Copy
View this in your browser
Hierdie week kuier ons by The Rectory gastehuis; groet ons geliefde blomkenner, Christo Smit en stap deur ons dorp saam met Stephenie Murray.
Thank you to people who make a difference; a reminder to donate blood; search for the Sandfish in the Biedouw river and take part in a Happiness Survey.

These are our people. Proudly, Clanwilliam!
Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. Lekker lees ... 

The Rectory Guest House

Hoe verder jy in Clanwilliam se antieke Hoofstraat na Parkstraat se kant toe ry, hoe ouer word die geboue. Die gebou wat die Rectory gastehuis huisves, is een van ons dorp se amptelike erfenisgeboue wat die 1820 settelaars gebou het. Volgens eienaar, Esther Strauss, is dit die enigste woning in die weskus wat nie deur vure verwoes is tydens die boereoorlog nie. Die Strauss familie koop die huis in 1996 vanaf die Anglikaanse Kerk en restoureer dit tot 'n gastehuis wat hul sedert 1998 bedryf. Destyds betaal die gaste R100pp vir Bed & Ontbyt. Huidiglik bedryf sy dit nog as 'n Bed & Ontbyt, maar het ook oor die jare aangepas en verhuur graag die hele 4-slaapkamer huis as 'n self-sorg eenheid uit. 
Esther vertel dat al die vensterrame en deure nog steeds van die oorspronklike sederhout is wat amper tweehonderd jaar terug gebou is. Hul moes amper sewe lae verf af krap om by die pragtige hout te kom. Die kombuisdeur het 'n interessante loer venster – die doel daarvan is ‘n misterie uit ‘n vervloeë era. Soos baie ander geboue in die hoofstraat is die vooraansig van die huis aan die agterkant, want oorspronklik het die hoofstraat langs die watervoor geloop.
Blomtyd bly vir haar 'n besonderse tyd in Clanwilliam en verlede jaar was vir haar veral besonders uniek. Dit was ook die jaar wat sy totaal en al uit dankbaarheid geleef het. Haar gaste oor die jare het soos haar tweede familie geraak. "Hul raak so deel van 'n mens en jy sien hul kinders groot word," vertel Esther terwyl ons in die tuin kuier.

Naas die asemrowende binnehof, bly die tuin en lieflike swembad die gunsteling spasies vir die gaste, en die feit dat hul loop afstand is vanaf winkels, restaurante en besienswaardighede is ‘n groot trekpleister. Toerise is ook altyd verbaas dat dit regtig veilig is om in Clanwilliam se hoofstraat te parkeer.

Soos almal in die toerisme bedryf, het die Rectory Gastehuis ook gebuk gegaan onder die pandemie. Esther mis natuurlik al die oorsese besoekers wat jaarliks gedurende ons somer stroom na Clanwilliam. Hul skep altyd 'n ander tipe atmosfeer en is so ingenome met ons mooi plattelandse dorp en ons asemrowende berge. Hul geniet ons indrukwekkende natuur altyd vreeslik baie.
Esther se glas is altyd half vol. Sy glo vas dat alles weer sal terugkeer na normaal. Mense het oorloë, depressie, droogtes en vele meer al in die verlede oorleef. Sy glo elke dag, maand en jaar sorg vir sy eie wonderwerke. Haar grootste talent is haar uithouvermoë - sy ken die bedryf en sy sal so lank moontlik volhou en uithou. 
Esther het nog nooit klagtes ontvang van enige spoke nie, maar sy sê sy dink nogal baie aan hoeveel spore daar al in hierdie huis getrap is. Destyds het die 1820 settlaars se kinders ook hier skool gegaan …

Make a difference ...

Inspired by the wonderful humanitarian work done by the Ruben Richards Foundation, two Clanwilliam residents, Arthur and Lauren Gillis, donated a portable oxygen machine to the Clanwilliam Hospital. The donation is as a token of thanks to Dr Jas Strauss and the staff of the Clanwilliam Hospital who have with huge dedication and selflessness cared for the health needs of the community. 

Clanwilliam Veldblomme vereniging

Christo Smit
In jou oë het die onskuldige blou hemel weerkaats, en jou hande was in ewige diens tot jou medemens. Uit jou mond was daar onmenslik min venyn, en jou kennis het jy gedeel soos die sewe brode. Dankie, dankie Christo vir jou eindelose onbaatsugtigheid, en dat geen opdrag ooit sonder geesdrif uitgevoer is nie. In die baie jare wat jy deel was van die Clanwilliam Veldblommevereniging was jy ‘n konstante, stabiele staatmaker en planmaker. Jou plantkennis het die specimen kamer se wiele geolie, en jou entoesiasme vir moontlikhede het die toekoms van die skou blink laat skitter. Christo, ons gaan swaar trek sonder jou. Daar waarheen jy nou op pad is, wag asemrowende mooi landskappe waar jy na hartelus die wondere van die natuur kan navors.
Mag die liefde van ons hemelse Vader vir Mariana, die seuns, en die res van die Smit familie omvou en dra deur hierdie hartseer tyd.
Clanwilliam Veldblommevereniging.
 
Begrafnis: Saterdag, 13 Maart 2021 @ 14:30 - APK, Clanwilliam.

Cederberg

For full details on this pass, as well as all the passes and poorts of South Africa, including GPS, technical, safety, historical and tourism information, plus a fully interactive, dual view Phoca map showing printable directions from where you are, with time and distance pre-calculated, go to www.MountainPassesSouthAfrica.co.za

The Rectory

Thatched roofed building with plastered walls. Front and back facades, with dormer gables and good Georgian doors and windows, are almost identical. The parsonage probably dates from the 1840s and is similar to the rectory in Bredasdorp. It has a very unusual plan, being square with only a narrow opening giving access to the central courtyard. The parsonage is an exceedingly beautiful Old Cape thatched cottage.

Sakekamer

Uittreksel uit die Sakekamer voorsitter verslag:

Projekte
 
4.1       Verfraaiing / Instandhouding van die dorp se oop gronde
Die instandhouding en versorging van die dorp se parke en tuine bly steeds ‘n groot uitdaging.
Geen projek is egter gedurende 2020 aangepak nie.
 
4.2       Skoonmaak van die dorp
Alhoewel die dorp (na my mening) redelik skoon en netjies is en vullis redelik op vaste dae verwyder word, is daar nog tye wat, veral die Hoofstraat, baie onnet is.  Veral op Vrydagmiddae en Saterdae.  Die vullis word wel op Saterdagmiddae opgetel, maar gedurende die dag is dit werklik baie vuil.
Baie dankie egter aan al die besighede wat uit hul pad gaan om die sypaadjies skoon, netjies en mooi te hou. Baie dankie ook aan die vullisverwyderingspan en Isak Koopman vir die toewyding waarmee hulle ‘n baie ondankbare taak verrig.
Netheid van ‘n dorp is ‘n “opvoedingstaak” –  so kom ons werk in 2021 daaraan!
 
4.3       Herwinning
Die “Blousak Projek” van die Sakekamer in samewerking van Bruce is gedurende 2020 gestaak en is gedurende 2021 deur die Munisipaliteit oorgeneem.

