Copy
Turkye, die land waar die Evangelie eerste begin posvat het. Bybelplekke soos Tarsus - waar Paulus gewoon het, Antiochië - waar Barnabas Paulus se hulp ingeroep het om nie-Jode deel te maak van die Christen gemeenskap hier en natuurlik Efése - die bes gerestoureerde argeologiese area ter wêreld, eens die tuiste van beide Paulus en Johannes, met Maria se laaste tuiste net 'n entjie hiervandaan!

Hierdie land is so geweldig ryk aan Nuwe Testamentiese geskiedenis en besoekplekke wat jou weke lank sal kan besig hou!
 
So ons het die absolute hoogtepunte in een meesterlike en fynproewer toer saamgestel!

Turkye & Rome: 12 - 21 Junie 2020

Ons bied 'n totaal unieke toer aan na Turkye - met die moontlikheid om daarna 4 dae te verleng met 'n aansluitingstoer na Rome en Assisi - saam met Willem Botha van Didasko Bybelskool.

 
Turkye. Alhoewel vandag grotendeels onder Moslem beheer, hou hierdie merkwaardige land geheimenisse en bewyse van 'n Christus wat gekruisig is, en Sy eerste volgelinge wat hul hier kom vestig het in. Hierdie besoekplekke gee nie net insig in ons geloof nie, maar bly inspireer en verwonder!

Vir 300 jaar is mense hier vervolg omdat hul Christus aangeneem het, en die ommekeer met Keiser Konstantyn aan bewind (Istanbul was eens Konstantinopel) toe mense weer vervolg begin word as hul NIE Christene was nie!
Istanbul. Die geure, kleure en klanke van die Midde-Ooste is 'n lushof vir jou sintuie! Ons spandeer 2 volle dae hier en verken hierdie manjifieke stad se argitektoniese juwele, opwindende inkopiegeleenthede en beleef 'n Turkse kos-avontuur gedurende 'n "Tastes of Istanbul" kostoer.
Kappadosië. Stap deur die tonnels en kamers van 'n 7 verdieping ondergrondse stad in Kappadosië waar Christene weggekruip en geleef het. Sien hoe monnike wat nie kon skryf, die stories van die Bybel vir hul leerlinge in grotte, op Fresco's wat vandag nog bestaan, uitgebeeld het.
Die Kerk is op Pinksterdag in Jerusalem gestig. Volgelinge van Jesus as die Messias, begin daarna die Evangelie oor die wêreld versprei. Die heel eerste gemeente word deur die Apostel Petrus in Antiochië gestig en lidmate word vir die heel eerste keer "Christene" genoem. Dis ook hier waar Barnabas vir Saul in Tarsus kom soek en gevra het dat hy by die gemeente in Antiochië moet kom help (Hand 11:25-27).

Ons besoek Tarsus, waar Paulus gewoon het, en gaan dan na Antiochië, na die presiese grot waar daardie eerste Christene daagliks gebid het en van Jesus geleer is.
Die antieke stad Efése is vandag die mees ontwikkelde argeologiese terrein ter wêreld. 'n Besoek aan Efése laat jou verstom staan oor die gevorderde leefwyse wat mense meer as 2000 jaar terug hier gehad het. Die stad het eens die Tempel van Artemis gehuisves (een van die antieke wonders van die wêreld).

Vir ons as Christene was hierdie een van die Sewe Gemeentes van Asië en die tuiste van beide Paulus en Johannes. Sien een van die mees outentieke doopbaddens tydens die tyd van Paulus. Stap met die Marmer weg verby menige argitektoniese wonders o.a. die Celsius Biblioteek en eindig uiteindelik tot by die fenomenale Amfiteater waar beide Paulus en Johannes gepreek het, en ontvang hier by Willem die boodskap wat soveel Christene, ook Johannes se eie dissipels, toe nie mooi verstaan het nie!
'n Absolute hoogtepunt van ons toer is 'n bootrit na die nabygeleë eiland Patmos, vandag deel van die Griekse eilandgroep, waar Johannes heen verban is en waar hy die boek Openbaring geskryf het. Die heiligheid in die presiese grot waar hy gewoon het is vandag steeds tasbaar!
Rome. Dit maak net sin om Rome te besoek aan die einde van 'n toer wat die Apostels se lewens, en leëringe bestudeer het. Ons gaan verken die bekende bakens soos die Colosseum, die piaza's en fonteine, argitektoniese wonders soos die Parthenon en ervaar hierdie manjifieke stad soos wafferse toeriste.  Ons hoogtepunt is die Vatikaan, met museums en Sistynse Kapel - tweede belangrikste Christen destinasie naas Jerusalem.
Assisi. Ons toer eindig by hierdie vreedsame dorp, die tuiste van Franciscus van Assisi. Hierdie is vir baie pelgrims 'n eindbestemming na die via Francigena, 'n Camino deur Italië. St. Francis van Assisi, soos hierdie nederige man vandag bekend staan, het 'n keerpunt in die Christen geskiedenis tot gevolg gehad toe hy die Rooms-Katolieke kerk begin bevraagteken het, en in die proses weer mense tot hierdie geloof uit oortuiging, eerder as wet, laat keer het.
Hierdie toer neem jou na die hoogtepunte van Turkye en Italië se Nuwe Testamentiese geskiedenis, maar beloof ook van die mees opwindende ervarings - soos om met 'n warmlugballon oor Kappadosië te vlieg - volgens baie die heel beste warmlugballonrit ter wêreld!

Gaan doen inkopies in die Grand Basaar - die grootste onderdak mark van sy soort met bykans 4000 winkels, gaan op "Tastes of Istanbul" asook "Tastes of Rome" kostoere en geniet die kuier en samesyn wat net 'n toer soos hierdie kan bied!

Prys

Vanaf R 36 400 per persoon wat deel
Wisselkoers: Euro 1 = R 16.50


Hoogtepunte

2 Nagte Istanbul
2 Nagte Kappadosië
1 Nag Adana (Tarsus en Antiochië)
3 Nagte Kusadasi (Efése, Patmos, Maria se Huis)

Opsioneel:
2 Nagte Rome
1 Nag Assisi

 
Volledige Reisplan Navraag
KYK VIDEO:
In ons volgende nuusbrief gesels ons oor die Camino Santiago geleenthede vir 2020 asook ander staproetes in Frankryk en Italië.

Groete,
Yolandi van der Wath
Saam Oppad Saam Oppad
TIB Tours TIB Tours
Stap die Camino Stap die Camino
Stap die Camino Stap die Camino
Copyright © 2019 WeGo Journeys, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp