nedbankgebou gaan sien – neem u Munisipale rekening saam.
- GRAAFWATER: - Jeffrey Jacobs jefferyj@cederbergraad.co.za of gaan sien hom in die Munisipale kantoor in Graafwater
Let asseblief daarop dat hierdie toegewing op 15 Maart 2021 verval!
Kennisgewing PDF
|
|
HERSIENING MUNISIPALE WAARDASIES
Kennisgewing van hersiening van Munisipale Waardasies 2021 tot 2026.
Maak asseblief seker by die Biblioteek van Cederberg Munisipaliteit van die nuwe waardasierol.
Die aanpassing sal geld vir die nuwe Finansiële Tydperk Julie 2021 tot 30 Junie 2026.
Indien u beswaar wil maak moet dit gedoen word VOOR 12 MAART 2021
Moet asseblief nie hierdie kennisgewing ignoreer nie!
Kennisgewing PDF
|
|
|
|
Dam water level: 24 Feb 2021 = 43.81% | 24 Feb 2020 = 33%
|
|
Social media picture of the week...
|
|
|
Baie van julle ken vir Nathan Amon &Affectionate Photography
Nathan het ingeskryf vir ‘n foto kompetisie by Weskus Mall en kort ons gemeenskap se ondersteuning.
Maak die FACEBOOK foto skakel hier oop en like, love, care of wow sy inskrywing. Stem voor 1 Maart 2021.
|
|
One of our top birds to spot on the high peaks of the Cederberg.
|
|
|
Each year BirdLife South Africa selects a species as the ‘Bird of the Year’. The Cape Rockjumper has been chosen as Bird of the Year in 2021. We are partnering with Rockjumper Worldwide Birding Adventures to raise awareness about this interesting species. Bird of the Year is funded by the Hans Hoheisen Charitable Trust. We are excited to announce that all of our Bird of the Year 2021 resources will also be available in Afrikaans and isiXhosa!
READ MORE
|
|
|
In the newsletter below, we tell you more about our products and services, and also explain why Clanwilliam is the perfect choice for a getaway!
READ MORE
|
|
Please note: There will be a price increase in our sugar-added iced teas, effective the 1st of March 2021.
|
|
|
|
Skenk bloed in Clanwilliam.
Datum: 11 Maart 2021
Tyd: 10:30 - 14:00
Adres: NG Kerksaal, Voortrekkerstraat 12, Clanwilliam
|
|
{Voetspore in SA}
word uitgesaai vanaf
5 April tot 28 Junie 2021 op SABC2
Ons stuur die datums wat hul in die Cederberg kuier vir jul later deur.
|
|
|
|
|
|