Copy

Doen Dit Net

Beste Luisteraar

Baie Banters dink hulle het ‘n vrypas om oneindig baie vetterige vleis te  eet en hul bord te oorlaai met spek en tjops. Maar hulle sit die pot erg mis. Lees en luister hoe min prof. Tim Noakes self eet en dat hy glad nie oorboord gaan met vette nie.

Vergewis jou ook van die jongste feite oor hoe ‘n hoë-vet dieet LDL-cholesterolvlakke kan verhoog en saam met te veel suiker in die bloed (wat inflammasie in die bloedvate aktiveer in veral diabete of mense wat insulien-weerstandig is), tot bloedvatskade en ‘n verhoogde kans op ‘n hartaanval kan lei. Rook verhoog dié risiko op ‘n hartaanval nóg meer. Hou maar liefs die bloedvate so oop en skoon as moontlik, want minder soetgoed en meer groente kan boon-op jou bloedvate – en al jou liggaamselle –  langer jonk hou.

Die eerste spiergroepe wat mens moet versterk, is jou maag- en rugspiere, want dit vorm die kern van jou lyf. Ons wys jou presies hóé om te begin.

Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend. Dra iets geel vir RSG, en stuur ‘n foto aan gesond@rsg.co.za.

Ek is in my elfde week van oefening, en het geswig voor die versoekings en minder geoefen. Maar ek gaan nie dat dit my van koers kry nie.

Hier is Week#10 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Moenie moed opgee as dinge nie ideaal verloop nie. Vergewe jouself en begin net weer.

Marí en die DDN-span

Week#10

Hierdie week wys ons jou hoe om jou maag- en rugspiere te versterk, en vertel ons meer oor vette. Ons DDN-deelnemer van die week, Sophia Malan van Hermanus, vertel van haar parkrun. Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend! Dra iets geels, neem ‘n foto en stuur aan gesond@rsg.co.za. Lees meer oor Week#10

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy ons vorige nuusbriewe en weekplanne misgeloop het, klik net hier.
Versterk jou maag- en rugspiere só: Ons wys met sketse en video's presies hóé.
Wat gebeur met vet in jou bloed? Só verander dit jou bloedvate van binne.
My storie: In my week#11 swig ek voor versoekings soos melktert en oefen ek min.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.