2021
365 dae om te kan ...?
|
|
Welkom in 2021! ’n Jaar wat met 365 dae voor ons uit gestrek lê.
Hoe gaan jy hierdie jaar aanpak? Wat wil jy in die oop spasie invul?
365 dae om te kan …
- kla en kerm
- almal te oordeel
- verwyte rondgooi
- moed opgee
- negatief wees en te haat.
Wat daarvan as jy vandag anders besluit:
365 dae om te kan …
- hoop bring in ’n negatiewe wêreld
- omgee en daar wees vir my kollegas
- liefde uitdeel aan vreemdelinge
- betrokke raak en my hande vuil maak
- vredevol te leef met my medemens
Ons glo en hoop jou keuse van woorde maak 'n verskil hoe jy 2021 benader.
|
|
Vir die 5de jaar vier ons hierdie unieke, trots Suid-Afrikaanse uitvoerproduk op 16 Januarie. Hoe gaan jy vanjaar deelneem?
Facebook @RooibosDay | Instagram @RooibosDag
#RooibosDay #RooibosDag #RooibosOomblik #RooibosMoment
|
|
Joppie (George David) Amon
16 Mei 1958 - 3 Januarie 2021
Joppie jy was iemand wat altyd bereid was om die ekstra myl te stap en jou medemens te dien, ons salueer jou. Baie dankie vir jare se diens aan ons gemeenskap.
Jy was een van ons hartsmense, bereidwillig om betrokke te raak, jou hande vuil te maak vir jou medemens.
Dankie, ons sal jou in Clanwilliam se strate mis.
CLANWILLIAM SE MENSE
|
|
|
|
Die jaar word goed afgeskop met 'n voorblad foto van die Wolfbergboog in die Cederberg.
Dankie Alicia Erasmus dat jy julle stap ervaring foto met Die Burger gedeel het.
|
|
Begin altyd die jaar op die regte voet(pad) ... Dié voetpad het ons aan die begin van hierdie nuwe jaar Wolfbergboog toe geneem en watter ikoon is dit nie van die Cederberge nie: mens sien jouself en jou lewe sommer weer in perspektief as jy onder die reuse boog staan met 'n uitsig wat vir dae lank strek daaronder. Ons het verkies om dit as 'n dagstap te doen en so vroeg soos ons kon, het ons begin stap Wolfbergskeure se rigting. Dit het ons ongeveer drie ure geneem om by die Boog uit te kom en ongeveer twee-en-'n-half ure terug tot by die parkeerplek. Die gedeelte waar mens opstap Skeure toe is mos redelik steil, maar op die plato stap mens redelik maklik. Vanaf die bopunt van die Skeure is dit ongeveer 5km tot by die Boog, maar die Boog is reeds in die verte sigbaar na sowat een kilometer se stap. Soms is daar heuweltjies wat mens moet op en af, maar die ongelooflike uitsigte in alle rigtings vanaf daarbo maak dit 'n groot plesier en voorreg om daar te stap. Ons het gekies om deur Adderleystraat, die wyer skeur, op te stap, omdat ons dit as 'n dagroete wou stap en sodat ons kon klaar stap voor die ergste hitte ons vang. Die hitte was nie regtig 'n probleem toe ons gestap het nie en dis gewoonlik heelwat koeler in die berg as op die dorp, maar dit bly 'n goeie idee om jou stap te beplan met een oog op die weerkaart. Laat sowat ses tot sewe ure se stap toe vir die hele roete, dan kan julle rustig sit en die uitsigte ook geniet. Die permitte om Wolfbergboog toe te stap, kos R100 per persoon en is by die kantoor op Dwarsrivier beskikbaar. Dis dalk raadsaam om die vorige dag jou permit daar te kry en die aand op Sanddrif oor te bly om 06:00 te kan begin stap, indien mens dit as 'n dagstap wil doen. Die kampplek is redelik vol op die oomblik, maar dis nie onmoontlik om plek te kry nie. En dis heerlik koel daar! Die kantoor op Dwarsrivier se nommer is 027482-2825.
Artikel: Alicia Erasmus - @CederbergClickClick
|
|
|
De Pakhuys
Take a dive at de Pakhuys this February.
Book online: Website
with Promo code "Feb21" for a 21% discount!
Rocklands - Cederberg - Clanwilliam
Accommodation at de Pakhuys in
an ancient Cederberg sandstone landscape,
beyond the realms of imagination.....
|
|
Alpha Excelsior Guest Farm
10% discount on all Retro Caravans for January for 2 nights or more
Book today: Website
|
|
|
Suid-Afrika bly op vlak 3
Die enigste ooglopende veranderinge wat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het, is dat die aandkloktyd verkort is en 20 landsgrense gaan sluit.
Hier is die belangrikste om te weet:
- Die aangepaste vlak 3 van inperking bly van krag en dus geld alle maatstawwe wat op 28 Desember aangekondig is, insluitende dat die meeste byeenkomste binne en buite geboue nie toegelaat word nie, insluitende om geloofsredes; dat maskers verpligtend in die openbaar is; en dat strande, damme, mere, riviere en openbare swembaddens in brandpunte toe is.
- 20 grensposte op landsgrense word gesluit, behalwe onder sekere omstandighede. Dit gaan tot 15 Februarie geld. Dit sluit die ses besigste grensposte in, soos Beitbrug en Lebombo. Mense sal steeds kan in- en uitgaan vir onder meer brandstof, goedere, nooddienste vir lewensbedreigende toestande, buitelanders wat wil vertrek en inwoners wat wil terugkeer.
- ’n Besluit oor die heropening van skole te midde van die tweede golf van infeksies word tans deur die nasionale bevelsraad bekyk en ’n aankondiging sal binne enkele dae volg.
- Die alkoholverbod bly van krag vir verkope in restaurante, drankwinkels en sjebeens. Ramaphosa sê dit het alkohol-verwante gevalle in hospitale verminder en dit is nou nodig om die druk op hospitale te verlig.
- Die aandklokreël begin om 21:00 en eindig om 05:00 waar dit tot onlangs om 06:00 geëindig het.
- Tot wanneer geld vlak 3? Die aangepaste vlak 3 gaan in plek bly totdat die nuwe piek van infeksies verby is en die infeksiekoers genoeg gedaal het. Al waarvoor 'n datum gestel is, is vir die landsgrense wat tot 15 Februarie gesluit bly.
- Geen hulpverlening aan ondernemings, werkers of armes is aangekondig nie.
Bron: AHi Wes-Kaap :
|
|
|
Die berge van die Cederberg Ridge Lodge, Jan 2021.
Foto: Josann Henning
|
|
|
FRIDAY, JANUARY 22, 2021 AT 2 AM UTC+02
See the Northern Lights
Join us here live for a visual presentation about the Aurora Borealis! Mike Murray, Astronomer and Planetarium Manager, will explore what causes the phenomenon and how to observe them. NOTE - this event is hosted *only* on the Delta College Planetarium FB page. For your security, do not follow other pages claiming to host this event and do not share any credit card information (the event is free!)
FACEBOOK EVENT
|
|
|
|
|