Copy
18 Maart 2016 - Andre en Marina Olivier

Beste <<NickName>>
 
View this email in your browser

Die Here gebruik gewone mense


Andre en Marina Olivier is  twee passievolle navolgers van Jesus.  Hulle het gebeds uitreike na Thailand begin doen in 2012 en Julie 2013 het die roeping gekry om voltyds in Thailand, spesifiek in die Sisaket provinsie, te gaan sending werk doen.  Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir "omgee") begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.

Hulle kom uit ons eie geledere en kom deel met ons wat hulle die afgelope twee jaar beleef het. Kom luister na hoe God gewone mense soos ek en jy gebruik om Sy groot opdrag uit te voer.

 

Bedienings
Gaan kyk asseblief op ons website (hier) indien u na klankopnames van vorige sprekers wil luister.  Sien ook meer inligting oor TGIF Aktiwiteite. 
Kontak Oswald indien u wil hê dat ons enige aktiwiteite op die web bladsy moet plaas (hier).  Gaan kyk ook op ons Facebook bladsy (hier).
Jesus se hemelvaart het alles te doen met Sy finale oorwinning, Sy mag oor Sy vyande en oor Sy heerskappy oor die kerk en die wêreld.
 
Coenie Burger
Braam Grobbelaar
 
Die klankopname van Vrydag oggend is beskikbaar op ons website. Gaan kyk by http://tgifcape.co.za/ en luister na Braam se inspirerende getuienis.

Die gewilde TGIF fietstoer vind weer plaas vir die 5de keer vanaf 22 April.  Die doel is vir fondsinsameling vir Huis Jabes en vir Huis Andries Olivier.  Hulle het die vorige 4 jaar altesaam al R360 000 ingesamel.

Vanjaar neem ongeveer 30 ryers deel en is daar selfs 'n waglys.  Hulle vra asseblief of daar nie van die TGIF manne is wat hulle finansieel sal kan ondersteun nie. 

Kontak asseblief vir
Solms van Niekerk
by Solms@liebengroup.co.za / 083 658 5066.

Paasfees

Vir elke Christen is die kruis en Jesus se oop graf iets wat betekenis aan ons lewe gee. Dit is simbole wat sê: daar is ‘n baie duur prys betaal sodat ek eendag aan God se voete kan sit.
Dit is juis hierdie stukkie geskiedenis van die Christelike geloof wat God se genade wys. Want Jesus het vir ons sonde gesterf, maar is ook uit die dood uit opgewek.

Vrydag 25 Maart is Goeie Vrydag en daar sal geen TGIF wees nie.  Ry asseblief versigtig en namens almal by TGIF wil ons u 'n baie geseënde Christus fees toewens.
TGIF Bydraes
 
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:  
 
 Rek Naam:          NG Kerk Bergsig
Verwysing:           TGIF
Bank:     ABSA
Takkode:   334810
Tipe Rek:   Lopende
Nommer:   141 059 0154
 
 
Die fondse word gebruik om weekliks die koffie, muffins en beskuit aan te koop asook om ’n kinderhuis in Mosambiek en The Veil met maandelikse bydraes te ondersteun. Indien die spreker voltyds in bediening is help ons hom ook om sy kostes te dek vir die oggend en word die orige muffins by Derrick se sopkombuis uitgedeel. Julle ondersteuning sal waardeer word om voort te gaan met hierdie ondersteuning. Indien julle verder insae wil hê is julle welkom om met Oswald en Leon te gesels hieroor.
Wil jy graag inligting verander?
Opdateer asseblief jou besonderhede of ontrek aan hierdie lys.