Copy
23 September - Jaco van Vuuren

Beste <<NickName>>
 
View this email in your browser

Blinde gehoorsaamheid verander lewens!


Vrydag kom Jaco van Vuuren (een van ons eie) getuig hoe blinde gehoorsaamheid sy lewe, sy gesin en mense met wie hy in aanraking kom verander.

Vrydag oggend 05h45, h/v Boland en Proteaweg, Durbanville

Boegoeberg Mannekamp

 
Ons sê baie dankie aan ons Hemelse Vader vir 'n baie geseënde kamp. 
Baie dankie vir elkeen se bydrae.  Ons glo dat julle sal vashou aan wat die Here vir julle bedoel.

Lesotho Uitreik


Jaco gaan ook as deel van sy getuienis die Vrydag meer vertel oor hierdie uitreik.  Hy vertrek as deel van die groep van 14 volgende Vrydag (30 September) na SCC. Hulle neem o.a. Sesotho Bybels vir hulle en spandeer waardevolle tyd met die kinders.  Hulle behoefte is ‘n kombi / bussie vir die tydperk. Enige bydrae tot vervoer sal waardeer word.
 

Outreach
Capitec
1279156056

Lees meer oor hierdie uitreik op ons website hier.

Jaco van Vuuren
0730176662
0219792225
0866172144 (f)  
jaco@memoryinstitute.co.za

www.memoryinstitute.co.za

Die klankopnames van die getuienis wat ons gedurende Augustus gehoor het, is nou beskikbaar op ons TGIF webbladsy.  Gaan luister of laai dit gerus af om later te luister.

So 2 of 3 jaar gelede het 'n groepie van ons TGIF manne een oggend gaan bid by Ou Kaapse Weg.  Riccardo, 'n bewaarder by Pollsmoor gevangenis, het saam met 'n groepie sommer net daar aangekom.  Dit was hulle eerste gebedsessie daar.
Hulle het vandaar besluit om elke week daar te gaan bid.  Daar het hulle 'n groter calling gekry en dit is hoe Projek Raven gebore is.


Projek Raven is 'n gesamentlike onderneming deur die Sons of God Ministries en Badisa, in vennootskap met ander interkerklike bedienings, om kospakkies van R200 elk aan sowat 5 000 gesinne langs die N1 tussen Kaapstad en Colesberg te verskaf. Die pakkies word van 14 tot 18 Desember 2016 versprei.

Gaan lees meer hieroor op ons webbladsy
hier.

TGIF Bydraes
 
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:  
 
 Rek Naam:          NG Kerk Bergsig
Verwysing:           TGIF
Bank:     ABSA
Takkode:   334810
Tipe Rek:   Lopende
Nommer:   141 059 0154
 
 
Die fondse word gebruik om weekliks die koffie, muffins en beskuit aan te koop asook om ’n kinderhuis in Mosambiek en The Veil met maandelikse bydraes te ondersteun. Indien die spreker voltyds in bediening is help ons hom ook om sy kostes te dek vir die oggend en word die orige muffins by Derrick se sopkombuis uitgedeel.
Julle ondersteuning sal waardeer word om voort te gaan met hierdie ondersteuning. Indien julle verder insae wil hê is julle welkom om met Oswald en Leon te gesels hieroor.

Nederigheid kan nooit val nie.

C.J. Langenhoven

Wil jy graag inligting verander?
Opdateer asseblief jou besonderhede of ontrek aan hierdie lys.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Durbanville TGIF · Bergsig NG Kerk · Cnr Protea and Boland Avenue · Durbanville, Western Cape 7550 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp