Copy
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Liewe vriende
 
Die geheim van 'n 'sielsvolle' reis is om die punt te ontdek waar geskiedenis, geloof en alledaagse lewe mekaar oorvleuel: in die markte, klein kapelletjies, antieke straatjies, nuwerwetse winkeltjies en die interaksie met ander kulture en mense. Nuuskierigheid om die buitengewone in die gewone te gaan verken sal jou gewaarwordinge en insig laat kry wat jy nie op gewone vakansies sal kry nie.
 
Sommige pelgrimstogte kan solo aangepak word en daar is verseker waardevolle 'self-ontdek' lesse wat op die solo pelgrim wag, maar om in groepsverband die dieper betekenis van ons geloof te gaan ondersoek hou baie voordele in. Veral as dit by Bybellande kom dra die leringe en geestelike insig van 'n groepleier, die kennis van opgeleide gidse en die toeroperateur se ervaring om logisties 'n vlymskerp reisplan te beplan en uit te voer, daartoe by dat pelgrims 'n dieper gewaarwording agter die sluier van toerisme ervaar.

"Faith is not the clinging to a shrine but an endless pilgrimage of the heart. Audacious longing, burning songs, daring thoughts, an impulse overwhelming the heart, usurping the mind - these are all a drive towards serving Him who rings our hearts like a bell. It is as if He were waiting to enter our empty, perishing lives." ~ Abraham Joshua Heschel
 

Die geografiese deel van 'n pelgrimstog is die uiterlike deel van jou reis - waar fotos en souveniers versamel word. Die innerlike reis gebeur danksy 'n afwagting, ontmoetings, stil word maar ook saam wees, luister, deel en ervaar. Jy kan die uiterlike en innerlike reise maklik appart ervaar. Ek glo dis beter om dit gelyktydige mee te maak!
 
"The paradox: there can be no pilgrimage without a destination, but the destination is also not the real point of the endeavor. Not the destination, but the willingness to wander in pursuit characterizes pilgrimage. Willingness: to hear the tales along the way, to make the casual choices of travel, to acquiesce even to boredom. That's pilgrimage -- a mind full of journey." ~ Patricia Hampl
 
In 2020 bied ons weer verskeie opwindende en goed deurdagte reisopsies in groepverband aan.
 
Kom jy saam?

In die Voetspore van die Apostels deur Turkye en Italië
saam met Willem Botha van Didasko Bybelskool


12 - 25 Junie 2020

Hierdie is die Fynproewer-toer vir 2020. Turkye is die land waar die eerste Christene die eerste kerke gestig en die Evangelie versprei het. Baie Turkye toere besoek veral die 7 Gemeentes van Openbaringe. Ons gaan jou soveel meer wys...

Lees meer >>
 
Navrae oor die Turkye & Italië Toer 2020

Taize & Le-Pay-en-Velay Camino in Frankryk

20 Junie - 4 Julie 2020

InVia gemeente neem 'n groep jongmense tussen die ouderdom van 20 - 35 om 'n week by Taize gemeenskap deur te bring en daarna die begin van die Camino Podiensis vanaf Le-Puy-en-Velay te stap. 

Lees meer >>

Navrae by Francois van der Merwe: francoisvdmerwe@me.com
 

Camino Francés saam met Erns Grundling

16 - 31 Julie 2020

Erns Grundling
is 'n aanbieder en mede-vervaardiger van die Elders-reisreekse op kykNET, waartydens hy na Spanje en Japan gereis het. In Junie 2020 vergesel hy 'n groep om die Camino Francés roete in Spanje vanaf Ponferrada (sowat 220 km) of vanaf Sarria (sowat 115 km) saam met hom mee te maak. Na afloop van die Camino is daar ook 'n geleentheid om 'n dagtoer na Finisterre mee te maak. Erns se stap ondervinding en passie vir die Camino maak hom die ideale stapmaat, maar ons het beperkte plek beskikbaar so opskud as jy deel van hierdie groep wil wees. 

Lees meer >>
 
"Hiking - I don't like either the word or the thing. People ought to saunter in the mountains - not hike! Do you know the origin of that word 'saunter?' It's a beautiful word. Away back in the Middle Ages people used to go on pilgrimages to the Holy Land, and when people in the villages through which they passed asked where they were going, they would reply, "A la sainte terre,' 'To the Holy Land.' And so they became known as sainte-terre-ers or saunterers. Now these mountains are our Holy Land, and we ought to saunter through them reverently, not 'hike' through them." ~ John Muir
Navrae oor die Camino Francés saam met Erns Grundling

Camino Portuguese saam met Charlotte Werth

10 - 26 September 2020

Die Portugese roete is vandag die tweede gewildste van die Camino de Santiago roetes. Charlotte Werth het reeds verskeie Camino roetes gestap ondermeer die Camino Francés, Portugese roete vanaf Porto, die Camino Englés asook die Camino na Finisterre en Muxia. In 2020 vergesel Charlotte 'n groep vanaf Tui (115 km na Santiago). Hierdie groep spandeer ook 2 dae in Porto voor die stap asook 2 nagte in Lisabon en 'n dagtoer na Sintra! Sowaar 'n Portugal Camino par Excellance!
 
Navrae oor Portugese Groepstap saam met Charlotte Werth

Camino Francigena saam met Marina Loubser

14 - 23 September 2020

Ons eerste Camino Francigena gebeur in September 2020 onder die bekwame leiding van die reis guru Marina Loubser. Marina is 'n ervare Camino pelgrim met verskeie Camino's, sommige alleen en ander in groep verband, agter die blad. Sy help ook 'Stap die Camino' toerlede en pelgrims met vlugbesprekings, reisversekering en algemene reis-logistieke reëlings.
 
Hierdie fantastiese stap deur Italië begin in Montefianscone en volg antieke pelgrimspaadjies tot in Rome waar Pelgrims hul Compostela of "Testimonium" by die Vatikaan ontvang. Na afloop van die Camino vergesel Marina die groep na Guarda Samframondi om pasta-maak klasse te neem en die Italiaanse wynlande te gaan verken! Daarna het ons 'n bonus besoek aan die Amalfi-kus en 'n kuier in Napels is ingesluit voor die groep terugkeer na SA.

Akkommodasie op hierdie roete is beperk en ons kan slegs 12 pelgrims saamneem so opskud as jy wil saamgaan!
 
Kontak Marina by marina@stapdiecamino.co.za vir enige vlug of reisversekering navrae.
Navrae oor die Camino Francigena in Italië saam met Marina Loubser

Israel Toer saam met Alwyn Uys

02 - 10 September 2020

In Alwyn Uys se are pomp die bloed van 'n atleet al vir jare. Jy kan die deursettingsvermoë in sy woorde hoor, en in sy oë sien jy geen teken van onmoonlikheid nie.  Vyf jaar gelede het 'n traumatiese motorongeluk hom amper sy lewe gekos, en sy lewe soos hy dit geken het, verander.  

Alwyn is nou al vyf jaar beperk tot 'n rolstoel, maar dit is heel duidelik nie 'n beperking nie, want Alwyn doen meer in 'n rolstoel as wat baie mense op twee bene doen.  Alwyn was in 2019 die eerste Suid-Afrikaanse paraplegiese atleet om die Ironman te voltooi.  Alwyn is 29 jaar oud en bly in Durbanville.  Buiten vir sy atletiese aktiwiteite, blog hy op YouTube, kuier graag met vriende oor goeie koffie, en help mense om God se storie in hulle stories van gebrokenheid raak te sien. 

 "Ek sien uit om saam jou na Israel te toer, want God het n plan met ons elkeen en dis ons plig om sy doel vir ons lewe uit te leef. Kom ons ontdek dit saam!"

As jy belangstel in die toer,
vul asseblief die volgende aanlyn vorm in:
Aanlyn Vorm

Israel Toer in September Skoolvakansie
saam met Willem Botha van Didasko Bybelskool

Met opsionele toer na Jordanië en antieke stad Petra


20 - 29 September 2020

Gedurende die skoolvakansie lei Willem Botha van Didasko Bybelskool sy derde toer na Israel saam met ons. Willem se passie en fenomenale Bybelkennis maak 'n reis deur die Bybellande 'n lewensveranderende ervaring. Aangesien die toer gedurende die September skoolvakansie is, maak ons voorsiening vir gesinne en as bonus het ons ook 'n paar landbou besoeke in die reisplan ingesluit. Israel is leiers op vele landbou terreine en terwyl ons daar is, gaan wys ons julle graag hierdie vooruitstrewende land se geheime.

Die toer sluit al die bekende Israel besoeke in, maar ons het ook 'n paar ekstras ingesluit wat gewone toere nie altyd doen nie. Kontak my gerus vir meer inligting
 
Na afloop van die Israel toer gedeelte het ons ook 'n opsie om na Jordanië en die antieke stad Petra saam met Theo en Wilma Geyser van InVia te gaan.
 
Navrae oor die Israel Toer 2020
Mag jy 'n wonderlik en geseënde Kerstyd saam met jou geliefdes ervaar.
Rus lekker, kuier baie en geniet mekaar!

Vir enige navrae stuur gerus 'n e-pos na yolandi@tibtours.co.za
 
Groete
Yolandi van der Wath
TIB Tours
TIB Tours
Stap die Camino
Stap die Camino
Saam Oppad
Saam Oppad
Stap die Camino
Stap die Camino
Stap die Camino
Stap die Camino
Copyright © 2019 WeGo Journeys, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp