Copy
View this email in your browser

Liewe Vriende

Vandag bekyk ons ​​die bekendste van al die Camino roetes, die Camino Francés of die Franse Weg, van naderby. Hierdie is verreweg die bekendste en gewildste van die Camino roetes en word by die dag meer populêr onder pelgrims en avontuurlustige stappers.
 
Hierdie bly die uitverkore roete vir menige pelgrims omdat daar soveel wonderlike besienswaardighede langs die weg na Santiago de Compostela te vinde is. Terug in die Middeleeue het duisende pelgrims die Camino Francés geloop om uiteindelik die graf van die apostel Jakobus te bereik wat volgens oorlewering in die katedraal in Santiago geleë is.
 
Vandag in moderne tye het menige boeke, films en dokumentêre reeds die lig gesien om sodoende voornemende pelgrims te inspireer. Die gewilde rolprent 'The Way', met Martin Sheen in die hoofrol en sy seun Emilio Estevez as regiseur, is een van só 'n film, so indien die Camino op jou wenslysie is, maak seker jy kry hom te sien! Nader aan eie bodem is ons eie Ernst Grundling met sy gewilde boek 'Elders' wat ook tans as TV reeks deur Kyknet uitgesaai word. Indien jy dit gemis het is die reeks ook te sien op SHOWMAX.

'The Way' met Martin Sheen
'Elders' deur Ernst Grundling

Die volle roete is sowat 800km, maar jy kan gelukkig net 'n deel doen!

Die Camino Francés is 'n fasinerende roete wat kronkel deur prentjie-mooi klein dorpies, pragtige woude, verby middeleeuse kloosters en kastele en soms deur landelike plase en gemeenskappe. Die pad neem jou deur van die mooiste dele van Spanje, insluitend Pamplona, ​​Leon, Burgos en Galicië. Laasgenoemde is die finale stadium van die Camino Francés en daarom ook die bekendste, met Sarria as die beginpunt vir meer as 50% van moderne pelgrims. Met slegs 115 km tussen Sarria en Santiago, kan hierdie laaste stadium in 5 of 6 dae geloop word, wat dit 'n gewilde opsie vir pelgrims met beperkte tyd maak.

Groepstap in September 2018

Die meeste van ons pelgrims kies hul eie datums en afstand, maar een keer per jaar bied ons 'n begeleide groepstap aan. Ons volgende groepstap is in September 2018 vanaf Sarria na Santiago en my dogter, Lisa van der Wath, sal hierdie groep vergesel.
 
Wat is die voordele van 'n georganiseerde groepstap?
 
1. Is jy nie 'n gereelde reisiger nie? Dan gee hierdie opsie jou verseker gemoedsrus vir stresvrye lughawens, vlugte, oorplasings en sommer algemene reis logistiek.
 
2. Enkel en het nie 'n stapmaat nie? Ons sal vir jou 'n geskikte kamermaat kry. Enkelkamers is heelwat duurder!
 
3. Ontmoet bekende gesigte aan die einde van elke dag se stap om ervarings en stories te deel.
 
4. Alhoewel die groepleier nie as gids optree nie (jy het regtig nie 'n toergids vir die Camino nodig nie!), sal daar iemand naby wees om te help as jy enige probleme ondervind.
 
5. Om hierdie unieke ervaring met 'n groep nuwe vriende te deel, kan baie verreikend wees.
 
6. Op ons begeleide toere gee ons al die voorbereidingsmateriaal, reël oordragte, bespreek alle akkommodasie, reël bagasie vervoer daagliks tydens stapdae en voorsien jou van 'n gedetailleerde staphandleiding. Alhoewel dit nie moontlik is om heeldag as groep saam te stap nie, sal jou groepmaats dieselfde roete en afstand elke dag volg en jul sal moontlik mekaar langs die pad raakloop. 
 
7. Ons doen al die werk - jy hoef net te stap!
15 - 25 september 2018
9 Nagte Verblyf  |  6 Stapdae  |  Totale Stapafstand: 115 km
Vlugopsies vanaf Kaapstad OF Johannesburg
Meer Inligting
Volgende nuusbrief
Ons kyk na die Camino Portugees en gee 'n paar nuwe pakkette!

Dankie dat u hierdie nuusbrief gelees het. Tot volgende keer!
Yolandi van der Wath
Copyright © 2018 WeGo Journeys, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp