Copy
 
logo-top
 
 
 
VREDE & VOORSPOED
16 Desember 2016
 

Beste Luisteraar

Ons kyk terug op ‘n interessante 2016, want dit was ‘n jaar van uitdagings en prestasies. eOns moes omtrent bontstaan om die beleid van 90% plaaslike musiek en sewe ure kinderprogramme per week te akkommodeer. Die nuwe metingstelsel om luistersyfers te bepaal, was ook ‘n nuutjie.Maar nou kan ons aankondig dat RSG se luistersgetalle,volgens die nuwe syfers wat pas bekend gemaak is, gestyg het: ons is nou die sewende grootste radiostasie in die land. Ons is ook trots op die vyf toekennings wat onlangs aan ons toegeken is en die vier boeke en CD wat tans op die rak is.
Vrede vir jou vir die Kerstyd. Om Kersdag te vier, bied ons ‘n baie spesiale
program aan op Kersdag. Mag almal veilig en met nuwe ywer en vrolikheid die nuwe jaar binnegaan. Ons hoop jy kan êrens jou voete in koel water doop. Dankie vir jou ondersteuning die afgelope jaar; ons waardeer jou.

 

 
Magdaleen en die RSG span
 
 
 
Ons is trots
 
 
 
set10-image2
 
 
5 Toekennings
Vyf RSG-spanlede is onlangs bekroon met joernalistieke toekennings.
Lees meer.
 
 
set10-image3
 
 
4 Boeke en ‘n CD
Een van die RSG-boeke wat nou op rak is, is ‘n topverkoper.
Lees meer.
 
 
 
 
Seënwense, voorspoed en vrede vir al ons luisteraars
 
set7-image13
 
Ons het ‘n hele Kersboom vol spesiale programme vir Kersdag, van Kersmusiek tot kinder-Kersprogramme tot ‘n Kersdrama. Klik hier vir ons volledige Kersdagprogram.
 
 
 
Moenie dit misloop nie!
 
Meer inligting oor ons drama Die Sneeuman, ons Kersdrama Somer van ses-en-vyftig, en ‘n nostalgiese kykie agter die skerms toe Mimi Coertse in 1974 Stille Nag opgeneem het. .
 
image5
 
Die sneeuman
Gaan die Downsindroom seun se pa opdaag en saam ‘n sneeuman bou?
LEES MEER
image6
 
Kersdrama
Somer van ses-en-vyftig is ‘n anderste verhaal oor die verlore seun.
LEES MEER
image7
 
 Mimi se Stille Nag
Die storie toe Mimi Coertse in 1974 Stille Nag opgeneem het.
LEES MEER
 
 
Beleef Antarktika op Brekfis met Derrich
 
set7-image13
 
Herman van Niekerk is een van vier geoloë wat op 30 November 2016  op die Agulhas IIna Antarktika vertrek en op 7 Februarie 2017 terugkeer. Hulle deel hulle reis  Saterdagoggende 9.00 op Brekfis met Derrich. Klik hier vir indrukwekkende video's en foto's.
 
 
 
LUISTER WEER
Die bestes van die week
 
As jy hierdie programme misgeloop het, kan jy steeds saamgesels. Luister weer.
 
set10-image2
 
  #1 Regsake
Grootouers se regte oor kleinkinders.
set10-image7
 
#2 Gesondheid
Het jy voet- of enkelprobleme?
set10-image8
 
#3 Groeipyne
Maak die reis met jou kind makliker.
 
 
 
Kitsskakels
 
Dis maklik om RSG programme en skedules op die webblad te vind
 
 
image
 
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
image
 
PROGRAMSKEDULE
As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
image
 
SPORTPROGRAMME
Daar's elke dag sportprogramme
 
 
image
 
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
image
 
BESTEL PROGRAMME
Bestel dit op CD by Radiopro of skakel (011)714-6886
image
 
POTGOOIE
Baie programme is op potgooi beskikbaar
 
 
Sien alles
 
TUIS  |  KONTAK ONS






This email was sent to <<E-posadres>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
TGD namens RSG · The Old Biscuit Mill, The Silo, 5de vloer, Albertstraat 373, Soutrivier · Kaapstad, Wes-Kaap 7925 · South Africa