Copy
View this in your browser
These days our conversations are all about tough times. Everyone is struggling in one way or another.
Have you asked yourself the question: How can I make it better for someone else?

Our aim is to optimize local support and in this newsflash you can read about some local businesses and things to do in and around Clanwilliam.

Trots, Clanwilliam! Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. 

Protea Kop Sementstene

Ek kry vir Johan Smit oor middagete in die hande. Die man is bedrywig en op ’n drafstappie, soos dit met enige boer en entrepreneur vroeg in die nuwe jaar behoort te gaan.
Hy is geweldig dankbaar vir die oplewing in die mark. Verlede jaar het die boubedryf omtrent ’n knou weg, soos soveel ander sektore. Johan erken sy eie besigheid se omset het met 65% gedaal vandat die inperking einde Maart 2020 in Suid-Afrika aankondig is.
Dit was voorwaar ‘n uitdaging vir ’n jong entrepreneur, maar Johan sê die woord opgee bestaan nie in sy woordeskat nie en daarom is hy reg vir besigheid in 2021.
Eensklaps is die aanvraag meer en is hy dankbaar vir nuwe projekte wat vir hom en sy personeel hier op die platteland werk skep.
Johan se doelstelling vir 2021 is om so vining as moontlik sy besigheid se produksie en omset weer op dieselfde plek as vroeg verlede jaar te kry. Daarna sal hy begin kyk oor hoe hy die besigheid kan uitbrei.
 
Protea Kop Sementstene vervaardig nog steeds 90, 140, 190mm boublokke en boustene. In terme van plaveistene fokus hul op die 50mm reghoekig in verskillende kleure. Hul vervaardig ook 60 & 80 mm interlock plaveistene, wat swaarder gewig kan hanteer,  soos byvoorbeeld parkeer-terreine en ruimtes waar vragmotors beweeg. Produkte word elke 3 maande getoets om aan SABS standaarde te voldoen. Johan glo diens en kwaliteit is die belangrikste boustene vir ‘n besigheid, iets waarna hy daagliks streef. 
Ek wil by Johan weet of hy nog positief is oor Suid-Afrika, met al die uitdagings wat ons in die gesig staar. “Ja ek is positief. Ons bly in ‘n prag land wat vol geleenthede is en daar is baie plek vir uitbreiding”.
Met die dat soveel mense in die aflope tyd hul werke verloor het, vra ek hom of hy raad het aan iemand wat dalk ’n nuwe besigheid wil begin. “Wel dit is nie aldag maklik om vir jouself te werk nie, maar as jy die wil het en bereid is om hard te werk, sal jy kom waar jy graag wil wees.”
Hy voeg by “Dit is tog belangrik om iets nuuts in die mark raak te sien, soms is dit so maklik soos om self te sukkel met iets en dan te kyk of jy ‘n oplossing kan kry uit die gesukkel. Besef dan dat daar dalk meer mense met die probleem gekonfronteer word, so deel jou oplossing met ander en begin sodoende ’n besigheid. Soek die gaping in die mark.” Dit is ook vir hom van kardinale belang om te alle tye voluit te werk om jou drome en ideale na te streef.
 
Ons gesels sommer verder oor hoe hy die nuwe normaal ervaar en hy moet erken dat een van sy maniere om te ontspan is om saam met vriende by De Kelder Restaurant te kuier. Met die dat hierdie restaurant tans gesluit is, is hy erg verveeld. Hy moedig mense aan om daardie wegneem pizza te bestel om sodoende te verseker dat ’n ikoniese restaurant soos De Kelder spoedig weer sy deure kan oopmaak. Die ‘ondersteun plaaslik‘ konsep is vir hom van uiterste belang.
Johan het ’n hele paar jaar rugby vir Clanwilliam gespeel (flank), maar as gevolg van ’n besering moes hy daarmee ophou. Hy geniet wel watersport op Clanwilliamdam, wat ook onder die huidige inperking gesluit is. Vir nou kuier hy dus maar tuis oor ’n braaivleisvuurtjie!
Protea Kop Sementstene voorsien aan besighede teen groothandel pryse of, verkoop direk aan die publiek. Kontak hul gerus.

Kontak besonderhede:
Tel: 027 482 2375 | Sel: 083 499 0819
Epos: 
proteakopsementstene@mylan.co.za

Clanwilliam Sakekamer

Clanwilliam Sakekamer se eerste bestuursvergadering van 2021 is op Dinsdag, 26 Januarie gehou.
Ons sien uit na die jaar se bedrywighede.
Algemene Jaarvergadering word op 18 Februarie 2021 gehou - uitnodigings volg binnekort.

 Ilse Lochner: 083 328 4575 | strassberger@lando.co.za 
Sluit aan by die Sakekamer Whatsapp groep, vir kommunikasie deur admin aan groepslede. Dit is dus nie ’n geselsgroep nie. 
 
Die hoofdoel is om vinniger te kommunikeer, inligting soos die Clanwilliam damstand, krag- & wateronderbrekings, nuusflits nuus, bemarking van besighede ens. deur te gee. Sodoende bly almal op hoogte van sake.
 
Stuur asb jou, en enige kollega wat ook op hierdie groep wil wees, se selfoonnommer, naam & van na hierdie epos: bookings@clanillwiam.info | WhatsApp: 067 088 6969, dan laai ons jul op die groep.

In die nuus...

{Voetspore in SA}
word uitgesaai vanaf
5 April tot 28 Junie 2021 op SABC2

Ons stuur die datums wat hul in die Cederberg kuier vir jul later deur.

First Aid Course

Safe Kids First Aid Course
Date: 2 March
Times: 9:30 and 13:30
Duration: 3 hours
Venue: Nancy’s
Price: R450 per person.
If you are interested please call or message Zara Lochner: 0726108017.

Boskloof Swemgat

Special offer Mid January until Mid March
Less 30% on accommodation
Book online: Boskloof Swemgat

Landbou dinge

The amnesty period creates an opportunity for members of the public to surrender unwanted firearms, or firearms that are possessed illegally, to the SAPS without fear of being prosecuted.
Contact the Clanwilliam SAPS
Ivan Meyer, LUR vir landbou in die Wes-Kaap, het Dinsdag ook ’n beroep gedoen op die nasionale regering om die vlak 3-inperkings te begin verslap sodat die Wes-Kaapse wynbedryf kan herstel.
Meyer het aan Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, geskryf om haar te vra om die verbod op drankverkope vir gebruik op en af van die perseel af op te hef.

Artikel:
Netwerk24 | Bron: AHi Wes-Kaap Facebook

Boer soek 'n vrou

Groot opwinding heers oor die langverwagte 13de reeks van die werklikheidsprogram Boer Soek ’n Vrou, met 'n plaaslike boer wat ons ook te siene kry. Kyk gerus saam op kykNET (DStv-kanaal 144) elke Donderdag om 20:00. 

Maak 'n verskil...

CLAWS Clanwilliam Animal Welfare operates under the guidance of EnviroVet CVC / Dr Annelise Roos. We have been fundraising in our personal capacity for pet sterilizations and primary pet health care for the small town of Clanwilliam and surrounds for the past 12 years.

The average cost per sterilisation is R600 per animal. In May 2020, we managed to fund a 3-day sterilization project neutering and spaying 121 pets in the Clanwilliam community. A three day project costs about R80 000. Every month we aim to raise enough funds to sponsor the sterilization of at least 4 dogs and 4 feral cats, to feed the neediest animals, and to provide primary health care, education and support.

Donate today: BackABuddy
Follow CLAWS on Facebook
KENNISGEWING
Die veearts, Dr Degenaar sal in die toekoms by Visserstraat 4, Clanwilliam wees op Dinsdae en Donderdae om 14:00 - 17:30.
Vredendal Dierekliniek | 027 213 4201

Afrinuus op Facebook

Moeg om heeltyd vanaf Facebook to moet deur klik na webwerwe om die nuutste nuus te lees? AfriNuus is 'n digitale platform wat poog om die nuutste, betroubare Afrikaanse nuus met Suid-Afrikaners te deel. Beste van alles - dis gratis om te lees.

In 'n kompetisie wat tot 14 Februarie 2021 sal duur, gaan ons vir een gelukkige wenner 'n R5 000 kontantprys gee.

Hoe kan jy deelneem? Dis maklik:
1. Deel dié plasing op jou Facebookblad.
2. Maak seker jy LIKE of FOLLOW dié Facebookblad.
3. Tag 3 vriende in dié plasing.

Die kontantprys word met trots aangebied deur AfriNuus - Nuus wat saak maak. Neem asseblief kennis dat SLEGS AfriNuus die wenner kan bekendmaak, wat op dié amptelike blad sal wees. Moenie val vir "scammers" nie.

Facebook: Afrinuus

Valentine around the corner

AHi Wes-Kaap

Byna al die groot toeriste-aantreklikhede in die Wes-Kaap het meer as 60% minder besoekers gedurende die piekseisoen in Desember ontvang. Sommige het ʼn daling van meer as 80% beleef.
David Maynier, die Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, sê die provinsie se ekonomie word lamgelê deur vlak 3-afsonderingsregulasies wat daartoe lei dat nog ondernemings byna daagliks hul deure moet sluit en meer Kapenaars by die dag hul werk kwyt is.
Lees meer: Maroela Media 
Bron: AHi Wes-Kaap

Ondersteun Plaaslik

Newsletter from Neasa
Read more..

Therefore, we call on all South Africans to support your local restaurant in its time of crisis. If it is at all within your means: go out for a meal, have a cup of coffee, invite friends and colleagues, even spend more than what you would normally do and tip generously.

Let us take it upon ourselves to keep our local restaurants open. Let us do that for them; but not only for them, also for ourselves, so that, when this crisis has passed, this sector will still exist for all of us to enjoy.  
#SupportLocal

'We Love Low Carb' will soon be available at Velskoendraai!
Do you want to live a healthier lifestyle? Are you on a low carb or keto diet? Well, we have good news!
Think Bagels, Bread Crumbs, Pitta Bread, Burger Buns, Pizza Base, Butter Croissant, Wraps, Cheese Sticks, Cinnamon Buns, French Loaf, Pasta, Focaccia and Chocolate Brownies and much more!
All stock available from Thursday, 28 January 2021.

Cederberg Click Click

Ons lees in die pers en op sosiale media dat daar pleidooie aan ons land se President gerig word om die restaurantbedryf te red. Op sosiale media word die veldtog gekoppel aan die hutsmerke #JobsSaveLives #LifttheCurfew en #LifttheAlcoholBan. Die Restaurant Association het 'n veldtog op 25 Januarie 2021 van stapel gestuur: 'Mr President, we invite you to take an empty seat'. Maar ... Elsa Smith vra tereg op haar Facebookblad, "Ek wil vra ... waar is ons? Hoekom is ons nie in daai leë stoele nie?" Sy sê ons kuierplekke, restaurante en koffiewinkels het gedeel in ons lief en leed, in ons kinderpartytjies en verjaarsdae, het donasies gegee en geborg, maar waar is ons nou om te help? "Ek kan nie dink dat as daar nie drank is nie, ons nie ons mense wil ondersteun nie!! Nee, mense! Kom ons maak daai leë stoele vol. Die President ken nie hierdie mense nie, maar ons ken hulle. Gaan drink koffie, koop 'n stuk koek, eet ontbyt, bestel 'n wegneemete en #RedLambertsbaai." Elsa Smith, baie mooi gestel! Ons het natuurlik baie empatie met die wyn-en bierbedrywe en glo gereguleerde oopstelling van die gebruik van alkohol kan werk. En ditto vir Clanwilliam! Kom ons ondersteun ons restaurante en kleiner ondernemings in die kosbedryf en begin ook 'n nuwe hutsmerk
#RedClanwilliam.
Bekostigbare aanlyn Fisiese Wetenskap klasse. Pryse wissel afhangende van hoe lank leerder registreer. R1200 vir 12 maande.... R270 vir maand. Meer inligting op www.youcandoscience.co.za 

#StaySafe #StayHome

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook

Clanwilliam Dam

Foto's van besoekers

Foto Facebook: Windows of stone....... Alpha Excelsior

Social media picture of the week...

A cellar, #anxiously waiting for harvest.
A cellar, #anxiously waiting for the #sagovernment / #southafricangovernment to open sales
A cellar, like many other #southafricancellars , waiting to get the acknowledgement they need.

Soon this clean open space will be filled with long hours of hard work, grapes and busy busy bodies earning a penny or more.

Some call it winemaking, others a fine art. I call.it the end result of a #southafricanfarmers hard work.

Photo Credit: Pieter Arno Du Toit

Dagboek | Diary 

Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp