Copy

Doen Dit Net

Aksieplan Week#9

Beste Luisteraar

Het jy geweet ‘n glas melk word deur navorsers beskou as een van die beste sport-hersteldrankies wat bestaan? Een glas koeimelk bevat sowat 10 gram proteïene, en dié proteïene is 20% wei-proteïene en 80% kasseïen-proteïene met laasgenoemde gewoonlik die een wat laktose-intoleransie kan veroorsaak (mens borsmelk-proteïene bestaan 60% uit wei-proteïene).

Kyk net na dié interessante somme: ‘n Mens benodig sowat 0,8 gram proteïene per 1 kg gewig, dus sal iemand van 80 kg sowat 64 g proteïene per dag benodig. Drie glase melk verskaf dus 30 gram proteïene per dag – byna die helfte van die proteïene wat iemand van sowt 80 kg nodig het. En afgeroomde/vetvrye melk het netsoweel proteïene in as volroommelk. ‘n Glas tjokolade-melk ná oefening help dat die spiere gouer herstel, het navorsers bevind. Lees en luister meer oor die rol van melk, suiwelprodukte en laktose-intoleransie, in welke geval jy jou proteïene op ander maniere moet inkry.

Het jy skouer- of nekpyn van ure se rekenaarwerk? Hier is raad.

Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend. Dra iets geel vir RSG, en stuur ‘n foto aan gesond@rsg.co.za.

Ek is in my tiende week van oefening, in die Oos-Kaap, en dis nogals moeilik om koers te hou buite my eie daaglikse roetine.

Hier is Week#9 se Kopplan (hoe die brein herprogrammeer by ‘n nuwe gewig), Oefenplan en Eetplan.

Vasbyt dwarsdeur die plato en die brein-herprogrammering.

Marí en die DDN-span

Week#9

Hierdie week berei ons jou voor vir jou eerste gewigsverlies-plato (want dit gaan elkeen een of ander tyd tref) en kry ons ‘n helikopter-uitsig op ‘n ideale hoofmaaltyd. Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend! Dra iets geels en neem ‘n foto en stuur aan gesond@rsg.co.za. Lees meer oor Week#9

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy ons vorige nuusbriewe en weekplanne misgeloop het, klik net hier.
Skouer- en nekpyn? Hier's raad vir die pyne wat opduik van ure voor die rekenaar sit.
Hoeveel melk is gesond? Alles oor suiwelprodukte, gesondheid en laktose-intoleransie..
My storie: In my week#10 kuier ek in die Sondagsriviervallei en die versoekings is groot.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.