Copy
View this email in your browser
Liewe vriende

Ons vier hierdie naweek een van ons belangrikste, indien nie dié belangrikste Christen feeste. Dis 'n tyd vir onthou en dankie sê, maar ook saam kuier en ontspan danksy die lekker langnaweek!

Hoekom is Paasfees so laat in 2019?

In teenstelling met Kersfees, wat elke jaar op dieselfde datum val, is Paasfees 'n "veranderende fees". Dit beteken dat Paasfees elke jaar op ‘n verskillende datum val. In 2019 val Paasfees op 21 April - 'n volle drie weke later as Paasfees in 2018, wat op 1 April geval het. Die bepalende faktor vir hierdie verskeinsel is nie die Paashaas nie maar wel die Maan!

Om dit beter te verstaan, moet ons teruggaan na die wortels van die Pascha. Die Bybel gee nie 'n datum wat die kruisiging plaasgevind het nie, maar dit sê dat Jesus tydens die Joodse Pesah gekruisig is.
 
Pascha is afgelei van die Joodse woord Pesah wat “Passover” of “Verby gegaan” beteken. Met die heel eerste Pascha is ‘n vleklose lam geslag en sy bloed aan die Israeliete se deurkosyne gesmeer. In 1 Korintiërs 5:7 lees ons: "Want ons paschale lam, Christus, is geoffer."

Pascho in Grieks beteken “Om te lei”. Ons moet die belangrikheid van die Pasga vir die Jode verstaan. Die verbale vorm beteken om te beskerm en medelye te hê sowel as "pasga" (verbygaan). Die ervaring van die Israeliete was letterlik 'n "pasga", maar dit was ook 'n ervaring van beide God se medelye vir sy mense en 'n groot daad van beskerming. Kalendergewys is hierdie die eerste van die Jode se 7 jaarlikse feeste en word gevolg deur die fees van die ongesuurde brode wat 8 dae duur: Van Vrydag 19 – Saterdag 27 April 2019.
 
Op die Christen kalender bepaal Paasfees vele belangrike gebeure en tradisies o.a.:

Lent - 40 dae voor Goeie Vrydag
As Woensdag – 46 Dae voor Paasfees
Palm Sondag – 1 week voor Paasfees
Hemelvaartdag – 39 dae na Paasfees
Pinkster – 40 Dae na Paasfees
 
Die kruisiging en latere opstanding van Christus het plaasgevind tydens die Pesah. So vir Christene was Christus duidelik die Paschale Lam, die vervulling van alles wat die Pasga voorspel het sedert die eerste Pasga wat die bevryding van die Israeliete uit slawerny in Egipte gevier het.
 
So hoe word die datum bepaal?

Volgens die Katolieke tydskrif America: TheJesuitReview, het die Raad van Nicaea in die jaar 325 besluit om Paasfees "in die tyd van Jesus se Passie" te vier, die Christelike term vir die laaste dae van Jesus se lewe voor sy dood en Opstanding. Die Joodse kalender word bereken op grond van ‘maanmaande’. Om Paasfees met Pesach te koppel, het die Raad van Nicaea besluit dat Paasfees op die eerste Sondag na die eerste volle maan op of na die lente-equinox (die oomblik in die jaar wanneer die son presies bokant die ewenaar is en dag en nag ewe lank is) waargeneem word. Die Pasga begin op die 15de dag van die maand Nisan, wat tipies in Maart of April van die Gregoriaanse kalender val. Paasfees is 'n lentefees (Noordelike halfrond), so die 15de dag van Nisan begin gewoonlik op die nag van 'n volmaan na die noordelike vernal(lente) equinox.
 
En die Paashaas?

Volgens die Universiteit van Florida se Sentrum vir Kinder Literatuur en Kultuur kan die oorsprong van die viering - en die oorsprong van die Paashaas - teruggevoer word na die 13de eeu in voor-Christen Duitsland, toe mense verskillende gode en godinne aanbid het.

Die Teutoniese godheid Eostra was die godin van die lente en vrugbaarheid, en feeste is ter ere van haar gehou op die Vernal Equinox. Haar simbool was die haas as gevolg van dié diertjie se hoë reproduksie tempo.

Lente het ook nuwe lewe en wedergeboorte gesimboliseer; eiers was 'n ou simbool van vrugbaarheid. Volgens History.com verteenwoordig Paaseiers Jesus se opstanding. Hierdie vereniging het egter baie later eers gekom toe Rooms-Katolisisme die dominante godsdiens in Duitsland in die 15de eeu geword het. Dié nuwe beweging het reeds ingewyde heidense oortuigings en simbole van die omgewing aangeneem, onder andere die Paashaas en sy sjokolade eiers!
Kom saam met ons in 2019
Bybeltoer na Israel
20 - 29 September
saam met Rowland Jones & Hanno Enslin

Kontak Hanno vir volledige toerprogram en kostes
Whatsapp: +27 82 521 5712 |  hannoenslin@gmail.com
Stap die Portugese Camino de Santiago
13 - 24 September 2019

Tui tot Santiago  
10 Nagte  |  7 Stapdae  |  120km

(Opsie ook om vanaf Porto te begin - roete word dan 260km)
Navrae: yolandi@stapdiecamino.co.za
Matriek Vakansietoer na Israel, Petra en Instanbul
29 November – 9/12 Desember 2019
Kom sluit jou matriekjaar op ‘n hoë noot af en begin op die regte manier voorberei vir jou nuwe toekoms met hierdie fantastiese reis na Israel. Na afloop van die Israel gedeelte is daar die opsie om na Jordanië en die antieke stad Petra te gaan, asook na Istanbul.
 
Ons het beperkte aantal plekke so opskud as jy wil saamgaan!
 
Navrae: yolandi@tibtours.co.za
Om af te sluit, in teenstelling met ander gelowe vier ons Christene heeltemal te min fees. So gebruik hierdie naweek om nader aan mekaar, nader aan jouself en nader aan Hom te kom. 

Seënwense
Yolandi
Besoek gerus ons webtuiste of Facebook blad vir meer inligting:
Facebook
Facebook
TIB Tours
TIB Tours
Camino
Camino
Copyright © 2019 WeGo Journeys, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp