Copy

Doen Dit Net

Aksieplan Week#7
word saam met ons fikser en skraler

Beste Luisteraar

Martelize Brink is onstuitbaar. Sy is in ‘n rolstoel, maar dít keer haar nie om oefening te doen nie. Sy vertel en wys hoe sy oefening doen om mense wat weens rug- en beenprobleme nie kan stap of draf nie. As sy dit kan doen, laat dit jou inspireer om dit ook te doen.

Hoe gemaak om gesonder te eet as ek vir my huismense moet kosmaak? Hoe kom ek gemotiveerd om te oefen? Dís maar twee van die vrae wat opgeduik het in die bestekopname. Ons het die algemeenste vrae geïdentifiseer en ons gee antwoorde en raad wat jou kan help om oor jou eie hekkie te spring. Want ons gaan nie toelaat dat hekkies ons aksieplan na n skraler en fikser lyf in die wiele ry nie!

Geniet jou Parkrun môre-oggend. Dra iets geel vir RSG, en stuur ‘n foto aan gesond@rsg.co.za.

In my agste week, is ek weer voluit aan die oefen. Lees meer. Hier is Week#7 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Komaan, ons seil saam met jou oor die hekkies, rolstoel en al.

Marí en die DDN-span

Week#7

Hierdie week inspireer Martelize ons met haar oefenprogram, fokus ons op suiwelprodukte, en help ons jou om jou struikelblokke te oorkom. Sterkte vir jou eerste Parkrun môre-oggend! Dra iets geels sodat ons jou kan uitken, neem ‘n foto en stuur aan gesond@rsg.co.za. Lees meer.

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy ons vorige nuusbriewe en weekplanne misgeloop het, klik net hier.
Seil oor daai hekkie: Hier is advies om jou struikelblokke te oorkom.
Martelize wys hoe om te oefen: Dié oefeninge kan mense met rug- of beenprobleme help.
My storie: In my week#8 gaan dit voor die wind met my oefen- en eetplan.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.