Copy
View this in your browser
Hierdie week kuier ons by De Vlei diensstasie; vier wêreld-hardopleesdag; lees oor verskilmakers in ons dorp; koop ’n Kansa-koek kaartjie; kamp by Jamaka en onthou om vroegtydig ons Valentynsdag besprekings te maak.

Trots, Clanwilliam! Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. 

De Vlei Diensstasie

Ons kuier vandag bietjie tussen die gries en olie, in die De Vlei diensstasie se werkswinkel. Groot is my verbasing om toe nie vuil hande te sien nie. Hul sê die baie ontsmettingsmiddels wat hul deesdae vir die Covid-19 regulasies moet gebruik help baie daarvoor! 
Ek gesels met Ernie du Plessis, boorling van Clanwilliam wat reeds vanaf 1995 deel is van hierdie doelgerigte span. Hy het nadat hy sy studies voltooi het as ’n vakleerling by De Vlei begin werk. Ernie vertel dat hy so lief is vir sy werk, dat hy sommer Saterdae ook werk. Elke dag se uitdagings gee tog baie werk satisfaksie. Nie net is hy passievol oor dit wat hy doen nie, maar leer hy graag iets nuuts. Hul moet gereeld vir Ford kursusse gaan om as geakkrediteerde motorwerktuigkundiges  te kan handel.

Hy moet erken dat hy eerder op die nuwer modelle, daardie voertuie met rekenaartegnologie, werk. Dit bly ook lekker om op ’n ouer voertuig die fout te soek, veral die bedradings foute, maar die kliënt verstaan nie altyd dat dit baie meer tyd in beslag neem nie. Op die nuwe voertuie wys die rekenaar die foute sommer 123 uit.

Ek ontmoet ook vir Hilton Claase. Hy is Ernie se linkerhand. Hy is tans besig met sy opleiding deur merSETA* en is die eerste vakleerling vir wie De Vlei hierdie geleentheid bied. Fredwin Goedeman is die handlanger wat ook gretig is om meer te leer. 
*merSETA
The Manufacturing, Engineering and Related Services Sector Education and Training Authority (merSETA) is one of 21 Sector Education and Training Authorities (SETAs) established to promote skills development in terms of the Skills Development Act of 1998
Ernie is baie erg oor Clanwilliam. Hy het hier groot geword en ken so baie van die mense, dat hy nooit in die stad sal wil bly nie. As ontspanning geniet hy om te skiet. Hy behoort aan die plaaslike skietklub en soms gaan vang hy vis. Ek vra vir Ernie as hy vandag enige ander werk kan doen, wat sal dit wees: "Wel ek het op 'n plaas groot geword, so ek sou graag wou boer. Ek het immers my liefde vir enjins op die plaas geleer"

Sy raad aan enige iemand wat dalk belangstel daarin om 'n motor werktuigkundige te word. "Vakke soos  wiskunde en wetenskap is belangrik en dan moet mens darem so bietjie van ’n belangstelling in enjins hê. Dit is voorwaar ’n baie bevredigende beroep en daar sal altyd werksgeleenthede wees." 
The new #FordRANGER turns troublesome obstacles into an exciting adventure.

Bring on water hazard, steep sandy incline or rocky terrain. The new RANGER 4x4’s are ready with 800mm water-wading capability, Electronic Locking Rear Differential and driver-assist features, which makes tough tasks look easy, whether it’s working on the job or heading out on a weekend of recreation.

Contact Johan for more info - 082 802 8850

Entrepreneur: Lees Lisa

Het jy geweet vandag is Wêreld-hardopleesdag?
 
Luister gerus Radio Namakwaland se storiemaats
Datum: 3 Feb
Tyd: 18:30
’n 
Voorlesing van Die mieliefamilie in gevaar

#LeesLisa
Vir meer volg die LeesLisa
Facebook blad of besoek die WEBBLAD

Cederberg Heritage Route

AHi Wes-Kaap

In vandeesweek se nuusbrief deel ons ’n opname van dr. Willie Cilliers, uitvoerende direkteur van die AHi Wes-Kaap, op kykNET se realiteitsprogram kykNET Verslag van verlede week. Jy kan meer uitvind oor die impak van die verlengde inperkingsmaatreëls op besighede en toerisme in die Suid-Kaap in dié uitsending.

Lees die Nuusbrief hier

Maak 'n verskil...

In die onsekere tye waarin ons onsself bevind, trek baie mense swaar. Gewoonlik met die aanvang van die jaar is elke ouer se denkwese by die heropening van skole. In menigte huishoudings is daar meer as twee kinders op skool en die aankoop van skoolklere, skoene en skryfbehoeftes kan vir ouers baie duur uitwerk. So beplan en spaar hulle maar om seker te maak dat hul kinders beskik oor alle klere en skryfbehoefte items met die heropening van skole. ’n Meer spaarsamige manier is natuurlik om skoolklere te laybuy.
 
Ek het met private donateurs vergader om te bespreek hoe ons van hulp vir menigte huishoudings kan wees met die heropening van skole. Die doel was weereens om finansiële verligting te bring aan verskeie huishoudings. Die donateur het toe besuit om die plaaslike winkel, Pep Clanwilliam 386, te nader om te luister hoeveel laybuys hulle op hul stelsel het wat skoolklere bevat. Die kontrolelys was deur die personeel deursoek en hulle kon toe vasstel hoeveel laybuys daar met skoolklere is.
 
Na interaksie met Pep Stores vind ons dat daar 52 skool laybuys is wat nie naastenby klaar betaal was nie. Die totale waarde van die 52 laybuys was R20 658.97.  Ons het dadelik besluit om die rol van barmhartige samaritaan aan te neem. Die bal was dadelik aan die rol gesit en die bedrag van R20 658.97 is oorbetaal aan Pep Clanwilliam 386.
 
Op Vrydag, 29 Januarie 2021, was van die ouers geskakel om hulle in te lig dat hul laybuys ten volle betaal is en dat hulle dit kan kom afhaal by die winkel. Die gemoedere onder die ouers was die van dankbaarheid en oorweldigende gelukkigheid. Sommige van die ouers kon hul trane nie keer toe hulle besef die laybuy is klaar betaal en dat hulle nou hul geld vir kos en elektrisiteit aankope kan gebruik.
 
Die res van die laybuys sal voortaan afgelewer word by elkeen van die ouers se wonings.
 
Om finansiële verligting aan huishoudings te bring en so ook waardigheid van mense te herstel sal altyd my doel en plig wees.

Raadslid Maxwell Heins

Skimmelberg

If you're looking for a hot cup of organic tea, then make your way to Dischem to pick up a few boxes of Skimmelberg tea.
Or shop online: Skimmelberg

Rooibos Ltd

With the first month of 2021 almost over and done with, many might be making good progress with their New Year’s resolutions! In this newsletter, we share news from the SA Rooibos Council which indicates that Rooibos might offer a natural way of keeping your New Year’s promise to stay healthy and well.

Read the Newsletter here

Boskloof Swemgat

Special offer Mid January until Mid March
Less 30% on accommodation
Book online: Boskloof Swemgat

... Terloops ...

Valentine's Day around the corner

*** 𝓥𝓪𝓵𝓮𝓷𝓽𝓲𝓷𝓮𝓼 𝓦𝓮𝓮𝓴𝓮𝓷𝓭 𝓹𝓻𝓸𝓶𝓸𝓽𝓲𝓸𝓷 ***
Join us for two or more nights from 12-16 February 2021 and receive a "cook your own" breakfast box for two delivered to your door on the morning of your choice.
Check our availability and book now ONLINE

Ondersteun Plaaslik

'We Love Low Carb' now available at Velskoendraai!
Do you want to live a healthier lifestyle? Are you on a low carb or keto diet? Well, we have good news!
Think Bagels, Bread Crumbs, Pitta Bread, Burger Buns, Pizza Base, Butter Croissant, Wraps, Cheese Sticks, Cinnamon Buns, French Loaf, Pasta, Focaccia and Chocolate Brownies and much more!
Order before Saturday @ 09:00 - collect on the next Wednesday.

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook

Clanwilliam Dam

Foto's van besoekers

Some lovely work being done by the good folks at @fishwaterfilms teaching our very own boys at Enjo about #savingsandfish

Facebook: Enjo Nature Farm

Social media picture of the week...

Begin die dag reg in die natuur...
Foto krediet: Philip Lochner

Dagboek | Diary 

At Cape Town Vlog: Best Campsite - Jamaka and Stadsaal cavesWe were privileged enough to visit and stay at a Cederberg gem, Jamaka Organic Farm and Resort. We explored the campsite and discovered all their activities and attractions and have come to the conclusion that they are one of the best campsites that Cape Town has to offer.

Dagboek | Diary 

Skenk bloed in Clanwilliam.
Datum: 11 Maart 2021
Tyd: 10:30 - 14:00
Adres: NG Kerksaal, Voortrekkerstraat 12, Clanwilliam 
{Voetspore in SA}
word uitgesaai vanaf
5 April tot 28 Junie 2021 op SABC2

Ons stuur die datums wat hul in die Cederberg kuier vir jul later deur.
Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp