Copy
View this in your browser
Hierdie week kuier ons by die Sederkem Spar Apteek; maak ’n verskil in ons direkte omgewing; ontvang kennis oor openbare vergaderings vanaf Cederberg Munisipaliteit; en dagboek interessante gebeurtenisse.

We receive notice from Eskom regarding a planned power outage; vote for Bushmans Kloof; Are invited to attend a GPF meeting tonight; and receive information regarding the Clanwilliam Dam percentage, as usual.

Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. Lekker lees ...  

Sederkem Spar Apteek

Johan Vermeulen is iemand wat sekerlik geen bekendstelling nodig het vir Clanwilliamers nie. Hy is sedert 1979 ons plaaslike apteker by Sederkem Spar Apteek. Hy en vennote Louis Rôntgen en Johan Raats het saam die apteek in Clanwilliam geopen. Hulle het oor die jare ook takke in Porterville, Wolseley, Moorreesburg en Vredenburg geopen. Destyds het hy die eerste apteek op Tolla se stoep, die gebou reg langs Spar, geopen. Hulle het op daardie stadium ook in die huis gebly. Later is die gebou in Augsburgweg gebou en is daar oor die jare heen daaraan aangebou en uitgebrei.

Johan het ’n paar jaar gelede die alleeneienaar van Sederkem geword.
Hy het ook ongeveer 2 jaar gelede by die Spar groep aangesluit en meld dat mens deesdae geensins sonder ’n groep kan handeldryf nie. Nie net onderhandel hulle vir goeie pryse oor die algemeen nie, maar ook met mediese fondse. Hy erken dat die bedryf geweldig uitdagend geraak het met groot mediese fondse wat ongewenste reëlings met groot apteek-groepe het. Hy as apteker moet ook jaarliks ongeveer ses kursusse voltooi om nie van die rol geskrap te word nie. Gelukkig vir ons het Johan ’n passie vir sy werk en staan hy in die oggend op en vra homself die vraag "hoekom is ek hier, wat doen ek hier?" Met daardie filosofie lewer hy al vir baie jare goeie kliëntediens. Al droom hy al van aftrede aan die Weskus en sien hy uit na baie lekker vakansies en toere saam met sy vrou, is hy tans nog vuur en vlam en bereid om sy gemeenskap te dien.

Hy kyk terug oor die jaar waarin baie besighede noustrop getrek het en onthou hoe mense hulle toegeval het net voor die Vlak 5 inperking in Maart 2020. Mense het met mening hul mediese voorraad aangevul en reeds hul kroniese medikasie vir 3 maande vooruit aangekoop. Daar was ook defnitief ’n toename aan vitamienverkope. Hy is dankbaar dat hy vandag nog steeds saam met sy elf personeellede kan werk, al was daar al Covid-19 gevalle onder hulle. Hierdie span, waarvan hy die enigste haan onder die henne is, is ’n goed-geoliede masjien en lewer altyd vriendelike en professionele diens. Hy hoop dat hy en sy personeel reeds teen einde April hul inenting teen die coronavirus sal kan ontvang.
Intussen moet mense dit sterk oorweeg om hierdie jaar die griepinspuiting te neem. Nie net verhoed dit griep nie, maar versterk ook jou immuniteit.

Make a difference ...

Clanwilliam ons benodig asb dringend julle hulp! Ons beplan om in Mei weer die diere sterilisasie projek te doen. Baie dankie aan die persone en instansies wat reeds 'n bydra gemaak het.
Elke bietjie help om 'n groot verskil te maak.

Het jy geweet elke dier wat gesteriliseer word, voorkom 1000de diere wat nie huis kan kry nie, verwaarloos is en honger ly? Ongelukkig was 2020 'n slegte jaar vir almal. Toeriste was nog altyd ons grootste ondersteuners, maar soos julle weet is daar deesdae min of geen toeriste aan ons dorp. Ons het dringend die hulp nodig van die inwoners van Clanwilliam om asseblief te help met donasies. Daar is reeds te veel diere en ons kan verdere polulasiegroei net verhoed deur sterilisasie. Elke 6 maande wat ons nie diere kan steriliseer nie, vermeerder hul viervoudig. Die waglys vir diere van verlede jaar Mei was 300 diere. Daar is nou 1200 diere waarvan ons weet.

Ons is nog in die proses om geregistreer te word as 'n NPO, en ons kan dus tans net geld insamel van ons lede en donasies van die publiek.

https://www.backabuddy.co.za/cha.../project/jeanine-mitchell
Wupperthal se gerestoureerde geboue is nou gereed om gebruik te word, maar staan almal dolleeg. Die persone wat die restauramt Lekkerbekkie gaan bedryf moet alles self aanskaf, tafels, stoele, stowe, yskaste ens. Ons wil hulle graag help deur breekgoed en messegoed te verskaf. Ons vra of elkeen een stel: bord; kleinbordjie, koppie en piering, sopbakkie ("place setting") of ’n gedeelte daarvan kan skenk.
 
Ons wil ook graag vir hulle stelle handoeke skenk (groot badhandoek en gesighanddoek) vir die 15 nuwe kamers wat hulle nou het om te meubileer. Die ou skoolkoshuis is omskep in gaste-akkommodasie.
As u kan help sal dit wonderlik wees! Dankie dat ons op ons gemeenskap kan staatmaak.
U kan skenkings tydens kantoorure by Herschil by die Museum afgee.
Navrae: Rika Potgier - rrpotgieter@telkomsa.net

Tourism

Please take a moment to vote for Bushmans Kloof Wilderness Reserve & Wellness Retreat in the Travel + Leisure World Best Awards 2021 http://ow.ly/CQWo30rtaPx
WTM Africa 2021 Virtual is now live!

Please ensure that you have a strong internet connection, are using the Google Chrome browser and that you don't forget about your booked appointments - attendance for meetings will be monitored.
If you have any questions about the show, look no further than our dedicated concierge for all your queries and quick assistance.
Simply contact our Concierge Service on connectme@register.atwconnect.com or +27117049280.

Still haven't registered? Click here

Sederkem Kliniek

Nadat Suster van den Heever in 2013 afgetree het as matrone van Clanwilliam Hospitaal, het Johan pal aan haar gekarring oor ’n kliniek. Wel, hierdie droom van Johan raak toe werklikheid in Augustus 2016. Hulle het klein begin en Suster van den Heever erken dat sy aan die begin maar versigtig optimisties was, maar vandag is dit voorwaar ‘n suksesstorie en ‘n wonderlike diens wat gelewer word. Aan die begin het hulle slegs basiese primêre gesondheid konsultasies soos bloeddruk, suiker toetse, HB, cholesterol, ens. gedoen. Vandag bied hul egter heelwat meer dienste soos ‘n babakliniek, gesinsbeplanning en alternatiewe behandelinge soos Bowen en reflexologie. Suster Van den Heever doen ook al die beroepsgesondheid-ondersoeke. Hierdie diens kos R300 per persoon. Hul kan ook ’n dwelmtoets @ R50 en ’n gifbloedtoets deur PathCare laat doen. Sy erken dit is deesdae haar voltydse werk en dat haar kollega suster Simpson die res van die pasiënte hanteer. Hulle het ook onlangs ’n staatskontrak gekry om alle inentings van kinders, sowel as gesinsbeplanning, namens die staat te behartig teen ’n minimale fooi.
 
Elke Woensdag reis hulle na Dwarsrivier plaas waar hulle ’n ekstra diens lewer aan al die personeel op die plaas van David Nieuwoudt. Suster Van den Heever, in samewerking met Pieter du Toit, het hierdie behoefte geidentifiseer. Nie net lewer hulle algemene kliniekdienste nie, maar hulle tel ook alle staatspasiënte se kroniese medikasie by die plaaslike kliniek op. Hulle is ook baie opgewonde dat daar ook, in samewerking met maatskaplike dienste, maandeliks ’n maatskaplike werker by die Dwarsrivier kliniek diens lewer.
 
Sederkem Kliniek werk ook nou saam met Kansa en offer onder andere berading, wondversorging, papsmere, PSA, ens. Hulle is ook die Pathcare-optelpunt vir alle bloede. Interessante statistiek is dat hulle baba/kinder-databasis op 288 staan vir 2021 en hul kliniek besoeke vermeerder elke maand. Hierdie is voorwaar ’n besonderse mediese diens wat aan die Cederberg-omgewing gelewer word.
Dwarsrivier kliniek is geopen op 18 Julie 2019

Cederberg ClickClick

Die pandemie het vir van ons harder geslaan as ander, ons gemeenskap kry swaar en daar is mense wat regtig nie kos het om te eet nie,” vertel Charlene Mouton, iemand wat self met Covid-19 gekonfronteer was. Sy was tydens die Kersseisoen plat in die bed en gedurende hierdie tyd het sy met die Here baklei en beloftes gemaak. Elke keer as sy aan haar kinders gedink het (die jongste is drie jaar oud), het sy net van voor af met haar allles teen die siekte gestry en besef sy moet dit oorwin ter wille van hulle.
’n Paar weke nadat sy herstel het, besef sy: “Hier is ek nou, my lewe is gespaar, ek is gesond, maar wat doen ek met die lewe wat vir my gegee is?” Net daar onthou sy van haar ma, Rosetta Goeieman, se droom om ’n sopkombuis te begin. Sy sien en hoor daagliks die kinders se nood, sommer hier in haar eie straat, en besluit toe om saam met haar suster, Nicolette, en haar man, Jan Andreas, se hulp SettieG's Kitchen te open. Tans gee hul op Sondae vir ongeveer 30 kinders kos. Charlene het ‘n groot voorliefde vir kosmaak. Hulle maak enigiets van Breyani, lasagne, pastageregte of potjiekos.
Charlene weet dat om hierdie projek volhoubaar te maak, hulle as gesin en familie dit definitief nie finansieël alleen sal kan bybring nie, maar wie weet? Dalk is daar mense met wie sy ‘n pad kan stap wat vir die projek rys, pasta, aartappels en groente sal skenk. Sy het juis onlangs die vrymoedigheid gehad om Koos van Zyl te nader vir stowevleis om ’n lekker potjiekos aan die kinders voor te sit. Ook ander skenkings deur barmhartige Samaritane maak hierdie uitreik makliker.
Haar langtermyn droom is om ook behoeftige ouer mense by hul huise te gaan seën - amper soos die konsep van “meals on wheels”.
Charlene, baie dankie, jy laat ons net weereens besef "liefde" is ‘n werkwoord en om uit dankbaarheid te gee, kan ons almal op unieke maniere ‘n verskil maak in ons gemeenskap.
SettieG's Kitchen: 076 666 9968  | settieg2021@gmail.com

Volg Cederberg ClickClick 

Leer-Ken-Ons-Lede

Carina Bezuidenhout is ‘n boorling van Clanwilliam wat al ‘n geruime tyd by Sederkem Apteek werk. Sy tel gou die jare diens, wat al ’n paar keer onderbreek is, en kom tot die somtotaal van 27 jaar. Sy het destyds in die voorwinkel gewerk en sommer koffie en tee gemaak en rakke afgevee. In ledige oomblikke het sy voubiljette gelees en sodoende haarself bemagtig met kennis. Deesdae is sy verantwoordelik vir die voorraadaankope. Sy erken sy is ’n swak spanspeler en dat sy dit geniet om op haar eie te werk. As sy nonsens aanjaag, moet sy dit self oplos! Sy het ook die verantwoordelikheid om met die mediese verteenwoordigers te onderhandel en ontvang ook alle voorraad.
Alhoewel sy baie graag wou gaan boer, wou haar pa net mooi niks weet nie. In 1982 voltooi sy haar opleiding as vertaalkundige aan die universiteit van Stellenbosch in Afrikaans, Engels en Duits. Deesdae vroetel sy graag in die tuin en wil altyd voel sy is gegrond. Sy het ook oor die jare geleer dat jy nooit kla oor die weer nie - jy sê eers dankie voor jy kan vra. Haar gunsteling liedjie is “Liewe Hemel, liewe aarde” van Rocco de Villiers, maar sy geniet enige musiek. Sy het defnitief ‘n soettand en haar gunsteling bly ’n koeksister. Sy geniet altyd goeie koffie en op ’n baie warm dag sal sy ’n yskoue Black Label drink. Sy is iemand wat hou van die eenvoudige dinge in die lewe. Sy is lief vir haar mense en lief vir die natuur en die Afrika son.
Haar uitkyk op die lewe is “Mens kan net help, waar help help’. Haar hoop vir ons land is liefde & vrede en sy dink ons hier aan die suidelike punt van Afrika kom al baie beter oor die weg as wat die wêreld wil erken.

Landbou

Lees gerus Kaap Agri se MARKtoe!
Aanlyn

GPF

Invitation to CPF Meeting Thursday, 8 April 2021at 17:00 at the Flower Church 
"Hard against crime soft on people"

It is time that instead of pointing fingers, narcissistic self-interest, toxic criticism and racial hatred, we as South Africans and Clanwilliamers stand together for the common good, dignity for all and mutual responsible citizenry. 
Post COVID 19 we are taking hands as one human race for a new peaceful and just South Africa! Through value-driven social cohesion, we can unite and form an impenetrable safetynet that, in conjunction with SAPS, Law Enforcement and the Judiciary, can stop any form of crime in its tracks. We encourage our community to stop gossiping and talking about each other. Rather, let us work together to legally condemn any violation of the law and Constitution. 
Cooperative Community Development happens when two forces are functionally in operation: Compassionate benevolence and strict Law Enforcement. Together we will have to work hard so both these forces are effectively executed and kept sustainable in developing a healthy developmental community. This approach is based on basic ethical core values, reciprocal respect and continual relational building of trust.  

The first priority for the newly elected CPF currently is: 
The CPF intends to serve as a neutral, respected and trusted bridgebuilder to bring the Community, SAPS, Municipal Law Enforcement and all local safety and security partners responsible for law enforcement together to draw up and implement ONE COMMUNITY SAFETY PLAN.  

We are proud of the positive results of our local Police Station in Clanwilliam, led by Station Commander Col. Elmarie Nel. The senior members of the station all have an average of 25 years of policing experience and are a huge asset to our town. The National budget deficits and consequent lack of necessary resources currently being experienced at the station are concerning. We will do everything in our power to obtain funds through the official channels, but we are going to need the community's assistance to make a visible difference NOW.  
Please take our newly elected Clanwilliam community Police Forum's hand to make our Clanwilliam SAPS the best station in the Western Cape and Clanwilliam the top 10 tourist destination in the Western Cape!
 
Jan Oosthuizen: GPF Voorsitter/CPF Chairman 
+27 83 230 8804 | oosthuizen@me.com

Social media picture of the week...

Kromrivier Cederberg Park

Sederkem Pharmacy @ Spar

De Vlei Ford - Clanwilliam

#FordRanger has been chosen as the winner in Car magazine's Top 12 Best Buys Awards in the Double Cab Pickup category for the 10th consecutive year!

Get in touch with Johan on 082 802 8850 to get yourself behind the wheel of a Ford Ranger.

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook
NOTICE NO: 43/2021
KENNISGEWING: Nr. 43/2021
OPENBARE VERGADERINGS
JAARLIKESE KONSEP HERSIENDE 4DE GENERASIE GEINTEGEERDE ONTWIKKELINGSPLAN 2021-2022 EN KONSEP BEGROTING 2021-2022
 
Kennisgewing geskied hiermee ingevolge Artikel 16 (1) en 29 (1) van die Wet op Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000) dat openbare vergaderings gedurende April 2021 gehou sal word om publieke kommentaar te verkry vir die Jaarlikse Hersiende Konsep 4de Generasie Geintegeerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2021-2022 en Konsep Begroting 2021-2022. Die skedule vir die openbare vergaderings is as volg

Ward/Wyk 3: Clanwilliam -12  April  2021 @ 19:00 = Kathy Johnson Saal
Voorlopige IDP (Integrated Development Plan) PDF
Bron: Cederberg Municipality

Eskom

ESKOM: ZANDBERG OUTAGE 501-2502473
Cederberg Municipality herewith informs the communities of a planned Eskom power outage for maintenance. Clanwilliam will be affected.
Date for outage
20 April 2021: 08h00 – 16h00
or alternatively
29 April 2021 : 08h00 – 16h00

Rooibos Ltd

In this newsletter, we have scoured news sources in search of the latest and most unique Rooibos innovations from across the globe!

You can read more about an exciting new Vanilla Rooibos Tea by The Republic of Tea. The two flavours perfectly complement each other and create a unique taste profile that will leave you wanting more.

In the USA, a new store has opened up that sells doughnuts with very special and out-of-the-ordinary flavours. One of the doughnuts they sell is a Rooibos flavoured one! You can read more about the inspiration behind this concept below.

Another exciting new product is one created by Hownd: Puppy training treats that are infused with Rooibos. This infusion means that the treats have a myriad of benefits for your four-legged friend. 

You can read more in our newsletter. 

Clanwilliam Dam

Somewhere else...

Japan's cherry blossom bloom – in pictures
Cherry blossoms in full bloom along the Meguro river in Tokyo.
Japan’s famous cherry blossoms have reached their flowery peak in many places earlier this year than at any time since records began nearly 70 years ago, and experts say climate change is the probable cause.

Source: The Guardian

Clanwilliam Bookings

Thought for the week

Dagboek | Diary 

Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp