Copy
NUUSBRIEF 9 | September 2017 
Goeiedag Luisteraar

Waar sal ek begin....by die rugby? Nee wat, laat ek nie nou onnodig wonde oopkrap nie; laat die Springbokke maar eers met rus.

Ek het nietemin ‘n paar goed op die hart om met jou te deel. Die bekroonde RSG Kunstefees op lug gaan vanjaar ‘n anderste baadjie aantrek. Dit sal RSG Woordkuns genoem word en net twee dae duur. Dit is RSG se poging om by te dra tot die broodnodige besparingsmaatreëls by die SAUK. Ons sal dus nie konserte en groot produksies kan aanbied soos in die verlede nie, maar ons gaan fokus op drama, digkuns, voorlesings en so ‘n titseltjie humor. Meer hieroor by ‘n latere geleentheid.
  
Ons beplande Afrikaanse radio 80-danspartytjie in die Kaap, is ook van die baan. Die 80-verjaardagvieringe sal dus net op lug gevier word met programme uit die argief en musiek uit die vergange dae van radio. In hierdie finansiële krisis-tyd by die SAUK, waarvan deeglik van bewus is, is daar nie geld vir luukses nie.

En nou terug by die rugby: ek kry baie klagtes van erg omgekrapte luisteraars wanneer ons nie sekere rugbywedstryde regstreeks uitsaai nie; soos nou onlangs met die Springbokke se drie oorsese Rugbykampioenskap-wedstryde teen Argentinië, Australië en..wel, daai span, jy weet. Die storie werk so: rugby-uitsaairegte het ‘n ongelooflike duur sakeonderneming geword. Dié wat die regte kry, betaal miljoene daarvoor; die mededinging is sterk. Sommige entiteite onderverkoop weer die uitsaairegte aan ander uitsaaiers wêreldwyd. Die regte vir alle wedstryde setel ook nie alles by dieselfde organisasie nie. So byvoorbeeld setel die regte vir die Suid-Afrikaanse been van die rugbykampioenskap by ‘n ander organisasie as waar die regte vir die oorsese wedstryde setel. Die SAUK kon hierdie wedstryde se regte bekom, maar nie die oorsese wedstryde nie.

Nou hoekom kan Supersport alles uitsaai?, hoor ek jou vra. Supersport is ‘n sake-onderneming wat net op sport fokus. Die SAUK is ‘n openbare diens-uitsaaier wat op baie meer as sport moet fokus; kultuur, musiek, godsdiens, jeug, opvoedkunde, vermaak, nuus, aktualiteit, drama, sport ens. Dit is dus onmoontlik om soveel miljoene net aan sport te spandeer - ook vir my - onbillik om dít van die SAUK te verwag. Maar wees verseker, RSG sal jou altyd ingelig hou oor wat in die sportwêreld aangaan; of dit nou regstreekse kommentaar, verslae of tellings is.

Ons bly steeds vrolik hier op kantoor en maak dinge vir ons aangenaam, soos wanneer my kantoor ‘n dansvloer word vir die danstreffer in Oggend op RSG. (Klik hier om na die video te kyk). Ek is mos nou immers aan die fiks word met ons Doen Dit Net aksieplan. En jy?

Groete uit Aucklandpark.

Magdaleen

GENIET ERFENISMAAND EN WEN

Gratis toegang tot CapeNature reservate tussen 18 en 25 September
Advertsie artikel
CapeNature bied vandeesweek gratis toegang tot hulle lieflike natuureservate regoor die Wes-Kaap. Stem vir jou gunsteling CapeNature reservaat en wen ‘n naweek wegbreek ter waarde van R2000 – klik hier om deel te neem. Lees meer
IN DIE NUUS
 
Gesprekke en besprekings op PraatSaam en Monitor/Spektrum werp lig op die jongste nuus, politieke gebeure en ander aktuele sake.
WAT IS NUUT?
 
Stralerjakkers is terug in die vorm van die nuwe oggend-boekvoorlesing. En Girly Lubbe gaan die leeswerk doen!
Stralerjakkers begin op 31 Oktober.
Ontmoet Fritz Klaaste
Fritz Klaaste is ‘n man vir musiek, Ferrari's en sy gesin. Hy het pas oupa geword van die kleine Milan. Lees meer.
LUISTER WEER
 
As jy hierdie misgeloop het, is dit maklik om weer te luister.
Groeipyne: Hoe gemaak as jou kind sy sport wil los?
 
Regsake: Alles oor kuratorskap, insolvensie en likwidasie
Hoe verklaar jy dit? Waarom is die suiderligte nie sigbaar uit ons land nie?
Gesondheid: Kinders se vernoude lugpypies word met fyn chirurge herstel.
Uit ons argief: Onthou jy Skote Petoors?
Sondagjoernaal: Hoe moet ons dink oor die dood, en lewe ná dood?
KITSSKAKELS
 
Dis maklik om RSG programme en skedules op die webblad te vind
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
PROGRAMSKEDULE
As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
SPORT
Daar's elke dag sportprogramme
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
BESTEL
Programme op CD of skakel (011)714-6886
POTGOOIE
Baie programme is op potgooi beskikbaar
Deel
Twiet
Stuur aan
Kopiereg © 2017 TGD namens RSG, Alle regte voorbehou.