Copy

Doen Dit Net

Aksieplan Week#6
word saam met ons fikser en skraler

Beste Luisteraar

Kom ons maak musiek, is ons Kopplan vir Week#6. Op die maat van watter musiek sal jy amper vergeet dat jy stap, draf of oefen? Dat jou bene moeg word of jou asem begin jaag? Vir my is dit Roxette se Joyride, musiek van ABBA, CCR, die Beatles en ander goue oues. Maar selfs die jongmens-musiek in die gim doen sy ding van aandag-aftrek van moegheid. Laat my weet watter oefen-musiek jóú help, want Martelize gaan vir ons 'n lysie saamstel en ons wil hoor wat jou gunstelinge is.

Maak ook sommer 'n nota in jou dagboek: Martelize gaan ons Donderdagoggend (21 September) vertel hoe sy oefen en fiks bly. Dié inligting sal mense help wat weens rug- of beenbeserings nie kan stap nie.

Het jy geweet Parkrun, 'n internasionale veldtog, bied elke Saterdagoggend in parke regoor die land (en in baie ander lande) 'n gratis Parkrun aan. Jou tyd word gemeet, en jou hond kan ook saamstap of -draf. Lees meer hiervan en dra iets geel vir RSG. Ons gaan jou in die toekoms vertel van nóg pretstappe!

In my sewende week, het ek ná twee weke van grieperasies weer begin oefen. Ek het gedog ek sou weer by Week#1 begin, maar dit het beter gegaan. Lees meer.

Skryf aan my by gesond@rsg.co.za en laat my weet hoe jy oefen, vorder of wat jou laat vasdraai. As jy nog nie die bestekopname-vraelys voltooi het, klik hier.

Hier is Week#6 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Komaan, join the joyride.

Marí en die DDN-span

Week#6

Aan die einde van Week#6, gaan jy gereed wees vir jou eerste Parkrun, op ‘n Saterdagoggend in ‘n park naby jou. Dra iets geels sodat ons jou kan uitken.  Juis daarom is jou stap- en drafprogram aangepas sodat jy 100% gereed gaan wees vir die park-uitstappie. Voorts gesels ons dié week oor koolhidrate, om onsekerhede oor styselryke of suikerryke kosse uit die weg te ruim. Lees meer.

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy ons vorige nuusbriewe en weekplanne misgeloop het, klik net hier.
Hoe vorder jy? As jy nog nie die bestekopname ingevul het nie, voltooi dit hier.
Kom Parkrun saam! Daar is ‘n gratis Parkrun elke Saterdagoggend in parke regoor die land.
My storie: In my week#7 het ek weer begin oefen en weer die briesie in my seile gevind.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.