Copy
Aktiveer vir 2020

Beste <<NickName>>
 
View this email in your browser

Hallo daar aan elke kind van God en liggaam van Christus.

Baie dankie dat julle die tyd uitkoop om hierdie wonderlike geleentheid by te woon en waarvan die naweek se onderwerp gaan oor “Aktiveer VIR 2020”.  Ek dink almal sal saamstem dat ons nie net nog ‘n jaar van geestelike volmaak kan deurgaan sonder om die vrug daarvan te sien nie. Hierdie SAL vir jou lewens veranderend wees en die konferensie is op JOU gefokus.

Die konferensie is JUIS gemik om JOU te aktiveer, maar ook oor die PRAKTIESE dinge te gesels hoe om die WOORD ‘lewend’ te maak in jou lewe, elke dag! Die span wie kom dien het laat weet dat elkeen moet regstaan, elkeen moet weet dat nie een persoon oorgeslaan gaan word nie, aktivering op groot skaal. Die keer werk ons ook met Heilige Gees krag en JOU geestelike gawes!

Hierdie seminaar doen die volgende vir JOU;
•    Leer jou ‘n spesiale fokus op JOU Identiteit
•    gefokusde gesels oor jou MANWEES funksie
•    ons gesels oor JOU vrug wat jy wys, en die realiteit daarvan
•    ons gesels oor ware worship en eenheid met ons Vader
•    ons gaan kyk na die funksie van die WOORD vandag, en hoe ons daarmee moet werk/leef
•    dan praat ons lekker oor “Accountability” – hoekom nodig en hoe werk dit?
•    *Nota: met alle onderwerpe gaan ons saam lekker sterk PRAKTIESE byvoeg.

Waar: Bergsig Konferensiesentrum op die H/v Protea- & Bolandweg, Vierlanden, Durbanville
Tyd:       Vrydagaand 7 Februarie 2019 vanaf 18h00 – 21h00
Saterdag 8 Februarie 2019 vanaf 09h00 – 17h00. 

Die koste per Boeta/persoon is R 250.00 en sluit verversings en Saterdagmiddag se ete in. 

Ons wil graag ook ‘n geleentheid gee vir pa’s om saam met hulle seuns die geleentheid by te woon en daarom is hoërskool seuns ook welkom teen dieselfde koste. 2020 Is ‘n baie unieke jaar van geleenthede, MOENIE dit mis nie en bring ASB iemand saam! 

Kom investeer (saad) in jou eie lewe; saai asb jou R250 in by:

        N G Kerk Durbanville Bergsig
        Absa
       Tjek rek no:  1410 590 154
       Verwys:     KONF---Jou van

Ons sien uit met ‘n massiewe verwagting wat God hierdie naweek in elke persoon se lewe gaan doen, dat jou dinamika sal uitkom en dat niemand onveranderd huis toe sal gaan nie.

 

Vrydag oggend 05h45, h/v Boland en Proteaweg, Durbanville
TGIF Facebook Blad
Volg ons op Instagram
Twitter
Website
Wil jy graag inligting verander?
Opdateer asseblief jou besonderhede of ontrek aan hierdie lys.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Durbanville TGIF · Bergsig NG Kerk · Cnr Protea and Boland Avenue · Durbanville, Western Cape 7550 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp