Copy
View this in your browser
Ramskop Natuurtuin - Toegangsfooie 2021
Volwassenes @ R31 pp | Pensionarisse @ R22 pp | Kinders @ R12 pp

Foto: Cederberg ClickClick -  7 Julie 2021

POPI | POPIA

Ons, Clanwilliam Toerisme & Sakekamer, deel graag met jou die jongste sake- en toerisme nuus van ons pragtige dorp Clanwilliam en omgewing.
In lig van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) wat 1 Julie 2021 in werking getree het, wil ons jou gerus stel dat hierdie twee organisasies die veiligheid van jou persoonlike inligting hoog op prys stel.
Dus gee ons vir jou die geleentheid om uit ons nuusflits-databasis te teken, indien u nie enige verdere e-poskommunikasie van die Clanwilliam Toerisme & Sakekamer wil ontvang nie.
Jy kan heel onder op die e-pos op "Unsubscribe" klik om uit te teken.
Vriendelike groete,
Ilse Lochner - Clanwilliam Sakekamer | Rika Potgieter - Clanwilliam Toerisme
 
The Clanwilliam Tourism & Business Chamber like to share news about business and tourism in our beautiful town and region.
In doing that, we also want to make sure that we comply with the Protection of Personal Information Act No. 4 of 2013 (often called the POPI Act or POPIA).
We can assure you that these two organizations respect and  protect your privacy at all times.
We therefore provide you with the opportunity to unsubscribe from our newsflash-databases at any time, should you not want to receive any further e-communication from the Clanwilliam Tourism & Business Chamber.
Please click on the link at the bottom of this email to Unsubscribe. 
Kind regards,
Ilse Lochner - Clanwilliam Sakekamer | Rika Potgieter - Clanwilliam Toerisme

Clanwilliam Museum

Clanwilliam Museum se nuwe bestuur is tydens die onlangse Algemene jaarvergadering gekies.
Op die foto van links na regs: Flip Lochner, Ilse Lochner, Stephnie Murray, Wilna Nieuwoudt, Daleen Schoombee, Marelize Boshoff, Ilse Saaiman, Johan van Heerden, Rika Potgieter, Yola Bergh, Gerda de Wet en Cecily Muller. Baie dankie vir julle bereidwilligheid om op die komitee te dien en te verseker dat ons die geskiedenis van die sewende oudste dorp in Suid-Afrika bewaar vir die nageslag. 

Neem asb kennis dat die Clanwilliam Museum tans gesluit is agv die Vlak 4 inperking. Ons hoop om weer binnekort oop te maak, sodat Herschil Pieterse ons besoekers meer oor ons pragtige geskiedenis kan vertel.

‘n Besoek aan die Clanwilliam Museum is ‘n moet vir almal, so sê Luhan van Wyk (9), wat onlangs saam met sy ma die Ou Tronk besoek het.

Luhan is ‘n 9 jarige seun van Clanwilliam wat deur sy ouers tuisonderrig word. Volgens sy ma Lollie, is hy gek oor boeke, en oudhede en geskiedenis trek sy aandag. Hy het die uitstappie na die museum behoorlik geniet. Hy vertel vir my “Dit was baie lekker en ek het alles geniet. Daar was baie interessante goed in elke kamer.” 
Sy gunsteling kamer was die hospitaal, met al die gewere wat hulle in die oorlog gebruik het. Dan kan hy nie uitgepraat raak oor C. Louis Leipoldt nie: “Tannie, het tannie geweet dat hy ook deur sy ma tuisonderrig
is?” Sy ouers moes hom opslag na C. Louis Leipoldt se graf ook neem. Oom Tolla se groot rooi vellies het ook baie aandag getrek. Hy het nie besef die oom het sulke groot voete gehad nie! Ek vra hom of hy vir sy maats sal vertel van die museum. “Ja, defnitief – Clanwilliam Museum was awesome, vol ou stories en dit was voorheen ‘n ou tronk. Ek gaan hulle ook vertel van al die ou foto’s wat by die ingang hang om te wys hoe Clanwilliam jare terug gelyk het. En dat daar olifante baie, baie jare terug was.”
 
Dankie Luhan, dat jy vir almal in Clanwilliam gaan vertel om die museum te besoek. 

Graad 9 leerders van Augsburg Landbougimnasium besoek die Clanwilliam Museum.

Perdemeul in klipmuurgebou

Daar het onlangs 'n stofstorm los gebreek in die museum. Met die hulp van die Graad 9 leerders van Augsburg Landbougimnasium, is die ou perdemeulkamer skoongemaak. Ek verneem vertroulik dat die sleutel van hierdie kamer vir 5 jaar soek was. As gevolg daarvan het daar baie stof en spinnerakke vergader, maar soos die spreekwoord lui, "vele hande maak ligte werk".  Die leerders het sommer in ‘n japtrap die perdemeulkamer skoon gekry.
Baie dankie vir almal se hulp!  
Volgens ‘n notule van Julie 1993, is daar besluit om ‘n gebou met klipmure op te rig om die perdemeul, wat geskenk is deur mev A Peter, te huisves. Die klip is deur mnr J Bergh van Patrysvlei geskenk. In die Notule van September 1993 word, onder andere, mev M Schreuder bedank vir die harde werk met die bou van die klipmuurgebou. Die Veldblommevereniging word ook bedank vir hulle bydrae van R5000 ter befondsing van die gebou.
Die Perdemeul is vir graan ingespan. Hier volg ‘n paar definisies van die verskillende komponente daarvan:

Meulstene:
Twee meulstene wat deur die hulp van die ratstelsels teen mekaar skuur om graankorrels fyn te maal.
Yster skag: Hierdie skag konnekteer aan die boonste steen asook die hoofas deur die hulp van die riem.
Hoofas: Met die hulp van perdekrag draai die hoofas in die rondte en, soos wat dit in die rondte draai, skuur die boonste meulsteen teen die onderste een.
Riem (of riemketting): Die riem het as dryfriem / ratstelsel gedien sodat alles perfek kon werk.
Hoofskag: Die hoofskag is in die middel en word deur vier sub-skagte aan die hoofas gekonnekteer.
Perdas: Perde was hieraan vasgemaak.
Meulsak: Die meulsak was gewoonlik van beesvel gemaak. Die fyner meul het hierin geval.
Graangeut: Die graankorrels het hierdeur beweeg deur die meulstene.
Graanbak: Graankorrels is hierin gegooi sodat dit deur die graangeut kan beweeg.
Die perdemeul kamer herinner ons aan die vroeër jare se boerdery. In daardie dae moes boere dikwels kreatiewe denke inspan om probleme op te los. Deur die trekkrag van perde of donkies te gebruik kon die ratte van die meule voortgaan om werk maklik te maak vir die mensdom.
Boere het drie tipes meule gebruik: Graanmeul, Watermeul, Saagmeul
 
Hoe het die graanmeul gewerk?
Die perde en donkies het die meul al in die rondte laat draai. ’n Sterk riem is aan die groot wiel aan die bokant gestel wat kontak maak met die rattestelsel van die maler. Die maler het bestaan uit groot ronde klippe wat al in die rondte gedraai het en teen mekaar geskuur het, soos wat die perde al in die rondte loop. Aan die bokant van die meul het ’n werker growwe graan deur ’n gat gegooi, waar dit tussen die meulstene beland het, wat dit fyn gemaal het soos wat die meulstene teen mekaar skuur. Die fyn graan het dan automaties in ’n leer sak geval, gewoonlik ’n beesvel sak.

'n Pragtige replika van die Perdemeul in die museum, gemaak en geskenk deur Dr Folscher in 1993.

Cederberg ClickClick

"Al die veld is vrolik, al die voëltjies sing, al die kriekies kriek daarbuit, elke sprinkaan spring. Al die koggelmannetjies kom om fees te vier, hier galop 'n goggatjie, daarso dans 'n mier." Só skryf C. Louis Leipoldt oor hoe die veld ontwaak. Al die veld mag dalk nie nou al heeltemal só vrolik wees nie, maar alle tekens dui daarop dat dit dalk binnekort wel die geval kan wees en dat ons boonop 'n goeie blomjaar gaan beleef. Die wit katsterte blom in die koel klowe aan Karookop se skadukant, die bobbejaanboeke lê oop op Warmhoek, een ligpers bobbejaantjie het ook al hier kop uitgesteek en die botterbome se vet blare is groener as groen. Maristha Slabber Schloms het die pragtige pienk sandlelies op die plaas Groenvlei afgeneem en Nelda van Zyl het die wit viooltjies gekiek tussen Vredendal en Vanrhynsdorp. Die lui madeliefies staan geil agter Karookop om. Ramskop Natuurtuin blom behoorlik van al die aandag wat dit oor die laaste paar weke geniet het. Dit wys jou nou net wat gedoen kan word as 'n dorp saamstaan. Hierdie tuin gaan 'n lushof wees om te besoek gedurende blomtyd.
Die res van die foto's is geneem deur CederbergClickClick.
Volg Cederberg Click Click op FACEBOOK

Rooibos Ltd

A new study has shown that Rooibos can be both viable and effective in treating heart-related conditions and diseases. In this newsletter, we explain how this can be the case and tell you more about the study.

Rooibos has many beneficial effects, but one of the most important ones to take note of this winter is the fact that it can boost your immune system. In the story below, we set out how this can be the case.

In New York, a popular hotel has said that Rooibos tea is one of the most popular items on its menu. We tell you more about this and how the hotel has started incorporating Rooibos in their dessert offering and high tea service too.

Finally, we also have a look at what kykNET had to say about Rooibos after one of their film crews paid a visit to the Clanwilliam and Rooibos Limited in particular.
Read more ...

Cederberg Wines

We are celebrating news from abroad over a fittingly spectacular winter sunset in the South African Bushveld.
 
Our Five Generations Cabernet Sauvignon 2018 won Best in Show in the Cabernet Sauvignon category at the International Decanter World Wine Awards – with a near perfect score of 97 points. We are beyond elated!
 
You can shop this winner online and we will have it to you faster than a cheetah on these wide open plains (when the delivery of alcohol is allowed!)
 
Link to online-shop

Social Media Picture of the week

Adriaan Farmer van Doornbos het hierdie pragtige foto van die Doringrivier met ons gedeel.

Clanwilliam Restaurante

Beantree

Last Take-away order @ 17:30
Download Menu

De Kelder Restaurant

Michael's on Park

Le Cage

Besigheidsure: vir die volgende twee weke:
Maandag tot Vrydag 10:00 -16:00 & Saterdag 10:00 tot 13:00 

Le Cage, Voortrekkerstraat, Clanwilliam 

Thi Art Coffee Shop

Velskoendraai Plaasmark

Trots Clanwilliam!
Ons het ons eie unieke lisensieskyfieplakkers laat ontwerp. Op die plakkers is daar unieke historiese geboue van Clanwilliam, soos die Ou Tronk en die Blomkerk. Sommige plakkers spog ook met 'n paar knalrooi vellies daarop!Elke trotse Clanwilliamer gaan beslis so een wil hê.

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook

Clanwilliam Dam

Elders

Three very different images of the same subject taken on the same day but in very different light and tidal conditions.
Which style of image appeals to you the most and why?
JMx Images by John Mullineux : Facebook

Gedagte vir die week

Algemeen Ride si sapis - C. Louis Leipoldt

 
Lag as jy slim wil wees en bly, 
Lag as die las op jou lende rus, 
Lag om jou smarte tot slaap te sus, 
Lag met die wêreld, lag met my. 
Lag oor die oer-oud onverstand, - 
Niemand weet hoe oud hy is; 
Lag as jy raak wil slaan en mis, 
Lag as jy vreugde vir pyn verpand. 
Lag as die stormwind oor jou stoei, 
Lag as die duister om jou druk, 
Lag as jy nou moet uithou, buk, 
Lag as die kettings knyp en boei. 
Lag as jy liewer wens te sug, 
Lag as 'n traan skyn meer te pas, 
Lag want die lewe met sy las 
Lê maar 'n lewe op jou rug!

Dagboek | Diary 

Life is full of opportunities. Leadership is about taking those opportunities. Legacy is what you leave behind when you do.
The SA Council for Business Women is committed to develop women to their full potential and to assist women in their leadership roles and we are bringing you an online leadership summit that you can attend in the comfort of your own home!
You're invited to the Leadership to Legacy 2021 Summit on 24 July 2021, in association with the South African Council For Business Women.
AHi subscribers can join at only R200 per person!
Book your online seat or find out more HERE 
Please note that the Cederberg 1-Day 100Miler event will not be taking place in 2021. Hoping for a wonderful event in 2022!

The 2-Day Trek is going ahead and is planned to be BIG this year. Enter for this event (2 & 3 October 2021) by clicking on the following link:  https://www.entryninja.com/events/76340-cederberg-2-day-trek .

Cederberg Traverse presented by Cederberg Wines

7-10 October 2021
𝙏𝙝𝙚𝙧𝙚 𝙬𝙖𝙨 𝙣𝙤𝙬𝙝𝙚𝙧𝙚 𝙩𝙤 𝙜𝙤 𝙗𝙪𝙩 𝙚𝙫𝙚𝙧𝙮𝙬𝙝𝙚𝙧𝙚.
Explore the beauty Cederberg has to offer.
Run 100miles, 100km, 60km or 40km - enter below.
www.cederbergtraverse.co.za

Advertise

We would like to offer optimal marketing opportunities as part of your membership of the Clanwilliam Tourism Association and Business Chamber.
The weekly newsflash is sent out to an email database, shared on social media & Whatsapp groups.
We will advertise any special and/or event that your business or organization hosts free of charge.

Please note: You could also sponsor a newsflash @ R300, if you are interested.
bookings@clanwilliam.info | 067 088 6969
Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp