Copy
View this in your browser

23 Junie 2020

Strassberger's Clanwilliam Hotel
dra hierdie nuusflits as 'n huldeblyk op aan
Dina Kotze.


Gebore: 15 November 1928
Sterf:  10 Junie 2020

Lees gerus hierdie week in die nuusflits meer oor Dina Kotze, sien hoe 'n Amerikaanse besoeker aan Clanwilliam 'n verskil maak en leer van praktiese maniere hoe om plaaslike besighede te ondersteun. Sien ook gerus 'n verskeidenheid van advertensies/spesiale aanbiedinge.

We like to keep you up-to-date with local news and affairs in and around our region. Please join in on free tourism webinars.

Hierdie nuusflits is moontlik gemaak deur Strassberger's Clanwilliam Hotel.  

Dina Kotze

Ouma Dina was iemand wat ’n natuurlike aanvoeling vir kosmaak gehad het. Al het sy geen amptelike opleiding gehad nie en al het sy meeste van die tyd sonder ‘n resep gewerk, kon sy die heerlikste kos voorberei. Ouma Dina, Ilse & Emil het ure saam gewerk om daagliks kookkos aan die hotelgaste te bedien.
Vandat sy 19 jaar oud was, het sy vir die Strassberger familie gewerk. Sy en oom Theunis Jooste het saam met oom Reinhold & tannie Nancy die kern van die besigheid gevorm. Na Flip & Ilse Lochner se troue, het hulle ook deel geword van hierdie goed ge-oliede span. Toe hul die Strassberger's Clanwilliam Hotel in 2007 verkoop, was ouma Dina reeds 79 jaar oud.
“Daar het nie ‘n dag omgegaan wat ouma Dina nie gelag en vriendelik was nie. Sy was net nooit nors nie, ’n regte mense mens” vertel Phillip Lochner.
Elkeen in die familie het ’n gunsteling onthou-kos, Anne-Lize sê “Definitief die Souskluitjies”. Phillip sê “Haar vetkoeke & Kerrie maalvleis was ’n treffer”.
Ilse het weer haar Vleiskoekie in deeg - amper soos ’n poffertjie -  baie geniet en Flip self was mal oor ouma Dina se afval. Ander geregte soos die beesstert en telefoonpoeding was ook baie gewild onder gaste wat van heinde en verre gereis het om aan te sit by die gewilde sondag buffet. Dit was nog die goeie ou dae toe jy kon eet tot jy lê. Van sop en vis vir voorgereg en 3 soorte vleis met groentes en rys, ‘n groot verskeidenheid poedings en natuurlik die kaas en beskuitjies, tot koffie op die einde.
Ouma Dina is gebore in Vanrhynsdorp. Sy het self gesê “Ek kom uit die wêreld van die kortbossies. Ons is sterk mense”. Ilse vertel Ouma Dina was eenkeer baie siek en daarna moes sy oefeninge doen. Ilse en sy het dit sommer op die kombuisvloer gedoen met ’n groot gelag. Oom Theunis het ook gereeld haar siel uigetrek en hul het baie sports in die kombuis gehad. Hy het haar eendag bo-op ’n kas neergesit en sy moes maar om hulp roep om haar weer daar af te kry. Ouma Dina was ook lief vir haar snuif, wat sy in ’n sak onder haar voorskoot weggesteek het.
Die Strassberger & Lochner familie bedank Ouma Dina vir haar toegewydheid en jare diens. Hul is dankbaar vir goeie tye saam met haar en onthou die heerlike kos waaraan hul almal saam gesmul het. 

AHI Wes-Kaap

AHI SAKENUUS - Lees gerus aanlyn

Weskus Toerisme

Microsoft will be headlining the 9th edition of our exciting #GoDigitalWC Webinar series. Our panelist, Khaliq Dollie, will share valuable insights on how digital technology, including examples of Microsoft applications and tools, can take your business to the next level. Join us to hear first hand about how you can approach the general digitisation of your business. Register here: http://ora.cl/ua7GL.

Toerisme | Tourism

Clanwilliam inligtingskantoor
Oop: Maandag - Vrydag 09:00 - 13:00
Hartlike dank aan die Clanwilliam museum vir die aanbied van Nurmobeen se hulp terwyl die museum nog toe is  tydens die grendeltyd. 

Clanwilliam Info Office 
Open; Monday - Friday 09:00 - 13:00
A hearty thank you to Clanwilliam Museum for offering Nurmobeen’s assistance to us while the museum is still closed during lockdown. 

Chasing Lines

In the world of adventure, map makers are considered the old guard, the original explorers, paving the way for a generation of adventurers. In South Africa, Peter Slingsby is the OG. Having drawn 203 Touring and Hiking maps in South Africa in a career spanning more than 60 years, he’s been ‘chasing lines’ for decades. In 2020, adventure photographer Simon Pocock, armed with a Slingsby map and a sense of curiosity, set out on a journey of the Western Cape, seeking new experiences and stories to tell. However, what he found, however is that usually the best stories come from the people you meet along the way, and they happen outside the lines of a map… Join us as we premiere our latest video, 'Chasing Lines', which explores the Western Cape, it's places, and its people. So while travel is on pause for now, we invite you to start planning YOUR adventure in our province... for when you can travel again.

Kompetisie tyd!

CapeNature invites you to attend a virtual Nature Talks session by live webinar as we rediscover the most incredible and prominent hiking trails across the Western Cape.

The session is for adventure-seekers and nature enthusiasts, both experienced and new to the outdoor scene. We have an exciting lineup of speakers who will unpack CapeNature’s diverse terrains, sustainable access and visitor safety while exploring coexistence with the natural environment.

Attendees stand a chance to win a stay at the newly built self-catering two-sleeper cottage at the award-winning Kogelberg Nature Reserve. Winner to be announced at the end of the seminar. Terms and Conditions apply.

RSVP now to secure your online seat at the event here - entries close at midnight,
24 June 2020.

Kompetisie tyd!

Die TV-kanaal VIA het met ’n projek begin om jong, opkomende klein en middelslagondernemings te steun. “VIA wil op ’n praktiese en proaktiewe manier Jeugdag herdenk,” sê die Afrikaanse leefstylkanaal in ’n verklaring. 

Die eienaars van sulke ondernemings word genooi om hul storie te vertel en ses ondernemings word dan gekies om die volgende te ontvang: 
  • Die maak van ’n TV-advertensie van 30 sekondes wat deur VIA geskep sal word en geskik sal wees vir alle platforms. 
  • Kommersiële lugtyd ter waarde van R300 000 op VIA vir een jaar. 
  • Blootstelling in Media24-tydskrifte ter waarde van R250 000. 
  • Twee plasings op sosiale media op een van VIA se aanlyn platforms. 
  • ’n Onderhoud van twee minute op VIA se ontbytsakeprogram, Besigheid wat saak maak.
Die kanaal wil ’n inklusiewe tuiste wees vir alle sprekers van Afrikaans en terselfdertyd respekvol wees teenoor alle Suid-Afrikaners. Ondernemings wat wil deelneem aan die projek, kan ’n motivering vir waarom hulle gekies moet word, stuur na Zinzi.Velelo@media24.com. Jy moet in 500 woorde vertel wat die aard van jou onderneming is, wanneer dit begin is en wat jy wil bereik. 

Vertel ook wat jy reeds bereik het.
Die sluitingsdatum is 30 Junie 2020 en bepalings en voorwaardes geld.

Maak 'n verskil: Baie dankie

Staan op en maak 'n verskil!
Zeandra Coetzee is gedurende staatsinperking in Suid-Afrika voordat sy weer teruggaan na Amerika. Tydens haar kuier hier in Clanwilliam was sy bekommerd oor die rommel in ons dorp en het vir haar pa Michael gevra of hy vir haar personeel kan afstaan om te help skoonmaak.
Checkin Supermark, Checkin Liqour en Michael's on Park het hande gevat en saam die ingang van ons dorp begin skoonmaak. 27 Sakke later! Michael bedank almal wat gehelp het.

Baie dankie, ons as gemeenskap waardeer jul tyd en moeite.

Van die reaksie van Clanwilliamers op Facebook:

Jurie Helberg: Wel gedaan
Mandi Louw: Dankie Michael dat jy en jou span na ons dorp omsien.
Daphne Darvall: Thanks Zeandra ~ may you & your team be blessed ~ we're so proud of you & the initiative taken to clean up our beautiful dorpie
Oom Karel Se Winkel: Wow!!!... wat n mooi gebaar... well done!
Louise Hayward: So goed om te sien dat daar nog mense is wat goed doen vir hulle dorpie en saam staan...
 Sanet van Zyl: Baie dankie ons waardeer dit opreg.
 Welvinia Moodie: Die res van ons kan leer hier uit

Kaap Agri: aanlyn tydskrif

MARKtoe!

Lees
gerus die maandelikse tydskrif


AANLYN

Diepkloof Hike

Diepkloof Rock Shelter takes its name from the nearby Diepkloof stream. The Cave is situated between Redelinghuys and Elands Bay, overlooking the Verlorenvlei wetland. The exceptional collection of over 400 intentionally engraved ostrich eggshells, dated to around 60 000 years ago, was found here. They are amongst the earliest known examples of storage and transport vessels anywhere in the world. Enjoy a hike to the majestic cave overlooking the Sandveld with breathtaking views.

For bookings contact: Nelda van Zyl 084 517 2519 – nelda@thewinetender.co.za
READ MORE

Rocklands Bouldering

“A gem rarer than diamonds.” That’s how BD Athlete Nalle Hukkataival describes The Finnish Line (V16). Sitting untouched for years within a mecca for bouldering, Nalle’s latest testpiece has it all—aesthetics, difficulty and a beautiful setting. Plus, it’s now a contender for Rocklands’ hardest boulder problem. Check out Nalle’s ascent in this BD exclusive film.
’n Paar maniere om plaaslike besighede kosteloos te ondersteun
  • Volg die besigheid op sosiale media
  • Skryf ’n positiewe “review” op hul sosiale media en netwerk-platform
  • “Like”, lewer kommentaar en deel hulle plasings
  • Vertel jou familie en vriende van hulle
  • Moenie vir gratis of komplimentêre produkte of dienste vra nie
  • Dit kos jou niks!

Clanwilliam Entrepreneurs

Word deel van 'n Clanwilliam Entrepreneurs Whatsapp groep.
Hier deel ons almal ons produkte en spesiale aanbiedinge. Sodoende kan ons mekaar ondersteun en 'n bemarkings platform skep vir plaaslike entrepreneurs en ook moontlike kopers.  
Dit is gratis! 
Kontak asb vir Michael Coetzee 083 627 5709 om deel te word. Kopers & verkopers welkom!

Le Cage 

Heerlike vars tuisgemaakte beskuit, konfyte, kweperlekkers. Kom loer gerus self in en kry joune voor die nat en erge koueweer hier is!!

Cederberg Ridge

Clanwilliam Superspar

Rooibos Ltd

House of Rooibos is nou oop van Maandae tot Vrydae, 09:00 tot 17:00.
Besoek ons gerus vandag nog om al jou Rooibos-noodsaaklikhede
onder een dak te kry!
Not so comfortable cooking proper meals for the family? We get it! That’s why we also have fantastic Rooibos muffin mixes for sale at House of Rooibos. To help you spoil your dad with these tasty, unique baked goodies, we’re offering a 10% discount on all Rooibos muffin mixes ordered from us.

Our Muffin Mix range includes our heavenly Honeybush Muffin Mix and delicious Rooibos Muffin Mix. These products are ONLY sold at House of Rooibos, so be sure to pop in and get yours as soon as possible.

If you can’t make it to House of Rooibos physically, you can place a delivery order by sending an email to us on sales@rooibosltd.co.za. Our team will gladly help you make the necessary arrangements to get your package to you as quickly as possible.

Velskoendraai Padstal

Velskoendraai FreshBox offers easy online ordering for produce delivery or pickup from our farmstall. We work directly with farms to bring you fresh produce that's unparalleled when it comes to quality, tastiness and variety. From your favorite go-to veggies, to unique seasonal items, to organic, local, even pre-cooked meals, we make it easy to get nutritious choices on your plate. With The FreshBox you will always know what's best, in-season and at the peak of freshness right now! Order Monday for Wednesday Boxes and Wednesday for Friday Boxes at Velskoendraai Or call Louise at 083 460 3773

