Copy

Somervakansie 2017!

Beste Luisteraar

Nou-ja, hier is ons nou by die einde van 2017. Maklik die uitdagendste en frustrerendste van al my  jare by die SAUK. Kollega Amore Bekker het vroeër vanjaar ‘n nota op my lessenaar kom sit. Ek het dit teen my rekenaar geplak:..”ons is gemaak vir hierdie tye”. Inderdaad; RSG se personeel, al die vryskut-medewerkers en die luisteraars het dit bewys. Daar was soveel dinge wat ons almal moes trotseer, maar waaroor ons nie direkte beheer het nie. Die nuwe jaar, 2018, gee egter opnuut geleentheid om vars en met nuwe energie uitdagings aan te pak. Hoog op die prioriteitslys vir aandag  is die voortdurende  senderprobleme met RSG se uitsendings, regstreekse rugbykommentaar  en die baie kinderprogramme.

Baie dankie aan jou vir wat jy vir RSG beteken, dat jy vir ons terugvoer gee, opbouende kritiek, voorstelle maak en dikwels sommer net ‘nondersteunings e-pos of oproep. Ons waardeer dit.

Vrede en veiligheid vir julle…..RSG gaan nie met vakansie nie, jy sal steeds ons geselskap kan geniet waar  jy ookal is.    

Magdaleen en die RSG-span

IN DIE NUUS

Gesprekke en besprekings op PraatSaam en Monitor/Spektrum werp lig op die jongste nuus, politieke gebeure en ander aktuele sake.

ONS SPESIALE PROGRAMME VIR DIE FEESGETY

Ons bied jou, soos jare reeds die tradisie is, spesiale programme op oukersaand, Kersdag en oujaarsaand aan, maar vir die eerste keer bring ons jou ook opskietprogramme soos Middernag Serenade met Jacques Arendt agter die mikrofoon. Lees meer.

HALLO EN KOEBAAI

Ons verwelkom ‘n nuwe boekvoorlesings saans en neem afskeid van die jongklomp van Ratels.

Die Bergengel deur Carina Stander, (uitgegee deur Protea) is ‘n mistieke en allegoriese fantasieverhaal van grootword en groei wat tot volwasse sowel as jong volwasse luisteraars sal spreek. Pieter van Zyl lees van Donderdag 14 Desember elke weeksaand om 21:10 in RSG se aand-boekvoorlesing Carina Stander se Die Bergengel voor.
Lees meer.
Ratels, die gewilde jeugverhaal, groet ná byna 9 jaar op lug. Leon van Nierop en van die jong akteurs deel hul ervarings oor die jare op die stel.
Lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Moenie komkommer nie, klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

Radioteater

Spieelbeeld deur Ronel Mostert is ‘n liefdesverhaal met ‘n kinkel.

Lees verder »

Sterre en planete

Die span vertel hoe jy na die naghemel moet kyk.

Lees verder »

Regsake

Dié regskwessies is vir elke motoris van belang.

Lees verder »

Hoe verklaar jy dit?

Waar kom liggaamshitte vandaan? Kundiges beantwoord vrae.

Lees verder »

Groeipyne

O maggies, my kind vloek soos ‘n matroos! Wat nou?

Lees verder »

Gesondheid

Waarom kry ouer mense katarakte en hoe werk lens-inplantings?

Lees verder »

KITSSKAKELS

Dis maklik om RSG programme en skedules op die webblad te vind
BESTEL Programme op CD of skakel (011)714-6886
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Kopiereg © 2017 TGD namens RSG, Alle regte voorbehou.


Wil jy die manier verander waarop die nuusbrief ontvang?
Jy kan
jou voorkeur-metode opdateer or jou intekening skrap.