Copy
View this in your browser
Trots, Clanwilliam! Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. Lekker lees ...

Sakekamer Algemene Jaarvergadering

Op 18 Februarie is die Clanwilliam Sakekamer Algemene Jaarvergadering in die tuin by Reinholds gehou. Ilse Lochner het almal teenwoordig bedank en die vergadering is heel produktief binne een uur reeds afgehandel.

Gerda de Wet oorhanding 'n sertifikaat aan Dr Jas Strauss vir onbaatsugtige diens gelewer aan Clanwilliam gemeenskap tydens die Covid pandemie 2020/21.
Rika Potgieter bedank Wally en Joan Willies vir hul groot aandeel aan Clanwilliam Toerisme oor die afgelope twintig jaar. Hul laat 'n groot leemte, maar die gemeenskap van Clanwilliam wens hul alle sukses toe

Voorgestelde Lidmaatskapgelde en Toetreegelde vir 2021
Jaargelde R750-00, Toetreegelde: R75-00.
Die ledegelde vir klein sakeondernemings vir die eerste jaar: Ledegelde: R250-00
Kontak ons gerus as u 'n lid wil word.
Tydens hierdie vergadering word die bestuur vir 2021 gekies.
Lees gerus die volledige: voorsitters jaarverslag hier.
Clanwilliam Sakekamer Bestuur 2021
Voorsitter: Ilse Lochner, O-Voorsitter: Gerda de Wet,
Sekretaris: Peet Viljoen, Tesourier: Heinie Strassberger,
Addisionele lede: Ria Slabbert, Surina Ferreira, Ockie Kluyts, Neels Maritz.  
Ge-koopteerde lede: Jan Oosthuizen, Krisjan Mouton,
Heinrich Strassberger, Sanet Stander

Ondersteun plaaslik ...

Clanwilliam Hotel

Rooibos Ltd

Please note: There will be a price increase in our sugar-added iced teas, effective the 1st of March 2021.

New and innovative Rooibos products are constantly being created both locally and abroad. In fact, there are so many exciting new Rooibos products being released in the market that we have decided to launch a brand new newsletter, Rooibos Innovation.
Read newsletter

AfriNuus

Cederberg ClickClick het begin as 'n droom," vertel Sanet Stander, medestigter van dié digitale projek. "Ons het in die veld gestap en die stories het na ons toe aangestap gekom," voeg Alicia Erasmus, medestigter van dié projek, by. AfriNuus het gaan inloer in Clanwilliam, die hartjie van die Rooibos-industrie, om meer uit te vind oor dié toerismegedrewe inisiatief. Ons vertel jou die storie agter die inisiatief, hoe dit die bewusmaking van die omgewing gehelp het en meer. Die video is geneem en geredigeer met die gemak van 'n slimfoon. Beeldmateriaal is verskaf deur Rooibos Ltd en MSA Travel Africa.  Jy kan die volle berig hier lees: AfriNuus

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook
Clanwilliam - Bystand kontak besonderhede: Week: 12 - 18/02 /2021 
Edwin Hendricks - 082 889 8202
Elektries: Nolan Swartbooi – 082 907 9494 
Kennisgewing in verband met uitstaande Munisipale diensterekeninge.
Vir verdere navrae en inligting in verband met die 50/50 toegewing kontak asseblief:
  • CLANWILLIAM: – Janine Fredericks janinef@cederbergraad.co.za  U kan haar ook in die Munisipale kantore in die ou Nedbankgebou gaan sien – neem u Munisipale rekening saam.
  • GRAAFWATER: - Jeffrey Jacobs jefferyj@cederbergraad.co.za  of gaan sien hom in die Munisipale kantoor in Graafwater
Let asseblief daarop dat hierdie toegewing op 15 Maart 2021 verval!
Kennisgewing PDF
HERSIENING MUNISIPALE WAARDASIES
Kennisgewing van hersiening van Munisipale Waardasies 2021 tot 2026.
Maak asseblief seker by die Biblioteek van Cederberg Munisipaliteit van die nuwe waardasierol.
Die aanpassing sal geld vir die nuwe Finansiële Tydperk Julie 2021 tot 30 Junie 2026.
Indien u beswaar wil maak moet dit gedoen word VOOR 12 MAART 2021
Moet asseblief nie hierdie kennisgewing ignoreer nie!

Kennisgewing PDF

Clanwilliam Dam

Foto's van besoekers

Chris Vorster: Facebook

Social media picture of the week...

Alpha Excelsior Farm
Early morning reflections ...

Elders...

Wat sien jy in die optiese illusie hier onder?

Borg die nuusflits

Na ’n baie suksesvolle 2020 en vele gelukkige kliënte, wil die Sakekamer- en toerisme bestuur graag weer vir u die geleentheid bied om die weeklikse nuusflits te borg. Graag verneem ons of u as besigheid, onderneming of entrepreneur sou belangstel in hierdie advertensie geleentheid?
 
Die idee is dat u ’n week of 3 vir die jaar koop – dit word dan ingedeel op ’n rooster, soos op u versoek.
Vir daardie week sal die fokus op u besigheid/personeel wees.
 
Wat kry ’n besigheid vir die borgskap?
  • Jou besigheid se naam verskyn heel bo-aan die nuusbrief:
    Hierdie nuusflits is geborg deur – ABC – Sponsored this newsflash
  • Die besigheid kry ’n artikel/storie – bietjie geskiedenis, uniekhede en selfs fokus op personeel.
  • ’n Advertensie  - Dit sal ook wonderlik wees as jy vir daardie week’n spesiale aanbieding vir die nuusflits-lesers kan aanbied.
Die weeklikse nuusflits word uitgestuur per epos na 384 lede, ander sakekamers & toerisme kantore.
Die nuusflits word wyd op verskeie sosiale media platforms en Whatsapp groepe gedeel en vorm op ’n baie gereelde basis deel uit van die AHi Wes-Kaap nuusbrief (9000+ lesers). Ons kan u verseker daar is geen te kort aan blootstelling.

Koste per week beloop R300 – wat asb vooruitbetaalbaar is.
Die artikel sal deur ons joernalis geskryf word en foto’s sal by jou besigheid geneem word.
Ons sal ook kan help met die advertensie sou jy nie reeds bemarkingsmateriaal hê nie.
 
Sien gerus die voorbeelde van 2020 nuusflitse: Enige navrae of onsekerhede kontak ons gerus.
Reageer asb spoedig op hierdie skrywe, daar is beperkte geleenthede.
Sanet Stander | 067 088 6969 | bookings@clanwilliam.info

Dagboek | Diary 

Skenk bloed in Clanwilliam.
Datum: 11 Maart 2021
Tyd: 10:30 - 14:00
Adres: NG Kerksaal, Voortrekkerstraat 12, Clanwilliam 
{Voetspore in SA}
word uitgesaai vanaf
5 April tot 28 Junie 2021 op SABC2

Ons stuur die datums wat hul in die Cederberg kuier vir jul later deur.
Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp