Copy

Doen Dit Net

Ons is by Week#3 van ons aksieplan om fikser en skraler te word. En Week#4 mag dalk net vir jou ook ‘n deurbrakie beteken. Vasbyt!

Sluit aan

Beste Luisteraar

Loop jy regtig regop? is jy seker jou nek is te ver vorentoe nie? Jou borskas te ineengedoke nie? Jou boude te ver na agter gestoot nie? Jou heupe te veel na vore gedraai nie? Want, as jou nek nie reguit, jou borskas oop en jou heupe teen die regte hoek gekantel is nie, word sekere spiere styf en ander te kort, en vererger die situasie en die styfheid. Ek het ‘n oulike video opgespoor om die korrekte postuur goed te verduidelik en jou in vyf stappe te help om dit reg te stel. Kyk gerus en stel vas hoe korrek jou postuur is.

Ek is nou aan die einde van my Week#4 en dié week het weliswaar gesorg vir ‘n klein deurbrakie vir my.

Skryf aan my by gesond@rsg.co.za en laat my weet hoe jy oefen, vorder of wat jou laat vasdraai, en dankie aan die luisteraars wat reeds van hulle laat hoor het.

Hier is Week#3 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Skop gat!

Marí en die DDN-span

Week#3
Vandeesweek is dit tyd vir ‘n vissie of drie, en om met vier maklike strek-oefeninge te begin om die styfheid uit die lyf te ban.

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy Week#0, #1 of #2 se inhoud of nuusbriewe misgeloop het, klik net hier.
Loop jy reg en regop? Kyk na die video en vind uit, en hoe om dit maklik reg te stel.
Koebaai stywe lyf: Só begin jy met strek-oefeninge. Hier is die eerste vier met video's en al.
My storie: Week#4 het gesorg vir ‘n klein deurbrakie! Dit ná ‘n moeilike Week#3!
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.