Copy
31 Januarie 2020 – Gerhard van der Westhuizen

Beste <<NickName>>
 
View this email in your browser

DAAR KOM ‘N DAG IN ELKE MAN SE LEWE OM OP TE STAAN

My pad is een wat altyd gefokus was op God se Wil vir my lewe. Dit was eers toe die uitdagings en groot mislukkings gekom het, dat my karakter en my diepte in God getoets kon word.
Die dag om ‘n keuse te maak of ek my vrou en tweejarige tweeling dogtertjies gaan in die oë moet kyk en se daar is nie kos in die huis nie. Die rede: omdat ek nie oor my eie “issues” kan kom nie. Daar was ‘n dag wat ek die regte keuses moes maak om op te staan vir myself eerste en vir hulle.
Vandag weet ek God se plan is die enigste plan vir ons lewens!

Ek is 27 jaar getroud met my skoolmeisie van matriek. Ons het 3 dogters. Ek is die oudste van 3 broers . Ek leef om mense te help uitkom by hulle pad soos God dit bepaal het. My verhoudinge op alle vlakke van my lewe is gefokus op die vestiging van God se koninkryk op aarde.


Gerhard van der Westhuizen kom lewer Vrydag sy getuienis.  Hy is ook betrokke by ons TGIF mannekonferensie volgende naweek.

Vrydag oggend 05h45, h/v Boland en Proteaweg, Durbanville
TGIF Facebook Blad
Volg ons op Instagram
Twitter
Website
TGIF Bydraes
 
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:  
 
 Rek Naam:          NG Kerk Bergsig
Verwysing:           TGIF
Bank:     ABSA
Takkode:   334810
Tipe Rek:   Lopende
Nommer:   141 059 0154
 
 
Die fondse word gebruik om weekliks die koffie, muffins en beskuit aan te koop asook om ’n kinderhuis in Mosambiek en The Veil met maandelikse bydraes te ondersteun. Indien die spreker voltyds in bediening is help ons hom ook om sy kostes te dek vir die oggend en word die orige muffins by Derrick se sopkombuis uitgedeel.
Julle ondersteuning sal waardeer word om voort te gaan met hierdie ondersteuning. Indien julle verder insae wil hê is julle welkom om met Oswald en Leon te gesels hieroor.
Wil jy graag inligting verander?
Opdateer asseblief jou besonderhede of ontrek aan hierdie lys.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Durbanville TGIF · Bergsig NG Kerk · Cnr Protea and Boland Avenue · Durbanville, Western Cape 7550 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp