Copy
ONS HOU JOU OP HOOGTE
18 Mei 2017
Dis nou al winter en die eerste sneeu het geval -  dié foto is onlangs by die Sani Lodge geneem.
Beste Luisteraar
Dis nou al winter en die eerste sneeu het geval (die foto hierbo is onlangs by die Sani Lodge geneem), al is dit nog warm en droog in die suidweste, maar herfs was vir RSG ‘n seisoen van wenners: Renske Jacobs word bekroon met die Liberty-toekenning vir radiodrama én ‘n ATKV-mediaveertjie. En RSG raap toe nog 13 ander veertjies op.

Ons vertel waarom die verhale van Mina Afrika RSG-luisteraar André Wagner so diep geraak het, kyk terug op ons vierde Oppiwater kunstefees en hoop jy geniet Jeanne Goosen se kwinkslae in Straataf.
 
PS: Ons weet daar is baie woelinge by die SAUK, maar ons hier by RSG stoom lustig voort en probeer om steeds die beste vermaak en inligting vir jou te bring.

Groetnis

Magdaleen en die RSG Span

Mina Afrika se storie is ook sy storie

Die storie van Mina Afrika het baie luisteraars diep getref, maar dit het André Wagner nóg dieper getref, want die storie van Mina en Jantjie is ook sy storie.
Geluk aan ons wenners!
Renske Jacobs is dubbeld bekroon met die Liberty toekenning vir drama en ‘n ATKV-mediaveertjie. Geluk!
 
14 ATKV-mediaveertjies vir RSG! Kyk wie is al die wenners en wie het selfs twee veertjies ingepalm!
Glimlag
Een van RSG se omroepers het onlangs tydens die KKNK die CP Nel museum op Oudtshoorn besoek. Kyk self.
Moenie dit misloop nie!
Luister na Josh Groban, Sting, Reneé Fleming, Enya en ander sangers in Grensskuiwers, ons laaste handvol heerlike radiodramas oor komedie, liefde, die grensoorlog, verlies en blindheid vir hierdie seisoen. Dan is ons nuwe vervolgverhaal Heuningbos wat in die Suid-Kaap afspeel, en ons nuwe boekvoorlesing Straataf met talle kwinkslae, is beslis die luister werd.
Op die skippie
Die RSG luisteraars wat ons vierde Oppiwater kunstefees meegemaak het, het dit baie geniet. Martlize Brink en die Jaloersbokkies was op die boot. Ook Shaleen Surtie Richards, Tobie Cronjé en baie ander kunstenaars. Lees wat skryf Johan Rademan oor die fees en kyk die foto's en video's.
LUISTER WEER
 
As jy hierdie misgeloop het, is dit maklik om weer te luister.
Groeipyne: Neem kennis van tieners, depressie en selfdood
 
Regsake: Wat is billike vergoeding as jy ‘n deel van jou plaas afstaan vir werkershuise?
Hoe verklaar jy dit? Dit was ‘n laaaang sit om dinosouriër-eiersuit te broei.
 
Gesondheid: Dinge kan skeefloop as jou vier klein paratiroied-kliere nie goed werk nie.

Kitsskakels

Dis maklik om RSG programme en skedules op die webblad te vind
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
PROGRAMSKEDULE
As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
SPORT
Daar's elke dag sportprogramme
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
BESTEL
Programme op CD of skakel (011)714-6886
POTGOOIE
Baie programme is op potgooi beskikbaar
Kopiereg © 2017 TGD namens RSG, Alle regte voorbehou.


Wil jy die nuusbrief op ‘n ander manier ontvang?
Jy kan jou profiel opdateer of jou subskripsie kanselleer.