Copy

Nuwe HERFSKLANKE en -kleure
Beste Luisteraar

Soos in verlede week se nuusbrief belowe, vertel ek jou meer van al die nuwe programme en veranderings wat in April op jou wag op jou gunsteling radiostasie.

RSG het seker van die lojaalste luisteraars in Suid-Afrika...54% van julle luister net RSG. Sommige het ‘n radio wat op RSG ingestel is in omtrent elke vertrek in die huis. Ja, ook in daai vertrek! Ewe veel mans as vroue luister en 16% Engelssprekende luisteraars hou daarvan om na RSG te luister. Wat die demografie betref, is 2% van die luisteraars swart, 49% bruin en 48% wit. Die meerderheid luister nog na RSG via die tradisionele radio en 24% op motorradio’s. Wat betref provinsies, kom die meerderheid luisteraars uit die Weskaap en Noordkaap. 
 
Terug na ‘n paar vernuwings en veranderinge in die programskedule. ‘n Nuwe program oor klimaatsverandering, hoe tegnologie ons wêreld binne tien jaar kan verander, nuwe musiekprogramme, minder kinderprogramme, Hartebreker wat nou net drie dae per week op lug is, en vier spesiale buite-uitsendings is maar net enkele van die lekkertes wat op jou wag. Die gewilde program Uit ‘n ander hoek, waar daar vanuit nie-tradisionele perspektiewe na godsdiens en spiritualiteit gekyk word, is ook weer terug op Sondagaande.

‘n Nuwe stem wat nou al meer oor naweke op RSG gehoor gaan word, is dié van Charlene Lackay, wat haar nou ook by RSG aangesluit het as vryskutaanbieder en nuusleser. Meer oor haar in ‘n volgende nuusbrief.   

Ry versigtig as julle die Paasfees die langpad aanpak.
 
Magdaleen en die RSG-span

Hier't jy April met jou nuwe dinge!

Ons belowe die nuwe progamme wat in April afskop,gaan ‘n aangename verrassing wees en niks om voor te skrik nie! Dit sluit splinternuwe programme oor toekomsnuus en klimaatsverandering in, ‘n nuwe program oor koormusiek en nog baie meer. Vir die programveranderings in ‘n neutedop, klik hier »

Ons vat die pad

Ons het vier spesiale buite-uitsendings in April. Kom kuier saam.

Ons buite-uisendings neem ons in April letterlik oor en uit die land: van die KKNK op Outshoorn tot die Suidoosterfees in die Kaap, van die passassiersboot vir die Oppiwater Kunstefees tot die Kokanje aftree-oord by Modimolle. Lees meer »

Wat's nuut?

Hier is meer inligting oor enkele van die nuwe programme wat van 1 April op RSG te hoor is.

Die kwik styg

Wat is klimaatsverandering en hoe gaan dit die mens, dier, omgewing en landbou beïnvloed? Dié program werp lig op dié kwessie.

Lees verder »

Toekomsnuus

Dié program gee jou ‘n idee van hoe die wêreld gaan verandering in die volgende dekade, hoofsaaklik vanweë tegnologiese vooruitgang.

Lees verder »

Bittereinders

Die nuwe musiekreeks vier Suid Afrikaanse musieklegendes wat al vir 25 jaar + in die bedryf aktief is.

Lees verder »

Hartebreker op 3 weeksdae

Die gewilde kitsvervolgverhaal kan van April op Maandae, Woensdae en Vrydae gehoor word.

Lees verder »

ENE KONSENTRASIE!
Die span van RSG is die eerstes by die SAUK wat opgelei word in die gebruik van nuwe uitsaai-sagteware. Die Johannesburgse span word nou opgelei en die Kaapse span word in die eerste helfte van April opgelei. Lees meer »

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Moenie komkommer nie, klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

Sterre en planete

Wat is ‘n eksoplaneet en wat van die een wat 700 ligjaar weg is en baie water het?

Lees verder »

Hoe verklaar jy dit?

Nee, appelasyn is geen wonder-geneesmiddel nie. Wetenskaplikes verduidelik.

Lees verder »

Regsake

Waar staan ons met godsdiens in skole en wat is die regte van borsvoedende moeders by die werk?

Lees verder »

Gesondheid

Drie foute, of gapings in die stelsel, het tot die huidige Listeriose uitbreking gelei.

Lees verder »

KITSSKAKELS

Dis maklik om RSG programme en skedules op die webblad te vind
BESTEL Programme op CD of skakel (011)714-6886
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Kopiereg © 2018 TGD namens RSG, Alle regte voorbehou.


Wil jy die manier verander waarop die nuusbrief ontvang?
Jy kan
jou inligting opdateer or jou intekening skrap.