Cederberg ClickClick

Stephanie Murray is ‘n Wikipedia op twee bene en mens hang behoorlik aan haar lippe. Die manier hoe sy praat oor geskiedenis val sag op die oor en lei van die een vraag na die ander.
Sy en haar man, Pieter, het in 1991 met hul sewe kinders na Clanwilliam verhuis. Sy erken die eerste veertien jaar was glad nie soos hul beplan het nie, maar met baie genade en God se voorsiening is hul nog steeds Clanwilliamers in murg en been. Sy raak in 1995 deeltyds betrokke by Clanwilliam Toerisme. Omdat Clanwilliam die sewende oudste dorp in Suid-Afrika is, vra baie besoekers interessante vrae, wat sy navors en sodoende het sy 'n kennis van ons geskiedenis ontwikkel. In 1999 voltooi sy haar toergids opleiding sodat sy deeltyds vir haar ma se besigheid, Christene van Wyk Toere, kan begin werk. Tydens hierdie opleiding begin haar liefde vir geboue: sy glo vas elke gebou het 'n unieke storie en sy geniet dit om dit oor te vertel.
Tydens haar "Walk About"-toer deur Clanwilliam hoor mens natuurlik talle van hierdie stories. Sy vertel my meer van die Anglikaanse kerk, waar haar toer gewoonlik eindig.
Vir 35 jaar lank het die 1820 settlaars na die NG Kerk gegaan vir eredienste. In 1847 het die aartsbiskop Robert Grey in SA bediening gedoen. Sy vrou Sofie was 'n argitek en sy het dié kerk ontwerp. Die kerkie bars gou-gou uit sy nate en hulle moes na nege jaar die kerk vergroot. Van die balke wat hier gebruik is, is sederhout. Van die meubels is geskenk deur die Kerk van Engeland tydens die herdenking van Koninging Victoria se 60ste regeringsjaar, onder andere ook die preekstoel. Mnr. Cousins, wat vir 'n orrel  maatskappy in Engeland gewerk het, het besef dat daar ‘n behoefte is vir klein orreltjies en hy het toe een ontwerp. Hy het gesê mens moet die orreltjies enige plek in die wêreld kan deponeer, soos die Latynse woord deposit. Uit dit het hul die The Positive Organ Company begin. Oor die jare het daar heuning in die orrelpype beland en is die orrel tans ongelukkig nie in gebruik nie.
Wel, ek hoop jou belangstelling is geprikkel en dat jy meer wil leer oor ons dorp se geskiedenis. Ons weet dat Google amper alles weet, maar ons stel voor jy kontak Stephanie en luister self.
Volg Cederberg ClickClick op Facebook

Sandfish - Biedouw Valley

Saving Sandfish is a conservation project and 10-part web series produced by Otto Whitehead and Jem Shelton, which chronicles the highs and the lows of conserving one of South Africa's most threatened large-bodied fish. The series explores the diverse freshwater ecosystems of the Greater Cederberg Region and profiles the passionate scientists, conservationists and land-owners helping to save the iconic Onderbekvis from extinction.
Learn more

Toerisme

AfriNuus
TOERISME | Robbeneiland toon 90% afname in toeriste
Robbeneiland het die afgelope jaar 'n 90% afname in toeriste gesien.
Internasionale toeriste is die grootste trekpleister vir die Robbeneiland-museum, maar die internasionale beperkings en gepaartgaande koronaviruspandemie het 'n groot impak op hul besoekersgetalle gehad.
Volgens Robbeneiland se bestuur vertrek hulle net op Donderdae nou van Kaapstad tot die eiland, en moedig hulle plaaslike toeriste aan om voordeel te trek uit hulle goedkoper pakket.
Volgens Robbeneiland se webtuiste kan Suid-Afrikaners teen slegs R400 per volwassene na die eiland reis.
Lees meer nuus aanlyn

Social media picture of the week...

Zena Burger, Clanwilliam

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook
Bystand kontak besonderhede: Week: 05 - 11/03 /2021
Clanwilliam
Marius Jooste - 082 889 8202
Elektries - Nolan Swartbooi – 082 907 9494

Clanwilliam Dam

9 Maart 2020 = 26%

Elders ...

Victoria Falls currently flowing at its highest rate in Decades. Photo taken 8 March 2021.
Facebook: Victoria Falls

Book accommodation for Easter

Cederberg Ridge

House of Rooibos

New trading hours for long weekends at House of Rooibos
Take the "Happiness Survey"
The COVID-19 pandemic has redefined the concept of happiness – a universal aspiration we as humans strive for all over the world! Tell us what “happiness” means to you by taking this short quiz. One lucky participant will win R1000!
CLICK HERE

De Kelder Restaurant

Platteland

Platteland Autumn 2021
Read more about Wupperthal: Rising from the ashes

Motivation for the week

Dagboek | Diary 

Skenk bloed in Clanwilliam.
Datum: 11 Maart 2021
Tyd: 10:30 - 14:00
Adres: NG Kerksaal, Voortrekkerstraat 12, Clanwilliam 
Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp