Copy
5 Augustus 2016 - Oswald Opperman
 

Beste <<NickName>>
 
View this email in your browser

"God is aan die beweeg”

Oswald het gedurende Julie Thailand besoek as deel van ‘n uitreik om ons sendelinge daar by te staan.   Oswald beskryf dit as ‘n lewens veranderende besoek.  Tydens die besoek het hulle wonderlike mense ontmoet en gelooflike geestelike ervarings gehad. 
Oswald skryf: “during our visits to some pastors in remote villages we encounter some extremely beautifull places. But also some amazing spiritual encounters and discussions about their mission field.”

Natuurlik het Oswald ook tyd ingeruim om die beste koffies van Thailand te proe en om te leer by al die baristas.

Die tema vir die besoek was dat “God aan die beweeg” is en Oswald gaan ons vertel hoe hulle dit in Thailand ervaar het. 

TGIF Mannekamp - 16,17 en 18 September

Hou solank jou dagboek oop (Inligting hier)
Vrydag oggend 05h45, h/v Boland en Proteaweg, Durbanville
Klankopnames:  Die klankopnames van ons 2de kwartaal sprekers is nou op ons webbladsy beskikbaar.  Gaan maak gerus 'n draai op ons bladsy (hier), luister na die opnames of laai af om later in jou motor te luister.
Ons TGIF kamp vind weer by Boegoeberg plaas (naby Clanwilliam) oor die naweek van 16, 17 en 18 September.  Dit is ongeveer 203km vanaf Bergsig NG kerk tot by die indraai na plaas.  Dit beloof weer om om 'n onvergeetlike ervaring te wees wat sal lei to geestelike verdieping.  Teken solank die naweek in jou dagboek aan.

Die kampreëlings, kostes en verder aanwysings sal volg!  Hou asseblief ons website dop.....
TGIF Bydraes
 
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:  
 
 Rek Naam:          NG Kerk Bergsig
Verwysing:           TGIF
Bank:     ABSA
Takkode:   334810
Tipe Rek:   Lopende
Nommer:   141 059 0154
 
 
Die fondse word gebruik om weekliks die koffie, muffins en beskuit aan te koop asook om ’n kinderhuis in Mosambiek en The Veil met maandelikse bydraes te ondersteun. Indien die spreker voltyds in bediening is help ons hom ook om sy kostes te dek vir die oggend en word die orige muffins by Derrick se sopkombuis uitgedeel.
Julle ondersteuning sal waardeer word om voort te gaan met hierdie ondersteuning. Indien julle verder insae wil hê is julle welkom om met Oswald en Leon te gesels hieroor.

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was.

C.J. Langenhoven

Wil jy graag inligting verander?
Opdateer asseblief jou besonderhede of ontrek aan hierdie lys.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
TGIF Bergsig · Bergsig NG Kerk · Cnr Protea and Boland Avenue · Durbanville, Wc 7550 · South Africa

Email Marketing Powered by MailChimp