Copy

Doen Dit Net

Kry die huppel terug in jou stap. Klein aanpassings maak 'n groot verskil. Ons wys jou hóé met ons DDN-aksieplan

Sluit aan

Beste Luisteraar

Niemand WIL vet wees nie! Met RSG se Doen Dit Net Aksieplan kan jy nie net die vetrolletjies laat wegsmelt nie, maar ook fikser word, en ook jou kop in rat kry.

Die geheim van die program is om nie te tob nie, maar net aan die gang te kom, want dan gaan jy chemiese stowwe in jou liggaam aanskakel wat dit dan weer makliker maak. Lees my storie, dan sal jy sien wat om min of meer te verwag. Skryf gerus aan my by gesond@rsg.co.za en laat my weet hoe jy oefen, vorder of wat jou laat vasdraai.

Dus: Welkom aan boord. Hier gaat ons met Week#1.

Marí en die DDN-span

Week#1 
Maak 'n kopskuif, twee eet-veranderings en begin oefen (geleidelik). Klik hier om te begin.

Verdere inligting

Op jou merke: Maak seker jy het hierdie doen-lysie afgetik vóór jy met Week#1 begin.
Hoe hard moet jy oefen?: Só meet jy jou oefeningsintensiteit deur jou hartspoed of hoe jy voel.
Bykomende dieet inligting: Hier is skakels na programme oor oorgewig, dieet, vegan-planne, kinders, insulien en Banting.
My storie. Ek het ook met die plan begin en is een week vooruit, juis dat ek my ondervinding met jou kan deel.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.