Copy

Doen Dit Net

Ons is by Week#5 van ons aksieplan om fikser en skraler te word.

Sluit aan

Beste Luisteraar

In ons Doen Dit Net Aksieplan sê ons jy moet nie juis tob voordat jy oefening doen nie, maar net inspring en doen. En dat die plan niks met lus te doen nie: dus wag ons nie om lus te word vir oefen of eet ons agter lus aan nie. Maar al moet ons nie dink nie en ons nie steur aan lus nie, werk ons met plan en doelwitte om gewig te verloor en fikser te word.

Daarom moet ons gereeld kyk of ons op koers is; ek noem dit BOSS (Bestek Opname van Suksesse en Struikelblokke).

Klik hier en vul ons eenvoudige BOSS-vraelys in.

Wat is jou uitslae?

  • Bollende seile: Jy is op koers as jy 3 – 5 keer per week geoefen het, al 2 – 4 kg gewig verloor en jy goed voel: dan moet jy jouself onmiddellik bederf met ‘n groot bos blomme, ‘n spa-behandeling, of iets nuuts om jou oefening nog beter te maak.
  • Ekstra briesie: As jy 1 – 2 per week geoefen het, 1 – 2 kg gewig verloor het, is dit ‘n goeie begin, maar wat van effe harder werk die volgende vier weke?
  • Kry die boot in die water: As jy glad nie oefen nie, en niks gewig verloor het nie, is dit die tyd om vas stel wat jou verhinder om gereeld te oefen (dalk moet jy tyd máák, vriende saamnooi, en ophou dink en net doen). As jy weet wat in jou pad staan, kan jy dit oorkom? Kan ons help? Ons gaan eersdaags oefening gee vir mense wat weens rug- of beenbeserings nie kan stap nie.


Ek is nou byna aan die einde van my Week#6 waarin ek steeds nie kon oefen nie, maar ek kan nie wag oweer te begin nie, al is dit  weer van week#2 af.

Skryf aan my by gesond@rsg.co.za en laat my weet hoe jy oefen, vorder of wat jou laat vasdraai, en dankie aan die luisteraars wat reeds van hulle laat hoor het.

Hier is Week#5 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Kaptein, span die seile!

Marí en die DDN-span

Week#5
Vandeesweek gesels ons oor daardie smullekker lamstjoppie, ribbetjie, skaapboud, bees-fillet en ander rooivleis, want wie wil nie lekker smul nie? Ons verbreed jou keuse van goeie strekoefening saam met jou stap- en drafprogram. Lees meer.

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy ons vorige nuusbriewe misgeloop het, klik net hier.
Wat is jou telling? Hoe vorder jy? Goed, stadig of glad nie? Waar hak jy vas?
Hoe werk ‘n vegan eetplan?: Hier is raad hoe om jou proteîene van plante te kry.
My storie: In my week#6 kon ek geen oefening doen nie, maar my kop is reg. 
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.