Copy
NUUSBRIEF 8 | Augustus 2017 
Goeiedag Luisteraar

As dit nie vir die uitdagings met die kinderprogramme en sender-probleme was nie, sou ek nou kon skryf dat dit sommer piekfyn gaan met jou stasie en die stasiebestuurder. Die verhoogde kwota kinderprogramme wat ons sedert November verlede jaar moet uitsaai, gaan nog ‘n rukkie met ons wees; presies hoe lank, weet ons nie, want dit hang alles af van hoe gou OKOSA (Onafhanklike Uitsaai-owerheid) die aansoek om minder kinderprogramme uit te saai, goedkeur. Alles is nou heeltemal uit my hande en ek stel voor, as jy ontevrede is met die baie kinderprogramme, jy sommer direk aan OKOSA of die klagtekommissie skryf. Dit sal my baie help.

Afrikaanse radio is vanjaar 80 jaar oud. Ons gaan nie ‘n groot partytjie hou soos met die 75ste verjaardag nie, maar ons beplan ‘n langarm-dans en ete op ‘n wynplaas buite Durbanville. Sodra alle goedkeuring verkry is, sal ons op lug laat weet waar en wanneer jy jou kaartjie kan koop.

RSG se digitale bôffins sorg gereeld vir baie interessante en dikwels noodsaaklike stories op die roterende banier en top stories op rsg.co.za. Maak gerus gereeld daar ‘n draai. Dis daar waar ek gelees het hoe slange hulle gif kry en hoekom ‘n kat maklik in ‘n boom kan ophardloop, maar die brandweer moet kom help om hom weer af te kry, want hy sukkel om af te kom! Ek het onlangs ‘n hele uur gesukkel om een van my katte uit ‘n boom te kry. 

Binnekort sal jy deur whatsapp met RSG se ateljee kan kommunikeer. Dit sal goedkoper wees as sms en jy sal ook ‘n klankboodskap ateljee toe kan stuur, wat ons dan moontlik op lug kan voorspeel. Ons sal jou laat weet sodra dié nuutjie vir RSG gereed is.

En, ek het ook ophou tob oor gesond eet en oefening, ek Doen Dit Net. En jy?

Groete uit Aucklandpark.

Magdaleen

Ontmoet Wouter de Wet
Wouter de Wet is sinoniem met Dis Opera en nou ook met Loof die Here. Hy het al baie bekende operasterre ontmoet, is dol oor tennis (en was op sy dag tennis-verslaggewer) en sy Yorkie Dixie. Wouter is ‘n Blou Bul ondersteuner én ‘n ware ou-wêreldse gentleman. Lees meer.
IN DIE NUUS
Gesprekke en besprekings op PraatSaam en Monitor/Spektrum werp lig op die jongste nuus, politieke gebeure en ander aktuele sake.
LUISTER WEER
 
As jy hierdie misgeloop het, is dit maklik om weer te luister.
Groeipyne: Hoe tegnologie die brein anders laat ontwikkel
 
Regsake: Oor boedelbelasting, testamente en hommeltuie
Hoe verklaar jy dit? Waaruit bestaan sigbare lig? Hoeveel skilpadspesies het ons?
Gesondheid: Chirurgie om borste te verklein, te vergroot of te rekonstrueer
Reis Sonder Grense: Terrance April het opnuut die kleurvolheid van Maputo ontdek
Dokumentêr: Kom leer meer oor Rastafariërs in Johan Rademan se Rasta agter die Rookskerm
Verlof: alles oor siekteverlof, spesiale en gewone verlof
Vroue: Reeds in die Ou Testament het vroue hulle teen onreg verset.

Kitsskakels

Dis maklik om RSG programme en skedules op die webblad te vind
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
PROGRAMSKEDULE
As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
SPORT
Daar's elke dag sportprogramme
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
BESTEL
Programme op CD of skakel (011)714-6886
POTGOOIE
Baie programme is op potgooi beskikbaar
Kopiereg © 2017 TGD namens RSG, Alle regte voorbehou.