Clanwilliam Dam

Cederberg Munisipaliteit

Sluiting van Munisipale Kantore te Voortrekkerstraat en Hoofstraat
Die munisipale kantore in Voortrekkerstraat en in Hoofstraat (Nedbank Gebou) sal gesluit wees op Dinsdag, 23 Junie 2020. Daar is geen rede vir kommer, dit is slegs ‘n voorkomende maatreël waartydens die kantore gesaniteer sal word. Personeel sal steeds telefonies of per e-pos beskikbaar wees.
Vriendelike groete
Henry Slimmert
Munisipale Bestuurder
Bystand kontak besonderhede
Week: 18 - 25 Junie 2020
 
Clanwilliam
Edwin Hendricks - 082 889 8202
Isak Koopman - 071 624 8373
Elektries - Marius Baron - 073 306 1810

http://www.cederbergmun.gov.za/
Boodskap vanaf die Munisipale Bestuurder

Goeiemiddag aan al die inwoners van Cederberg Munisipaliteit.
Die verslapping van die Covid-19 regulasies en die stelselmatige heropening van sektore van die ekonomie het in baie opsigte groot verligting gebring in terme van mense se vermoëns om weer te kan werk en om vir hul families te kan sorg. Ongelukkig het hierdie verslapping ook gepaardgegaan met ‘n dramatiese styging in positiewe Covid-19 gevalle landwyd.
Ek het op 15 Junie aan u gerapporteer dat Cederberg 14 positiewe Covid-19 gevalle gehad het. Hierdie getal het binne die bestek van slegs 6 dae gestyg tot 29 positiewe gevalle, wat beteken dat die positiewe gevalle van Covid-19 binne 6 dae meer as verdubbel het. Dit blyk asof die pandemie in die Wes-Kaap besig is om sy piek te bereik, en daarom is die voorspelling dat daar in die komende dae selfs nog skerper stygings in positiewe gevalle te wagte kan wees.
Hoewel dit voorkom asof Clanwilliam die sogenaamde “hotspot” in Cederberg is waar die meeste infeksies plaasvind, is dit belangrik dat al ons dorpe dieselfde dissipline toon om die virus te beveg. Ek doen dus ‘n beroep op al ons gemeenskappe om selfs meer waaksaam te wees as tevore. Ek vra ook dat ons ouer inwoners oftewel bejaardes, asook persone met onderliggende gesondheidsprobleme soos diabetes, hoë bloeddruk en asma hulself sal afsonder om die risiko van infeksie te beperk.
Ons moet voortgaan met die higiëniese praktyke soos gereeld hande was en die gebruik van alkohol-gebaseerde handreiniger, en ons moet ons maskers dra by die skool, werk, inkopiewinkels en oral waar ons met ander mense in aanraking kom. Ek vra ook dat die werkgewers en besighede sal kommunikeer met die publiek ten opsigte van infeksies sodat die publiek nie onnodige risiko’s blootgestel word nie.
Ten slotte wil ek my dankbaarheid en waardering uitspreek teenoor al ons polisiebeamptes, gesondheidswerkers, verkeersbeamptes, munisipale werkers en essensiële personeel wie daagliks hul lewens op die spel plaas om ons gemeenskappe veilig te hou en toe te sien dat u van basiese dienste en voedsel voorsien word. Baie dankie ook aan al ons inwoners wie die nodige verantwoordelikheid aan die dag lê hulself en hul gesinne te beveilig.
Ek wens u ‘n voorspoedige dag toe. Bly maar by die huis as u kan, en kyk mooi na uself en u gesinne. #stayhome #staysafe

Henry Slimmert
Munisipale Bestuurder

COVID-19 : Coronavirus

Update: 22 June 2020

From The Desk of the President 

22 June 2020
From The Desk of the President: More than 100 days after the outbreak of the coronavirus pandemic in South Africa and after two months of a nation-wide lockdown, our economy is in the throes of the anticipated fallout from this global crisis. The predictions of businesses shutting down and jobs being lost are materialising.

READ MORE
World update : COVID-19 Coronavirus Pandemic
https://www.worldometers.info/coronavirus/

South African Resource Portal
Official Website

Latest confirmed cases of COVID-19

www.clanwilliam.info | www.clanwilliamsakekamer.org.za/

Follow us on Facebook : Clanwilliam Toerisme
Follow us on Facebook : Clanwilliam Sakekamer
Our mailing address is:
Clanwilliam Toerisme/Sakekamer
Hoofweg
Clanwilliam, WC 8135
South Africa

Add us to your address book


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp