Copy
View this in your browser
Last week I had the privilege of showing two journalists around in the capital of Rooibos tea. The media tour was arranged by the South African Rooibos Council, in conjunction with the Rooibos Route.
Read all about day one of our amazing experiences and about the beautiful people of Clanwilliam and surrounds.
Explore your own town! #VisitClanwilliam

Maak hierdie week ’n verskil - raak betrokke by verskeie projekte in Clanwilliam.

#Clanwilliam #OnsDorp #OnsMense #OnsStories 

Rooibos Media Toer

Soos vinkel en koljander is Rooibos tee sinoniem met Clanwilliam, maar soms vind mens dat besoekers aan ons dorp nie die uniekheid van hierdie besonderse uitvoerproduk besef nie. Julian Jansen van Rapport en Aron Hyman van Sunday Times kom kuier vir 3 dae in ons streek. Ons eerste stop is op Skimmelberg Rooibos & Buchu plaas, waar Carike ons op die plaas rondwys. Ongelukkig kon die joernaliste nie tydens oestyd in die somer kom nie, maar die pragtige pers ridderspore maak met mening daarvoor op.
‘n Heerlike wintermiddag sonnetjie gooi sy gloed oor ons tussen die plantasies, waarna ons rooibos tee met gemmer, camomile, en boegoe proe. Die boegoe verras die manne die meeste, maar hulle besluit ook dat camomile dalk ideaal is vir die stressvolle dae.

Gasvrou Enid Viljoen verwelkom ons joernaliste by Ndedema Lodge. In hierdie antieke victoriaanse huis in Parkstraat geniet hulle egte rooiboswêreld gasvryheid.
In die mode bedryf praat hulle van ‘n SHOW STOPPER, maar ons val sommer reeds die eerste aand in by Cederberg Ridge, waar Leshia & Craig ons ontvang vir aandete met ‘n verskil. David & Cisca Niewoudt verwelkom ons met Cederberg se Blanc De Blanc Cap Classique, wat komplimenteer word deur heerlike canapés, en so begin ‘n uitsonderlike onthou aand. Met joernaliste wat hou van vrae vra en gewoonlik aan moordsake werk, loop die gesels heerlik en ons deel verhale en stories uit ons omgewing. Ons sit aan vir onvergeetlike driegang maal. Sien gerus die spyskaart hier: CEDERBERG WINES DINNER PDF.
Die spyskaart kan vir privaatfunksie bespreek word. - Kontak 
Die uitmuntende kos word saam met net die beste Cederberg wyne bedien. Ek merk dat die toekenning plakkers nêrens sigbaar is nie, net om later te hoor dat daar nie genoeg plek was vir al die plakkers nie!
 
One of the wines we enjoyed with our main meal was the exceptional Five Generations Cabernet Sauvignon 2018, which recently received the accolade “Best in Show” in the Cabernet Sauvignon category at the International Decanter World Wine Awards. With a near perfect score of 97 points, Cisca explained that this is like winning Gold at the Olympics. Believe me, this wine is out of this world and certainly tastes like winning gold. Congratulations to David and and his team at Cederberg Wines.
Next week I’ll share more on our exciting media tour in and around Clanwilliam. #ExploreClanwilliam
Thank you to all the sponsors for making this media tour possible. 

Cederberg Wines

The top 50 wines of the Decanter World Wine Awards 2021
Out of the 18,094 wines tasted from 56 countries, only 50 – or 0.28% of the total tasted – were awarded a prestigious Best in Show medal at the Decanter World Wine Awards 2021.
It was a year of firsts for countries, regions and wine styles at the 2021 Decanter World Wine Awards. The top 50 wines represent this, shining a spotlight on exciting, under-the-radar wines all over the wine world and highlighting exemplary favourites from top wine-producing countries, too.

READ MORE

Skimmelberg Buchu & Rooibos

Veldblomme | Wildflowers

Cederberg ClickClick

Partykeer is iets só mooi dat jy amper nie jou eie oë kan glo nie. Só lyk die Biedouw in 'n mooi blomjaar en vanjaar is só 'n jaar. Ja, dit is selfs mooier as laasjaar. Biedouw beteken blykbaar “melkbospas” en is 'n Khoi-woord. Dit is vernoem na die giftige geelmelkbosse wat so volop op die Hoek-se-berg-pas en in die vallei voorkom , maar dit is allermins nie nét melkbosse wat hier voorkom nie. Ons woon al amper 30 jaar in Clanwilliam en ons kan nie onthou dat die sporrie al in sulke reuse blou wolke in die Biedouw geblom het nie. Op sommige plekke is daar wit reënblomme tussen die sporrie en op sommige plekke is dit 'n oranje en bloupers extravaganza! Gousblomme, botterblomme, handjies, rukkeperdjies, tulpe, kantblommetjies, feëklokkies en nog vele meer blom nou in die Biedouw! Maar, hierdie is die jaar van die sporrie. Dit is wat ons van vanjaar se blomtyd sal onthou. Los alles, gryp jou kamera en gaan kyk! En moenie vergeet om by die Biedouw Valley Pop-up Coffee Shop in te “pop” nie! Die prei-en-spek quiche is “to die for”!
VOLG CEDERBERG CLICK CLICK

Clan Flora

Foto krediet: Adriaan Farmer - R364 (9 Aug 2021)

Clanwilliam en omgewing Veldblomme
Ons bied ‘n Whatsapp groep vir besoekers en plaaslike inwoners, waar ons daagliks tussen 08:00 – 20:00 vars veldblomnuus deurgee.
Registreer vir die groep deur vir Sanet Stander op 067 088 6969 te kontak.
 
Clanwilliam and surround Wildflowers
We offer a Whatsapp group for visitors and locals alike, broadcasting fresh flower news daily between 08:00 and 20:00.
Sign up for the group by contacting Sanet Stander on 067 088 6969

Ramskop Natuurtuin

Ramskop Natuurtuin
Toegangsfooie 2021
Per persoon:
- Volwassenes @ R31
- Pensionarisse @ R22
- Kinders @ R12

Cederberg Munisipaliteit: 027 482 8000
Foto: Clanwilliam Toerisme
Ontvang die weeklikse Veldblomverslag wat uitgestuur
word deur Weskus Toerisme.

West Coast Flower Update - 10 August 2021

Clanwilliam Community Police Forum

Neem asb kennis.
Elke 1ste DONDERDAG van die maand, 17:00 Gemeenskap Polisiëring Vergadering - Blommekerk
Voorsitter:
Jan Oosthuizen.

Facebook

Rooibos Ltd

Rooibos Studio took part in an exciting expo in China in July. The 2021 CBME China Maternity and Infant Exhibition was held at the Shanghai National Convention Centre. In this newsletter, you can read more about the product they unveiled at this event.

In other news, Clicks has announced a new business lifeline opportunity. They want to give small black-owned businesses in South Africa the boost they need to thrive. One local company hoping to benefit from this is Marice Skin Care. Read more below.

In this newsletter, we also share news about a new study that shows that Rooibos can help you live longer. The study followed a group of participants who included Rooibos in their diet for a few weeks and the results were very positive. Find out more further down. 

Finally, we tell you how scientists are still hopeful that Rooibos can deliver an Olympic performance.

READ MORE

Thaught of the week ...

Social Media Picture of the week

Die agste oseaan
Die wȇreld het nog `n oseaan bygekry
Sy branders breek in die Biedouw-vallei
Hierdie strand bevind hom op land
Uniek geskape, uit God se hand
Branders breek blou oor die vlaktes
En die rustigheid oorstroom jou gedagtes
Jy klim uit jou kar en bekyk dit van nader
Mens verwar so maklik sporries met water!
- Dou uit Bietou

Biedouw Valley: 9 Augustus 2021
Joubert van der Merwe | Biedouw Boerbokstoet nr. 571 - Facebook

Destination Cederberg

We travel not to escape life, but for life not to escape us. Book your trip today! 
We offer four tours: the Namaqualand Wine Tour, the Lambert's Bay Town Tour, the Clanwilliam Town Tour and the Rooibos Farm Tour.
For enquiries phone Nelda on 0845172519
Follow on Social Media

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook

Clanwilliam Dam

Elders

Augustus is seker die allermooiste maand in die Overberg met die goudgeel Canolas...sal nooit moeg hiervoor word nie.

Foto: Erna Els - Facebook

Dagboek | Diary 

Please note that the Cederberg 1-Day 100Miler event will not be taking place in 2021. Hoping for a wonderful event in 2022!

The 2-Day Trek is going ahead and is planned to be BIG this year. Enter for this event (2 & 3 October 2021) by clicking on the following link:  https://www.entryninja.com/events/76340-cederberg-2-day-trek .

Cederberg Traverse presented by Cederberg Wines

7-10 October 2021
𝙏𝙝𝙚𝙧𝙚 𝙬𝙖𝙨 𝙣𝙤𝙬𝙝𝙚𝙧𝙚 𝙩𝙤 𝙜𝙤 𝙗𝙪𝙩 𝙚𝙫𝙚𝙧𝙮𝙬𝙝𝙚𝙧𝙚.
Explore the beauty Cederberg has to offer.
Run 100miles, 100km, 60km or 40km - enter below.
www.cederbergtraverse.co.za

Advertise

We would like to offer optimal marketing opportunities as part of your membership of the Clanwilliam Tourism Association and Business Chamber.
The weekly newsflash is sent out to an email database, shared on social media & Whatsapp groups.
We will advertise any special and/or event that your business or organization hosts free of charge.

Please note: You could also sponsor a newsflash @ R300, if you are interested.
bookings@clanwilliam.info | 067 088 6969
Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp