Copy

Doen Dit Net

Ons is by Week#4 van ons aksieplan om fikser en skraler te word.

Sluit aan

Beste Luisteraar

Sjoe, dis al lente! Maar ons is mos nie onkant gevang nie!

Kyk, ‘n mens kan jou hande vir baie dinge gebruik. Ook om jou porsiegroottes te skat. Pleks van maatbekers en -lepels nader te trek, kan jy bloot jou vuis bal, of jou plat palm beskou, of na jou duim of na jou pinkie se voorste lit, en abrakadabra, jy het  ‘n goeie idee van jou porsiegroottes. Omdat ‘n groot man se hande groter is as dié van ‘n kleingeboude vrou, sal sy porsies groter wees, nes dit hoort. Kyk hier na ons vereenvoudigde tabel van porsiegroottes en uitruilporsies.

Moenie vergeet om jou postuurfoute reg te skaaf nie, en om  strek-oefeninge te doen om jou lyf algaande soepeler te maak nie.

Ek is nou byna aan die einde van my Week#5 en dié week kan ek ongelukkig net opsom as ‘n reusagtige OEPS!

Skryf aan my by gesond@rsg.co.za en laat my weet hoe jy oefen, vorder of wat jou laat vasdraai, en dankie aan die luisteraars wat reeds van hulle laat hoor het. Mag dit in jou week#4 beter gaan met jou as wat dit met my gegaan het.

Hier is Week#4 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Skop gat!

Marí en die DDN-span

Week#4
Vandeesweek is dit tyd vir ‘n hoender-roerbraai of brosgeroosterde hoender, ‘n bietjie verder stap en om die roetine van die vier maklike strek-oefeninge voort te sit. Lees meer.

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy ons vorige nuusbriewe misgeloop het, klik net hier.
Hoe groot is ‘n porsie? Jou hand kan jou help om jou porsiegroottes te skat. 
Dieet-raad vir tieners en ouer mense: vir beste gesondheid sonder om te maer of te vet te wees.
My storie: OEPS! My week#5 het nie goed verloop nie. Ek is effe moedeloos.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.