’n Besigheidsiklus is soos ’n liniaal. Van entrepreneurs wat oorweeg om ’n besigheid te begin (by nul), tot by entrepreneurs wat die volgende stap vat en ’n besigheid begin, en dit uiteindelik laat groei om nader aan dertig te kom.
Die AHi het die afgelope jaar skouer aan die wiel gesit in ’n poging om vir elke besigheidspersoon daar buite ’n waarde te bied op grond van waar hy/sy hulself bevind - van voornemende entrepreneurs tot korporatiewe maatskappye.
Ons is vandag opgewonde om aan te kondig dat ons splinternuwe MyAHi-platform, wat propvol waardevolle dienste is, uitendelik hier is!
Met dié nuutjie kan beginner-entrepreneurs, selfstandige entrepreneurs, kleinbesigheidseienaars, korporatiewe diensverskaffers, sakekamer en besigheidsnetwerksgroepe die geleentheid kry om ’n waardepakket by die AHi aan te koop.
Ons wil deur besigheidsnetwerksgroepe voornemende entrepreneurs help om hulle eie besigheid op die been te kry, en sodoende bydra tot die plaaslike ekonomie. Deur die platform sal besigheidseienaars ook die geleentheid gekry om ’n diens aan die AHi se intekenaars te bied.
Kyk gerus die video hier waar dr. Willie Cilliers, uitvoerende direkteur van die AHi, jou meer oor die platform vertel.
LEES MEER
|